Breek jou albaste fles (2)
2018-03-13Markus 14:5 DB
Dis moontlik dat die albaste fles elke sent van die vrou se spaargeld verteenwoordig het. Die waarde daarvan word bewys deur die feit dat twee van die skrywers van die evangelie dit opmerklik gevind het en vir ons ‘n geskrewe skatting gegee het: 300 silwer geldstukke – die ekwivalent van ‘n jaar se salaris. Vir die meeste van ons, verteenwoordig die albaste fles vol olie, geld. Dis ons neseier. Dis ons pensioenfonds. Die vraag is: Is jy gewillig om dit alles weg te gee? Ons stel nou nie voor dat jy nie jou rekeninge moet betaal of vir jou toekoms moet beplan of vir jou familie moet sorg nie. As God jou egter aanspoor om dit alles weg te gee, sal jy gewillig wees om jou albaste fles te breek en dit by Jesus se voete uit te giet? Gedurende sy leeftyd het John Wesley ongeveer dertig duisend pond weggegee. As mens dit volgens inflasie aanpas, is dit meer as R23 miljoen in vandag se tyd. Wesley het ‘n verbond met God in 1731 aangegaan om sy jaarlikse inkomste tot agt-en-twintig pond te beperk. Die eerste jaar het hy egter net dertig pond gemaak, dus het hy net twee pond gegee. Die volgende jaar het sy inkomste verdubbel, en kon hy twee-en-dertig pond weggee. Hy het nooit meer as eenhonderd pond in sy besit gehad nie, omdat hy bang was om ‘n aardse skat bymekaar te maak. Hy het geglo dat God se seën beteken dat ons ons standaard van gee moet verhoog, nie ons lewensstandaard nie. Selfs toe sy inkomste duisende ponde oorskry het, het hy eenvoudig gelewe en al sy surplus geld weggegee. Hy het met ‘n paar munte in sy sak gesterf, maar het ‘n stoor vol skatte in die hemel gehad. Dink daaroor!
Sielskos: 2 Kon 7-8; Matt 23:1-14; Ps 27; Spr 7:10-13