Hou altyd jou gewete skoon

2021-04-30
Handelinge 23:1 NLV

By die Mark Twain gedenkteken in Hartford, Connecticut, sal jy die volgende woorde vind: ‘Always do right. It will gratify some people and astonish the rest. Truly yours, Mark Twain, New York, February 16, 1901.’

Wanneer jou gewete deur God se Woord geprogrammeer en geregeer word, sal dit jou lei om elke keer die regte ding te doen. Dit word deur die eerste lesse wat jy oor reg en verkeerd leer geskep; dus is dit hoekom jy as ouer die belangrikste werk in die wêreld het.

As jy nooit daardie lesse leer nie, ontwikkel jy nooit ‘n gewete nie. As jy die lesse nie goed genoeg nie of onvolledig leer, sal jou gewete nie volledig ontwikkel nie. As jy jou gewete oorheers en weier om sy innerlike stem te gehoorsaam, sal jy ‘n geharde gewete ontwikkel en met tyd sal jy begin om jou lewe te leef asof jy nie ‘n gewete het nie. Jy sal kompromieë aangaan, wegsteek en hoeke sny om te kry wat jy wil hê.

Jy kan nie ‘n gewete sien of een ontleed nie, maar jy kan dit in jou gedagtes hoor fluister en jou hartsnare voel roer. Jy moet aan hierdie fluisteringe en roeringe gehoor gee om in God se seën te kan wandel.

Paulus het twee belangrike dinge oor sy gewete gesê: 1) ‘Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ‘n skoon gewete voor God en die mense te hê’ (Handelinge 24:16 NLV). 2) ‘…met ‘n absoluut goeie gewete het ek my lewe tot vandag toe in diens van God gelei!’ Moet bo alles nie jou gewete afskeep nie – dit is óf gesond, óf besig om ongesond te word. As dit ongesond word, sal jou karakter, jou reputasie en jou lewenskwaliteit ook afneem.

Sielskos: Num 11-13; Mark 5:31-43; Ps 2; Spr 10:30-32

Skep moed en doen wat jy moet doen

2021-04-29
Esra 10:4 NLV

Jy het heel waarskynlik nog nie van Harlow Curtice gehoor nie, omdat hy nie ‘n Harvard-gegradueerde was nie, maar ‘n plaasjapie met net ‘n hoërskooldiploma. Hy het egter groot drome gehad. Hy het as boekhouer by General Motors begin en die suksesleer geklim om teen die ouderdom van vyf-en-dertig die president van ‘n maatskappy te word. Teen die tyd wat hy veertig was, was hy die bestuurder van General Motors se hooggeagte Buick afdeling. Hy het sy pad na die bokant van sy professie deur ‘n talent vir nuwe idees en aksie, oopgewerk. Hy het ook persoonlik dwarsdeur Amerika gereis om motorhandelaars te inspireer en in hulle ‘n nuwe entoesiasme vir hulle Buick produkte aan te wakker.

Raai wanneer het hy dit gedoen? In die middel van die Groot Depressie! Onder sy leierskap het die verkope van Buick motors vervierdubbel; sy afdeling het die tweede meeste geld in General Motors se geskiedenis gemaak. Toe hy gevra is waaraan sy sukses toegeskryf kan word, het hy die volgende drie dinge genoem: 1) Hy het doelwitte vir homself gestel en van die mense rondom hom verwag om dieselfde te doen. 2) Hy was trots daarop om struikelblokke te konfronteer en te oorkom. 3) Hy was gewillig om risiko’s te neem en die dinge te doen wat talentvolle, maar bang mense rondom hom geweier het om te doen. Gevolglik het oorwinning ‘n gewoonte en ‘n lewenstyl geword.

