Gebruik jou gawe!

2022-08-18
1 Petrus 4:10 NLV

Die Bybel sê: ‘…God het aan elkeen van julle ‘n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk en onverdiende goedheid deur julle na mekaar kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word…’ (verse 10-11 NLV).

Sommige mense dink dat jy ‘n openbaring, ‘n Damaskuspad ervaring soos Paulus gehad het, moet hê om te weet waarvoor jy geroep is. Nee, die gawe wat God jou gegee het, is die sleutel om te weet wat Hy wil hê jy moet doen. Wat is jy lief om te doen, en wat jy ook goed doen? Is musiek jou sterkpunt? Om met syfers te werk? Om kinders op te voed? ‘Elkeen van ons ontvang ‘n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel’ (1 Korintiërs 12:7 NLV). Dit beteken dat sommige van die dinge wat ander mense vervelig vind, jou inderwaarheid energie sal gee en sal verryk.

Die Bybel sê dat God besig is om ‘n ‘geestelike tempel’ (1 Petrus 2:5 NLV), te bou. Daar is ook vir jou ‘n plek daarin. Dit ruim die wanopvatting dat jy nie waardevol is nie omdat jy nie dieselfde talente as ander mense het nie, uit die weg. Dit definieer ook jou werklike verantwoordelikheid, deur weg te doen met die mite dat jy veronderstel is om alles te doen. Jou doelwit moet wees om binne die grense van God se plan vir jou, te bly (sien 1 Korintiërs 12:27). In plaas daarvan om dus verskoning te maak vir die vaardighede waaroor jy nie beskik nie, pak die gawe wat God vir jou gegee het aan en sit dit aan die werk.

Sielskos: Obadja; Mark 6:1-13; Ps 119:73-80; Spr 17:27-28