Die wenhouding

2018-11-15
Psalm 18:40 NLV

Elkeen van ons is in ‘n stryd gewikkel, maar nie elkeen van ons is besig om te wen nie. Wenners kom in verskillende gedaantes voor, maar hulle het almal een ding in gemeen: geloof wat nie ophou nie! Niemand het meer struikelblokke in die lewe as Dawid gehad nie, maar hy het die belangrikheid om die regte perspektief te behou, verstaan. Hy het gesê, ‘U het my met krag toegerus vir die stryd…’ Die genade wat jy van God ontvang, sal altyd gelykstaande wees aan die uitdagings waar voor jy te staan kom. Altyd! Het jy geweet dat Lord Nelson, Engeland se beroemde held van die see, sy hele lewe lank aan seesiekheid gely het? Tog het hierdie man wat Napoleon se vloot gesink het, geweier dat sy persoonlike stryd hom van sy lotsbestemming beroof. Hy het nie net geleer om met sy swakheid saam te leef nie, maar om dit elke dag te oorwin. Almal van ons het slagvelde, maar met God se krag kan ons dit oorwin. ‘U het my met krag toegerus vir die stryd…’ Daar is ‘n verhaal van ‘n seuntjie wat sy regterhand in ‘n ongeluk verloor het. Toe die dokter hom oor sy gebrek uitvra, het hy geantwoord, ‘Ek het nie ‘n gebrek nie; ek het net nie ‘n regterhand nie!’ Later het die dokter uitgevind dat hierdie seuntjie voortgegaan het om een van die spelers te word wat die meeste doele in sy hoërskool se basketbalspan aangeteken het. Sy filosofie in die lewe was: Dit gaan nie oor wat jy verloor het nie, maar wat jy oor het wat tel! Dis ‘n wenhouding; en met God se hulp kan jy dit ook ontwikkel.

Sielskos: Rom 9:17-11:36; Joh 10:22-42; Ps 83:9-18; Spr 29:23-27