Sy drie beginsels is ten volle Skriftuurlik van aard en hulle sal jou lei om sukses in alles wat jy aanpak, te behaal. Die woord vir jou vandag is dus: ‘Staan op! Die aangeleentheid is nou u verantwoordelikheid! Skep moed en doen wat u moet doen…’

Sielskos: Num 8-10; Mark 5:21-30; Ps 35; Spr 10:28-29

Gebruik wat God jou gegee het

2021-04-28
Spreuke 11:24 NLV

Jesus het sy dissipels geleer om die verspreiders van sy seën te wees en eerste op diegene wat in nood is, te reageer. Dis hoekom Hy hulle by die proses betrek het; Hy het hulle toegerus om Hom in die toekoms te verteenwoordig.

Toe hulle die vyfduisend gevoed het, het die wonderwerk van vermeerdering nie plaasgevind toe die kos Christus se hande verlaat het nie, maar die dissipels se hande. Hy het die vyf brode en die twee vissies geseën, dit vir hulle gegee en hulle het iets wonderbaarliks daarmee gedoen: ‘n magdom mense met ‘n seuntjie se middagete gevoed. Soos hulle dit gedoen het, het hulle die wonderbaarlike ervaar.

Wanneer die Here se seën op dit wat jy het is, sal jy sukses behaal, ten spyte van uitdagings en struikelblokke. God het elkeen van ons iets gegee wat ander mense nodig het. Soms sien ons dit nie raak nie, of ons twyfel aan die waarde daarvan. Dus dink ons: ‘Ek het nie dit wat nodig is nie.’ Jy doen – dis nog net in saadvorm! Jesus het dit as volg beskryf: ‘…eers kom die eerste blaartjie uit, dan vorm die aar en uiteindelik sit die volgroeide koringkorrel in die aar’ (Markus 4:28 NLV).

God het iets in jou geplaas wat Hy wil hê jy moet herken, koester en tot sy verheerliking moet gebruik. Wanneer Hy dit seën, sal jy verbaas staan oor die onderontwikkelde potensiaal wat jy nog altyd met jou saamgedra het.

Die wonderwerk het begin toe die seuntjie voor ‘n behoefte te staan gekom het en besluit het: ‘Hierdie mense is honger en het kos nodig.’ Dis ook toe dat die dissipels ontdek het wat Jesus met dit wat hulle gehad het, kon doen, selfs al het dit hopeloos onvoldoende gelyk. Die woord vir jou vandag is – gebruik wat God jou gegee het!

Sielskos: Num 7; Mark 5:11-20; Ps 94:12-23; Spr 10:27

‘Doen’ God se Woord

2021-04-27
Jakobus 1:25 NLV

Dr David Jeremiah vertel van ‘n welbekende kweekskoolprofessor wat ‘n somer lank in Jerusalem gestudeer het. In sy woonstelblok het daar ‘n ortodokse Joodse rabbi gewoon, saam met wie hy Hebreeus bestudeer het. Een dag het die professor gesit en luister hoe sy Joodse vriend die hele boek van Psalms, in Hebreeus opsê.

Dis nogal indrukwekkend, nie waar nie? God seën jou egter nie as jy net sy Woord lees, dit memoriseer of dit selfs woord vir woord kan opsê nie. God beloof slegs om diegene wat ‘doen’ wat sy Woord sê, te seën. Om jou Bybel te lees, sonder om daarvolgens op te tree, is soos om in ‘n goeie restaurant te sit en die spyskaart te eet, terwyl jy die maaltyd ignoreer. ‘Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.

Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ‘n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen’ (verse 22-25 NLV).

Die kennis van God se Woord is lewensbelangrik. Kennis van die Skrif kan egter geestelike trots in jou hart kweek, waarvolgens jy die Skrif toejuig, maar dit nie toepas nie. Die woord vir jou vandag is dus – ‘doen’ God se Woord!

Sielskos: Num 4:34-6:27; Mark 5:1-10; Ps 94:1-11; Spr 10:24-26

Begryp ware heiligheid

2021-04-26
Sagaria 14:21 NLV

Heiligheid moet altyd ‘vir die Here die Almagtige’ toegewys wees. Wanneer ons dit aan mense toewys, is dit altyd verkeerd en misplaas, omdat dit net trots en pretensie is. Jesus het die Fariseërs veroordeel, nie vir hulle vroom dade nie, maar omdat hulle dit gedoen het om ander mense te beïndruk. Nie net het hulle volgens ‘n lang lys godsdienstige ‘moets en moenies’ gelewe nie, hulle het ook telling gehou van ander mense wat nie volgens hulle lys lewe nie en hulle daaroor veroordeel.

