2025-06-22
1 Timoteus 1:12 NLV
Het jy geweet dat mense in beroepe wat ander mense help ‘n hoër koers van dwelmmisbruik, alkoholisme en selfdood as ander beroepe ervaar? ‘n Groot bydraende faktor daartoe is die feit dat hulle net die probleme en negatiewe kant van mense se lewens hoor en sien. Om dus effektief te bly, moet jy leer om die volgende te doen:
(1) Kweek nuwe dissiplines. Maak die deur toe, laat jou telefoonoproepe na stempos gaan en ontspan. Moet bowenal nie verbaas wees wanneer probleme opduik nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry beleef (sien Johannes 16:33). Die skrywer M. Scott Peck sê wanneer jy verwag dat die lewe moeilik gaan wees, blyk dit gewoonlik minder moeilik te wees.
(2) Neem gereeld tyd af. Doen iets anders op jou afdae. Jou Skepper het nooit bedoel dat jy meer ure moet insit as wat Hy het nie! Spurgeon het gesê: ‘Rus is so nodig vir die gees soos slaap vir die liggaam. As ons nie rus nie, breek ons af.’ Jesus het gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem’ (Markus 6:31 NLV).
(3) Oefen en kry genoeg slaap. Stap, swem en haal diep asem. Dis goed vir jou! Dr Arch Hart sê: ‘Adrenale opwekking verminder ons behoefte aan slaap, maar dit is ‘n lokval en ons betaal uiteindelik die boete. Die meeste volwassenes benodig 8-9 uur se slaap per nag.’
(4) Leer om te ontspan. Om te ontspan is die teenoorgestelde van die veg-of-vlug reaksie. Die Bybel sê: ‘…’n getroue boodskapper is gesondheid’ (Spreuke 13:17 KAB23). So min as twintig minute ‘n dag kan die skadelike effek van ‘…ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre…’ (Romeine 8:38 NLV), teëwerk.
Sielskos: Eks 20:17; Ps 10; Jak 4:1-3
2025-06-21
Romeine 4:24 AFR53
Stel ‘n oordrag van fondse van een rekening na ‘n ander voor. Banke doen dit elke dag. Stel jou nou voor dat jy bankrot is en nie in staat is om jou skuld te betaal nie. Dan, in ‘n verstommende daad van genade, betaal iemand jou skuld af en betaal soveel geld in jou rekening oor dat jy vir die res van jou lewe nooit weer hoef te werk of bekommerd te wees nie. Dis wat by die kruis gebeur het toe God al jou sondes, van die wieg af tot by die graf, aan Jesus toegereken het en al sy geregtigheid aan jou toegereken het.
Dis verstommend, nie waar nie? Sal jy sê: ‘Nee dankie, ek glo daarin om op my eie manier te betaal’? Sou jy sê: ‘Ek kan U nie toelaat om alles te doen terwyl ek niks doen nie, so ek sal vir die res van my lewe werk om te bewys dat ek U liefde en genade waardig is’? Die geregtigheid wat nodig is om in die hemel te kom, gaan nie daaroor om op die regte manier op te tree nie, maar om op die regte manier te glo.
Jy sê: ‘Maar ek voel so skuldig wanneer ek sondig.’ Jy is veronderstel om so te voel! Jou nuwe natuur reageer op sonde net soos jou liggaam op voedselvergiftiging reageer. Jou grense is oortree en jou wedergebore gees sê dat jy dit nie meer kan doen nie; dit is nie wie jy is nie!
Waarom het God die verlossingsplan so gereël? Want enige geregtigheid wat ons kan bereik, skiet ver aan sy standaarde tekort. Jou belonings in die hemel is op jou optrede gebaseer, maar om in die hemel te kom is alleenlik op vertroue in Christus gebaseer.
Sielskos: Jer 14-17; Mark 16:1-20; Ps 21; Spr 14:17-20
2025-06-20
Lukas 22:32 NLV
Mense word te dikwels onderwaardeer of geïgnoreer as gevolg van wat hulle in die lewe deurgemaak het. Soms is dit as gevolg van wat hulle aan ander gedoen het, soms is dit as gevolg van wat ander aan hulle gedoen het. As jy al ooit by ‘n pandjieswinkel was, weet jy dat daar waardevolle items teen groot afslagpryse is; jy moet net weet waarna jy soek.
Jesus weet waarna Hy soek. Petrus se hartseer omdat hy Jesus verloën het, het hom so diep getref dat hy besluit het om na sy ou werk as visserman terug te keer. Kan jy jou die skinderstories by die hawe voorstel? ‘Dis die ou wat sy rug op Jesus gedraai het.’ As Petrus ‘n leraar was, sou ons sy bedanking geëis het. Tog was hy die eerste persoon wat Jesus na die opstanding opgesoek het. Toe Jesus vir Petrus sien, het Hy nie een keer van Petrus se misstap melding gemaak nie. Drie keer het Hy egter vir Petrus gevra: ‘Het jy My lief?’ Toe Petrus drie keer instemmend geantwoord het, het Jesus vir hom gesê: ‘Wees ‘n herder van my skape.’ Dit het na Petrus se toekoms as pastoor en hoof van die kerk verwys (sien Johannes 21:15-17).
