Besluit, en hou dan daarby!
2021-04-06Josua 24:15 NLV
Mense wat sukses in die lewe behaal, bepaal hulle prioriteite vroeg en handhaaf hulle daagliks. Dis ‘n goeie idee om twee redes:
1) Dit neem die emosie daaruit. As jy nie versigtig is nie, kan jy ‘n lewensveranderende besluit op ‘n tydelike situasie baseer, in plaas daarvan om dit op God se wil te baseer. Wanneer jy jou prioriteite vir jou lewe betyds bepaal, kan jy dit doen sonder emosies wat jou manipuleer en jou beheer. Jy sal ook meer geneig wees om hulle met integriteit vas te stel. Josua het dit gedoen: ‘…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.’
2) Dit maak dit makliker om jou lewe te bestuur. Sodra jy dit wat vir jou belangrik is besluit het, kan jy volgens daardie beginsels begin lewe. Kom ons sê jy is ‘n kompulsiewe dobbelaar wat besluit om op te hou. Jou taak word dan om jou lewe in lig van daardie besluit in te rig. Dit beteken dat jy nie meer by die perderesies kan uithang of by Sun City kan vakansie hou nie. Of, kom ons sê dat jy ‘n beter huwelik wil bou: dit mag dalk beteken dat jy minder tyd by die werk of op die golfbaan deurbring en ‘n weeklikse afspraak met jou eggenoot maak om te gaan uiteet.
Dit verg eerlikheid, gebore in gebed, om te weet wat jou ware kwessies is en om daarvolgens goeie besluite te maak. Dit neem ook karakter en volharding om deur te druk wanneer daardie besluite gemaak is. Die wonderlike ding is dat wanneer jy jou besluit geneem het, kan jy weet dat: ‘Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag’ (Spreuke 16:3 NLV). Hy sal jou die krag gee om elke dag volgens jou besluite te lewe.
Sielskos: Lev 8-10; Matt 28:16-20; Ps 72:12-20; Spr 9:7-9