Sommige van ons het in huise en kerke grootgeword wat dit doen en wanneer ons die woord ‘heiligheid’ hoor, raak ons ongemaklik en dink aan Christene met somber gesigte en vingers wat in beskuldiging na ons wys. Dis nie Bybelse heiligheid nie, dis wettiesheid! God haat dit en die Bybel veroordeel dit.

Om te verstaan wat ware heiligheid is, dink aan die woord ‘kontaminasie.’ Dis een van elke hospitaal se grootste bekommernisse. Dis hoekom dokters in operasieteaters daarop aandring dat hulle sjirurgiese instrumente konstant gesteriliseer word; dat almal die regte klere dra en dat in die teater ‘n temperatuur gehou word waarin kieme nie kan oorleef nie. Kry jy die prentjie?

Pas nou die lens ‘n bietjie aan en jy sal die geestelike toepassing sien. Ware heiligheid isoleer jou nie van die wêreld nie, dit insuleer jou van die wêreld se besoedeling. Paulus het die kerk in Korinte se benadering tot die nagmaaltafel gekorrigeer: ‘Want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen haastig sy eie ete met die gevolg dat die een honger bly en die ander een weer dronk word’ (1 Korintiërs 11:21 NLV). Paulus het hulle slordige geestelike houding aangespreek. ‘Dit is waarom daar baie swakkes en siekes onder julle is, en heelwat onder julle reeds oorlede is’ (vers 30 NLV).

Wat is dus die antwoord? Heiligheid – vir die Here die Almagtige!

Sielskos: Num 3:1-4:33; Mark 4:26-41; Ps 144:9-15; Spr 10:22-23

Hoe om ons sonde te hanteer

2021-04-25
Psalm 51:6 NLV

Ons het ‘n nuwe manier nodig om na sonde te kyk; om ‘n nuwe begrip daarvan te kry. John Ortberg skryf: ‘Alle sonde behels ontkenning. Dit dra ‘n sekere morele bysiendheid mee.’ Die enigste manier om dit duidelik te sien, is deur die oë van die Een teen wie ons gesondig het. Die psalmdigter het gebid: ‘Teen U, U alleen, het ek gesondig…’

‘n Christelike universiteitsprofessor stel dit so: ‘Ek is vriendelik met my studente; respekvol teenoor my kollegas; lief vir my familie; ek steel nie; pleeg nie owerspel nie; gebruik nie dwelms of vloek nie; en ek vlos gereeld. Maar wanneer ek eerlik na myself kyk, sien ek dat ek bitterheid herberg gee, my tyd opgaar en ander mense kwalik neem wanneer hulle my aandag opeis. Ek is ydel en word verteer deur hoe ander mense my sien. Ek stoei met my seksualiteit en het al met my oë en my hart oor die tou getrap. Ek gee voor asof ek luister, maar ek doen dit nie. Ek maak asof ek meer geestelik is as wat ek waarlik is. Ek is ‘n gemors – gebroke op elke manier – en my enigste hoop is God se genade.’

Toe Jesaja die Here op sy troon sien sit het, het hy uitgeroep: ‘Ellende het my getref! Want ek is ‘n sondige mens…’ (Jesaja 6:5 NLV). Toe het ‘n engel ‘n gloeiende kool van die altaar geneem, sy lippe daarmee aangeraak en gesê: “…’Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe'” (vers 7 NLV).

Maak nie saak hoe gereeld jy al geval het of hoe erg jy al misluk het nie, God reik vandag sy genade na jou toe uit en gee jou ‘n kans om oor te begin as jy gewillig is om dit te aanvaar.

Sielskos: 2 Kon 6:1-7; Matt 14:22-33