Jesus het verby Petrus se verlede gekyk en sy toekoms gesien. Petrus se mislukking was nie ‘n verrassing nie. Jesus het vir hom gesê: ‘…As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun.’ Petrus se swakheid wat hy oorkom het en die herstellende genade wat hy ervaar het, het sy grootste onderriginstrumente om ander te help, geword. Ja, God sal jou teregwys, maar dit is om jou te herstel en jou vir sy doeleindes te gebruik.
Sielskos: Jer 10-13; Mark 15:33-47; Ps 17; Spr 14:13-16
2025-06-19
2 Korintiërs 4:16 NLV
Paulus het in ‘n skrywe aan die kerk in Korinte oor die koste om Jesus te dien, gereflekteer: ‘Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ‘n dag en ‘n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van heidene; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees’ (2 Korintiërs 11:24-27 NLV).
Wat het hom in staat gestel om bo sy probleme uit te styg, eerder as om daardeur verpletter te word? ‘n God-perspektief! ‘Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd’ (2 Korintiërs 4:16-18 NLV).
Paulus het dinge anders verwerk. Toe hy die laksman se gereedskap in die gesig gestaar het, het hy geskryf: ‘…Aan die een kant verlang ek om te vertrek en persoonlik by Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste’ (Filippense 1:23 NLV). Vra vandag vir God om vir jou sy perspektief op dinge te gee!
Sielskos: Jer 7-9; Mark 15:21-32; Ps 8; Spr 14:9-12
2025-06-18
Johannes 21:21 NLV
Een dag het Petrus na Johannes gekyk en vir Jesus gevra: “…’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘…wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!'” (vers 21-22 NLV). Wanneer mense jou teleurstel, moet jy onthou dat jy ook al mense teleurgestel het. Wanneer mense vir jou slegte raad gee, moet jy onthou dat jy ook al vir mense slegte raad gegee het. Daar is net een persoon wat jou nooit sal teleurstel nie en jou altyd in die regte rigting sal lei. Jesus. ‘…Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee’ (Johannes 8:12 NLV). Jesus verlig elke tree wat jy gee.
Christus se eie dissipels sou jou teleurgestel het. Petrus was rasbevooroordeeld. Jakobus en Johannes wou vuur uit die hemel op diegene in ‘n dorpie wat vir Jesus en sy dissipels oornagverblyf geweier het, afroep. Tomas het die waarheid van die opstanding betwyfel en gesê: ‘…As ek nie die merk van die spykers in sy hande sien… nie, sal ek nooit glo nie’ (Johannes 20:25 NLV).
Ja, mense sal jou teleurstel. Jesus sal egter nooit. Dis hoekom die Bybel sê: ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kan kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun’ (Hebreërs 12:1-2 NLV).
Die enigste mense wat jou in die steek kan laat, is die mense op wie jy steun. Die woord vir jou vandag is dus – steun minder op mense en meer op Jesus.
Sielskos: Jer 4-6; Mark 15:1-20; Ps 144:9-15; Spr 14:5-8
2025-06-17
Efesiërs 6:17 NLV
Paulus het sy geestelike seun en opvolger, Timoteus, gewaarsku: ‘Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam wees aan hulle ouers en ondankbaar. Hulle sal niks as heilig beskou nie. Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. Hulle sal vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit wat aan die Christelike godsdiens sy innerlike krag gee, ignoreer. Jy moet wegbly van sulke mense af’ (2 Timoteus 3:1-5 NLV).
Soos jy hierdie lys lees, besef jy dat Paulus netsowel die samelewing waarin ons vandag leef, kon beskryf. Wat is dan die antwoord? Mans en vrouens van God wat weet hoe om die swaard van sy Woord vaardig te gebruik. As jy een van hulle is, kan jy vir seker weet dat Satan jou geteiken het. Hy wil die skerp kant van jou swaard afstomp, sodat jou boodskap oneffektief is. Dis ‘n ou truuk wat die Filistyne, Israel se aartsvyande, gebruik het om hulle in ballingskap te hou. Hulle het van al die smede in die land ontslae geraak (sien 1 Samuel 13:19). Gevolglik het die Israeliete geen manier gehad om hul swaarde te slyp, hulself te verdedig en die juk van onderdrukking af te gooi nie.
Pastoor, as geestelike smid, is dit jou roeping om hulle op te skerp. Leef dus op jou knieë en leef in God se Woord. Die uur is laat en die nood is groot. Pastoor, God vertrou op jou om jou swaard skerp te hou.
Sielskos: Jer 1-3; Mark 14:66-72; Ps 144:1-8; Spr 14:1-4