Dissipelskap beteken dat jou ‘self’ moet sterf
2018-08-02Lukas 9:23 NLV
In 44 n.C., het koning Herodus beveel dat ‘n apostel, Jakobus, met ‘n swaard deurboor moet word. Hy was een van die eerste apostels wat ‘n martelaar geword het. Lukas is aan ‘n olyfboom in Griekeland opgehang. Ongelowige Tomas is in Indië lewend aan die brand gesteek. Filippus is gekruisig en het steeds met sy laaste asem van die kruis af gepreek. Matteus is in Ethopië in die rug gesteek. Bartolomeus is in Armenië doodgeslaan. Jakobus die Regverdige is van die dak van die tempel in Jerusalem afgegooi en toe deur die skare doodgeslaan. Simon die Yweraar is in 74 n.C. deur die goewerneur van Sirië gekruisig. Judas Thaddeus is met stokke in Mesopotamië doodgeslaan. Mattias, wat in die plek van Judas Iskariot aangestel is, is gestenig en onthoof. Petrus is op sy eie versoek onderstebo gekruisig. Toe Johannes die Geliefde dit oorleef het nadat hy in ‘n houer kokende water geplaas is, het die keiser Diocletianus hom na die eiland Patmos toe verban. Jy sal heel waarskynlik nie geroep word om fisies vir Christus te sterf nie, maar om sy dissipel te wees, moet jy aan jouself sterf. Jesus het gesê, ‘…As enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg. As jy jou lewe vir jouself wil hou, sal jy dit verloor. Maar as jy jou lewe vir My opgee, sal jy ware lewe vind’ (verse 23-24 NLV). As jy jouself wil vind, moet jy gewillig wees om jouself vir Christus te verloor. As jy in die volste sin lewendig wil word, moet jy bereid wees om in alle vorme van self-gesentreerdheid te sterf en vir Christus te lewe.
Sielskos: Esra 9-10; Luk 10:25-37; Ps 78:17-31; Spr 19:27-29