Billy Bob
2018-09-19Matteus 18:14 NLV
Philip Bray het in Atlanta ‘n straatbediening genaamd SafeHouse Outreach gestig. Hy skryf: ‘Een dag het ‘n klein seuntjie ‘n handgebaar vir my gewys, die soort wat manlike prostitute maak. Ek het die kar gestop en vir hom gepreek, maar nie gedink dat hy verstaan nie. Hy het egter gesê, ‘Ek doen maar net besigheid. Ek lewe hier in Cabbagetown en my broer het my die besigheid geleer.’ Ek het gevra, ‘Wat is jou naam? Hoe oud is jy?’ Hy het geantwoord, ‘Billy Bob, en ek is agt jaar oud.’ Geskok het ek gesê, ‘Jy het sekerlik nie baie kliënte nie?’ Hy het gesê, ‘Hoe jonger jy is hoe meer geld maak jy. Ek maak tweehonderd dollar per keer; my dertienjarige broer kry net twintig dollar omdat hy vigs het.’ Ek het by hom gepleit om my toe te laat om hom te help om ‘n nuwe lewe te begin, maar hy het gesê, ‘Ek kan nie. Ek is my familie se kaartjie uit die ghetto uit.’ Vir weke het ek hom probeer bereik. Toe het die polisie een dag sy verminkte liggaam in ‘n vullishouer gekry nadat een van sy kliënte hom vermoor het. In straatbediening het nie elke verhaal ‘n gelukkige einde nie. Soms is die pyn en wanhoop net te veel.’ Dan voeg Philip by, ‘Maar daar is hoop! Jesus het vir die Billy Bobs van hierdie wêreld gesterf, net soos Hy vir die Billy Grahams gesterf het. Dis hoekom ek daar buite in die strate werk.’ Jesus het gesê, ‘Net so wil julle Vader in die hemel nie hê dat één van hierdie kleinstes verlore gaan nie.’ Dit beteken dat jy geroepe is om jou gemaksone te verlaat en om na ‘n wêreld wat seer het met die liefde van Jesus uit te reik!
Sielskos: Miga 1-4; Luk 22:24-38; Ps 78:65-72; Spr 24:11-14