Die stappe na sukses

2018-07-31
Psalm 37:23-24 ABA

Om sukses in die lewe te behaal, het jy hierdie vier dinge nodig: 1) Morele waardes. Wat is jy bereid om te doen om te kom waar jy wil wees? Jy kan nie net op enige manier daar kom nie; jy moet grense hê. Ja, ons het almal al op ‘n stadium reëls gebreek, maar dank God dat ons reëls gehad het om te breek. Ons kon onsself weer met ons morele kompas op die regte pad bring. Baie mense vandag gee nie om om op die regte pad te bly nie. 2) Metodes. ‘n Doelwit sonder ‘n plan is soos ‘n pad wat nêrens heen gaan nie. Jy moet eers die doelwit, dan die plan en dan die proses kry. As jy hierdie drie-stap formule volg, sal jy verstaan dat daar metodes is wat jy moet gebruik en by moet bly! 3) Middele. Wanneer God aan jou die visie gee, rus Hy jou ook toe. Wanneer dit nie gebeur nie, is die tyd dalk nie reg nie of het Hy iets anders vir jou in gedagte. God se voorsiening kan kom as ‘n idee wat jou skielik tref, of ‘n idee wat wortelskiet en oor ‘n tydperk groei. Sy voorsiening sluit hulp van ander mense af in, so wandel in liefde waar jy ook al gaan. 4) Bestuurskap. Jesus het gesê, ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is…’ (Lukas 12:48 NLV). Sommige mense maak of die proses verby is wanneer God hulle gee wat hulle wil hê. Nee, dis net die begin. Raai wie sal jou grootste uitdaging in jou bestuurskap van jou sukses wees? Jyself! Dis hoekom die Psalmdigter geskryf het, ‘Wanneer die Here tevrede is oor hoe ‘n mens lewe… dan val hy nie hard nie, want die Here hou sy hand vas.’

Sielskos: Esra 3-5; Luk 10:1-12; Ps 78:1-8; Spr 19:21-23