Deur God gekies en aangestel (1)

2018-04-05
Johannes 15:16 ABA

Jesus het gesê, ‘Julle het My nie gekies nie, Ek het julle gekies. Ja, Ek het julle gekies en aangestel om vrugte te dra, vrugte wat nie sleg word nie…’ Dis belangrik hoe jy ‘n verhouding begin. Al die partye moet veilig voel, vir die verhouding om suksesvol te wees. Wanneer jy byvoorbeeld na iemand se huis vir aandete genooi word, is dit billik om te verwag dat hulle aan sekere sosiale verpligtinge sal voldoen. Jy behoort nie te wonder of jy welkom is, of daar genoeg kos sal wees en of daar plek vir jou aan tafel sal wees nie. Hierdie soort dinge sal net van belang wees as jy ongenooid daar opgedaag het. Net so gee dit jou selfvertroue wanneer jy weet dat jy deur God gekies en aangestel is. Dit beteken dat jy reeds aanvaar is; jy hoef nie ‘n veldtog te loods om gekies te word nie. God kies jou vir twee redes: om jou te seën en om jou ‘n seën vir ander mense te maak (sien Genesis 12:2). Die Bybel praat van seëninge wat meer as genoeg sal wees (sien Maleagi 3:10). Soms is God se seën so oorweldigend dat wanneer Hy begin om dit uit te stort, jy wonder of jy dit alles sal kan hanteer. Jy is reg om so te dink – as jy die een is wat die verhouding geïnisieer het! Jy het egter nie vir God gekies nie, Hy het jou gekies. Wie Hy ook al roep, rus Hy ook toe. Jy moet net ontvanklik daarvoor wees. ‘…stel julleself voortdurend vir God beskikbaar… Stel al julle liggaamlike vermoëns as wapens van geregtigheid tot God se beskikking’ (Romeine 6:13 NLV).

Sielskos: Jer 25-27; Mark 1:9-15; Ps 31; Spr 8:34-36