Bou ‘n soliede fondasie

2017-08-24
Matteus 7:25 NLV

Jesus het gesê, ‘Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ‘n verstandige persoon wie se huis op soliede rots gebou is. Al val daar ‘n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas’ (verse 24-25 NLV). Wanneer die storms van die lewe aanbreek – en dit gaan – is dit te laat om ‘n soliede fondasie te bou. Moet dus nie jouself indoen deur nagemaakte materiale te gebruik of kortpaaie te vat nie. Wees gewillig om jou swakpunte te erken en daaraan te werk. Sommige van die sterkste mense wat jy ken het op ‘n tyd hulp nodig gehad om hulle swakpunte te oorkom. Die pastoor van ‘n megakerk onthou sy vroeë dae, toe hy gebid het dat God sy bediening moet vergroot. Hy skryf: ‘Na dae van stilte het die Here my geantwoord deur te sê, ‘Jy is besorg daaroor om die bediening te bou, maar ek is besorg daaroor om die man te bou. Wee die man wie se bediening groter is as hy!’ Sedertdien het ek myself daaraan toegewy om meer vir die prediker as vir die bediening te bid. Ek is nog steeds verwonderd oor die persoon wat ek word soos wat ek my lewe daagliks in God se hande plaas. Hy verander my – en Hy is nog nie klaar nie. Elke dag sien ek meer onvolwassenheid in my. Maar dis ‘n skerp kontras tussen hoe ek nou is en hoe ek was – ek vertrou God meer as ooit.’ Werk dus aan jou verhouding met God. Bou die waarhede van sy Woord in jou lewe se fondasie en wanneer die storms kom, sal jy staande bly.

Sielskos: 2 Kron 25-28; Mark 7:14-23; Ps 119:137-144; Spr 22:11-13