Besoek deur ‘n engel

2019-02-18
Hebreërs 13:2 NLV

Eendag was Debby Gass besig om deur Nevada te ry, toe haar sportmotor sonder petrol gaan staan het. ‘n Jong vrou, alleen in ‘n klein karretjie, op ‘n hoofweg in die woestyn sonder enigiemand in die omtrek – dit het al die elemente van ‘n riller gehad. Kort daarna het daar toe ‘n groot vragmotor by haar gestop en die drywer het gevra, ‘Kan ek jou help, dame?’ Toe sy haar verknorsing aan hom verduidelik, het hy gesê dat sy haar kar moet sluit en saam met hom na ‘n petrolstasie ‘n paar kilometer verder moes ry. Die stem van God binne-in Debby, ‘n stem wat sy geleer het om te vertrou, het gefluister, ‘Gaan saam met hom.’ Soos hulle saam weggery het, het die man haar vertel dat hy in die tronk was, vir Christus ontmoet het en dat sy lewe radikaal verander het. Hy het haar foto’s van sy vrou en familie gewys. Toe hulle weer by haar kar kom, het hy ‘n kan petrol in haar tenk gegooi, haar gegroet en weer gery. Toe het dit gebeur! Net toe Debby haar kar omdraai om te ry – op ‘n hoofweg met ‘n duidelike uitsig kilometers ver in beide rigtings – was sy vragmotor skoonveld. In ‘n oogwink het ‘n veertig-ton drywer en sy bestuurder net so verdwyn! Die Bybel sê: ‘…Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef het, selfs engele tuis ontvang!’ Debby is oortuig dat God vir haar ‘n engel gestuur het om haar daardie dag te help. Wat dink jy? Baie van ons het soortgelyke verhale, maar ons deel hulle nie met ander mense nie. Miskien is dit die vrees vir kritiek. Of miskien is dit omdat ons nie tot heelwat later besef dat ons inderwaardheid deur ‘n engel besoek is nie!

Sielskos: Gen 42-43; Luk 10:25-37; Ps 33:1-12; Spr 5:7-14