Bly kalm!
2020-10-142 Timoteus 4:5 NLV
‘n Vrou het in haar woonkamer gesit toe ‘n klein swart slangetjie skielik te voorskyn kom, oor die vloer en onder die rusbank inseil. Sy was dodelik bang vir slange en het na die badkamer gehardloop om haar man, wat besig was om te stort, te roep. Hy het uit die stort met net ‘n handdoek om sy lyf gehardloop en ‘n ou besemstok uit die kas gegryp en daarmee onder die bank begin rondsteek. Op daardie stadium het die gesin se hond wakker geword en begin ondersoek instel oor al die opwinding. Hy het nader gekom en met sy koue neus aan die man se voet geraak. Die man het gedink dat die slang hom op sy voet gepik het en het flou geword. Sy vrou het tot die gevolgtrekking gekom dat haar man aan ‘n hartaanval beswyk het en na die hospitaal, wat ‘n blok van hulle huis af was, gehardloop. Die ambulanspersoneel het hulle na haar huis gehaas en die man op ‘n draagbaar geplaas. Net toe hulle hom begin uitdra, het die slang van onder die rusbank te voorskyn gekom. Een van die ambulanspersoneel het so groot geskrik dat hy die draagbaar laat val het en die man se been is gebreek. Die vrou het ineengestort toe sy haar man se gebreekte been sien. Tussenin het die slang stil-stil weggeseil!
‘n Ou Afrikagesegde sĂȘ: ‘Daar is veertig tipes malligheid, maar net een tipe gesonde verstand.’ Deur impulsief op te tree, beteken gewoonlik dat dinge erger gaan raak voor hulle beter raak. Voor jy dus paniekerig word, kalmeer jouself en vra God, selfs in die eenvoudigste dinge, vir wysheid en hulp.
Sielskos: 2 Sam 3:22-7:17; Joh 3:22-36; Ps 89:38-52; Spr 23:19-21