Die lewe is wat jy daarvan maak
2018-03-22Spreuke 15:15 NLV
Daar word ‘n verhaal van ‘n wyse ou man vertel. Elke dag het hy en sy kleindogter in wiegstoele voor sy petrolstasie gesit en die toeriste gegroet wat deur hulle klein dorpie ry. Een dag het ‘n man begin rondkyk asof hy dit oorweeg om na die area toe te trek. ‘Watse tipe dorp is hierdie?’ het hy gevra. Die ou man het geantwoord ‘Wel, van watter tipe dorp is jy?’ Die man het gesê, ‘Een waar die mense vreeslik krities teenoor mekaar is. Dis ‘n regte negatiewe plek om in te bly.’ Die ou man het toe geantwoord, ‘Weet jy, dis presies hoe hierdie dorp ook is.’ Later het ‘n familie daar gestop om petrol in te gooi. Die pa het uitgeklim en vir die ou man gevra, ‘Is hierdie dorp ‘n goeie plek om in te bly?’ ‘Wel, hoe is die dorp waar julle vandaan kom?’ het die ou man gevra. Die man het geantwoord, ‘Waar ek vandaan kom is almal vriendelik en altyd gewillig om mekaar te help. Dit sal erg wees om daar weg te trek.’ Die ou man het geglimlag en gesê, ‘Jy weet, dit klink presies soos hierdie dorp.’ Nadat die familie weg is, het die ou man se kleindogter opgekyk en gevra, ‘Oupa, hoekom het jy vir die eerste man gesê dat hierdie ‘n aaklige plek is om te bly, maar toe die tweede familie vra, het jy gesê dis ‘n wonderlike plek?’ Die ou man het haar in die oë gekyk en gesê, ‘Sussie, maak nie saak waar jy gaan nie, jy neem jou houding saam met jou – en dis wat dit aaklig of wonderlik maak.’ Die lewe is wat jy daarvan maak! Dis hoekom die Bybel sê, ‘…Vir die blymoedige mens is die hele lewe ‘n fees.’
Sielskos: Hos 1-5; Matt 26:26-46; Ps 116:1-11; Spr 8:8-9