Beweeg vorentoe of beweeg terug
2024-05-01Rut 1:16 NLV
Die boek Rut illustreer die verskil tussen diegene wat in geloof uittree en risiko’s neem en diegene wat vrees, in veiligheid bly en God se beste vir hulle misloop. Die boek begin met hierdie woorde: ‘…’n man [het] uit Betlehem in Juda uit die land weggetrek omdat daar ‘n swaar hongersnood was. Hy en sy vrou en twee seuns het gaan woon in die land Moab’ (vers 1 NLV).
Dinge het goed gegaan vir ‘n ruk, tot die tragedie hulle getref het. Eers is Naomi se man, Elimelek, oorlede en sy het met haar twee seuns agtergebly. Hulle het met twee plaaslike meisies, genaamd Orpa en Rut getrou. Toe is altwee seuns egter oorlede. Oorweldig deur smart, het Naomi besluit om na haar huis in Betlehem terug te keer en haar twee skoondogters aangeraai om in Moab te bly.
Dis waar die verskil in die twee meisies te voorskyn gekom het. Orpa het besluit om in Moab te bly, selfs al was dit ‘n plek van hartseer en moeilike tye. Hoekom? Omdat sy dit geken het. Dit was haar gemaksone. Sy het nie die geloof gehad om vorentoe te beweeg nie. Rut was anders. Sy het vir Naomi gesĂȘ: ‘…Waar Ma ook al gaan, sal ek gaan, en waar Ma ook al woon, sal ek woon. Ma se mense sal my mense wees en Ma se God sal my God wees’ (vers 16 NLV).
In Betlehem het Rut vir Boas ontmoet. Nie net was hy ryk nie, maar hy het goed vir haar gesorg en saam het hulle ‘n seun gehad van wie beide koning Dawid en ons heilige Here Jesus afgestam het. God beloon geloof, nie vrees nie. Die woord vir jou vandag is dus – dis tyd om met die verlede te breek en vorentoe te beweeg.
Sielskos: Hand 27-28; Mark 5:31-43; Ps 94:12-23; Spr 11:16-18