Gaan terug na die kruis toe
2018-07-291 Korintiërs 1:23 NLV
‘n Middeleeuse priester in ‘n Europese dorpie het vir sy gemeente gesê, ‘Kom vanaand terug vir ‘n spesiale diens oor Jesus.’ Die gemeente het dit gedoen, maar tot hulle verbasing het geen kerse die kerk verlig nie. Hulle het voel-voel na die kerkbanke geskuifel en gaan sit. Die priester was nêrens te sien nie. Toe hoor hulle hom deur die kerk na vore loop. Toe hy by die kruis wat op die muur hang kom, het hy ‘n kers aangesteek. Sonder om ‘n woord te sê het hy die vasgespykerde voete van Christus verlig, toe sy sy, toe een hand en toe die ander hand. Hy het die kers opgelig en die bebloede gesig en doringkroon verlig. Hy het die kers met een asem uitgeblaas en toe die gemeente verdaag. Dit was nodig om niks meer te sê nie. Christus is vir jou gekruisig. God het sy sondelose Seun op daardie kruis vir jou laat hang. As jy die enigste persoon was wat nog ooit geleef het, sou Christus steeds vir jou gesterf het. Met sy arms wyd gestrek, het Hy gesê, ‘Dit is hoe lief ek jou het.’ Wanneer jy versoek word om te sondig, wanneer jy deur skuld as gevolg van jou sonde oorval word, wanneer Satan fluister, ‘Daar is geen hoop vir jou nie,’ wanneer trots jou op jou eie deugde en moraliteit laat fokus, gaan terug na die kruis toe. Jy kan nie te gereeld soontoe gaan nie. Die lofsanger Isaac Watts het dit met hierdie woorde opgesom: ‘Were the whole realm of nature mine, that were an offering far too small; love so amazing, so divine, demands my soul, my life, my all.’
Sielskos: Matt 5:10; 1 Tess 2:13-3:5; 1 Kor 4:11-13; Op 6:9-11