Bid vir insig wanneer jy iemand in diens neem
2018-05-231 Konings 3:9 DB
Dr John Maxwell skryf: ‘Verskeie jare gelede het ek met ‘n groep bestuurders gepraat, toe iemand my vra watter beginsels ek volg wanneer ek mense in diens neem. ‘Ek het net een reël,’ het ek verduidelik. ‘Ek laat dit aan iemand anders oor.’ Dit het hulle aandag getrek. ‘Ek is baie sleg daarmee. Omdat ek so optimisties is en ‘n hoë dunk van mense het, is ek onrealisties. Dit maak nie saak watter rooi vlae in ‘n onderhoud opduik nie, ek dink altyd: Ek kan hierdie persoon help om te verbeter en sukses te behaal. Dis nie die regte houding vir iemand wat onderhoude voer nie. Om suksesvol in hierdie area te wees, het jy mense nodig wat skepties is – die tipe individue wat nie eens hulle eie moeder sal aanstel nie. Toe ek ophou om mense aan te stel, het dit my organisasie na ‘n heel nuwe vlak toe geneem.’ Toe ek vir die bestuurders sê dat ek nie meer in beheer van aanstellings is nie, kon ek sien dat hulle eerste reaksie negatief is. Soos ek egter verduidelik het, kon ek sien dat hulle die feit dat ek my eie swakpunte ken, waardeer en hulle het my eerlikheid gerespekteer. Daar is min dinge erger as iemand wat nie weet waarvan hy praat nie, dinge opmaak soos hy aangaan en voorgee dat hy kundigheid het terwyl hy nie ‘n idee het wat aangaan nie.’ As jy in die verlede die verkeerde mense aangestel het, delegeer die werk aan iemand wat goed is daarmee. As jy dit egter self moet doen, bid Salomo se gebed: ‘…Gee vir my die insig om regverdig te wees en tussen goed en kwaad te kan onderskei… Hoe kan ek sonder u hulp hierdie groot volk van U regeer?’
Sielskos: Rig 7:1-9:33; Mark 10:23-34; Ps 93; Spr 13:7-8