Doen wat God vir jou sê (2)

2017-12-12
Hebreërs 11:7 NLV

Noag het die ark gebou omdat God hom beveel het om dit te doen. Dit is waarvoor hy in die lewe geroep was. Vir hom was planke saag en spykers inslaan ‘n daad van gehoorsaamheid. Van begin tot einde, het Noag se daad van gehoorsaamheid 43 800 dae geneem! Met elke dag se daad van gehoorsaamheid, het hy God verheerlik. Maak nie saak watter stuk gereedskap jy in jou beroep gebruik nie – ‘n hamer, ‘n mop, ‘n rugbybal, ‘n kasregister, ‘n mikrofoon, ‘n rekenaar, ‘n koffiemasjien – die gebruik daarvan is ‘n daad van gehoorsaamheid. Dit is die meganisme waarmee jy God loof en prys. Dit is die manier hoe jy doen wat jy veronderstel is om te doen. Die Bybel sê, ‘Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – asof julle dit namens die Here Jesus doen. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring’ (Kolossense 3:17 NLV). Hou op dink dat dit wat jy doen nie belangrik is nie. Daar is ‘n Engelse gesegde wat lui, ‘For want of a nail the shoe was lost. For want of a shoe the horse was lost. For want of a horse the rider was lost. For want of a rider the message was lost. For want of a message the battle was lost. For want of a battle the kingdom was lost. And all for the want of a horseshoe nail.’ In God se oë, is klein dade van gehoorsaamheid iets groots. Wanneer jy met vreugde die klein dingetjies doen asof hulle groot dinge is, sal God groot dinge doen asof hulle klein dingetjies is. Dis hoe sy koninkryk vooruit beweeg. Die woord vir jou vandag is dus: Doen wat God vir jou sê.

Sielskos: Gen 47-49; Joh 18:25-40; Ps 105:8-22; Pred 7:1-4