Die verskil tussen Simson en Samuel (3)

2018-01-19
1 Samuel 12:12 NLV

Die derde verskil: Beweegredes. Simson het herhaaldelik die Here met sy dade en leefstyl oneer aangedoen. Dit is omdat hy geen agting vir God se eer gehad het nie. Wat ‘n kontras was Samuel nie! Toe Israel ‘n koning wou hê om soos die omliggende nasies te wees, het dit sy hart gebreek. Hy het vir die mense gesê, ‘… alhoewel die Here julle God reeds julle koning was.’ Om God te eer was sy hoogste prioriteit. Daar is ‘n les hieruit te leer, veral vir diegene van ons wat in die bediening staan. Elke keer wat iemand agter die preekstoel inskuif, moet hulle hulle ego’s en beweegredes ondersoek: ‘Is my doel om God te laat goed lyk, of myself te laat goed lyk?’ Die Bybel sê, ‘…Die Here is ‘n God wat weet van al jou dade; Hy sal jou oordeel volgens wat jy gedoen het’ (1 Samuel 2:3 NLV). Die waarheid is dat niemand van ons die werk sonder die krag van God se inwonende Gees, kan doen nie. Ons moet dit nooit vergeet nie. Die tragedie van Simson se einde word in die volgende twee Skrifgedeeltes beskryf: ‘…Hy het uit die slaap wakker geword en by homself gedink: ‘Ek sal weer uit die ding uitkom soos al die vorige kere.’ Maar hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie’ (Rigters 16:20 NLV). ‘Toe die Filistyne begin dronk word, het hulle vir mekaar gesê: ‘Bring Simson vir ons dat hy ons kan laat lag.’ Hulle het Simson uit die tronk gaan haal om hulle te kom vermaak…’ (vers 25 NLV). Sonder God se genade en krag kan ons ook soos Simson opeindig. Bly dus nederig en strewe daarna om slegs vir God te eer.

Sielskos: Dan 3-4; Matt 8:18-27; Ps 84; Spr 2:16-19v