Bid God se Woord
2022-08-17Psalm 119:28 NLV
Wanneer jy die Skrif in gebed gebruik, roer dit God om namens jou op te tree. Dit verander jou ook. Hier is wat gebeur wanneer jy God se Woord bid:
1) Jou geloof vergroot en stel jou in staat om meer van dit wat God beloof het, te ontvang.
2) Jou gedagtes word vernuwe, wat veroorsaak dat jy dinge anders begin sien.
3) Jy weet wat God se perfekte wil is.
4) Jy is in staat om in die waarheid te wandel.
5) Jy groei in geestelike volwassenheid.
6) Jy beweeg nader aan die Here en het ‘n intiemer verhouding met Hom.
7) Jy leer hoe God dinge doen en jy begin dit ook so doen.
8) Jy verstaan God se antwoorde op jou gebede.
9) Jy verander op positiewe maniere.
10) Jy aanskou die Lam van God wat die middelpunt van jou Bybel is.
Hier is ‘n paar voorbeelde van Skrifgedeeltes wat jy kan bid: ‘Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie’ (vers 18 NLV). ‘…Leer my nou u voorskrifte. Leer my verstaan die lering van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink (verse 26-27 NLV). ‘…versterk my soos U in u woord beloof (vers 28 NLV). ‘Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, want dit is gedurig by my’ (verse 97-98 NLV). ‘…ek gehoorsaam die gebooie van my God. Hou my staande soos U beloof het sodat ek kan lewe. Laat my nie beskaam wees of my hoop verydel word nie’ (verse 115-116 NLV). ‘…gee my insig sodat ek kan lewe’ (vers 144 NLV).
Bid vandag God se Woord.
Sielskos: 1 Pet 3-5; Mark 5:31-43; Ps 119:65-72; Spr 17:23-26