Beskerm jou aanvoeling van God se teenwoordigheid
2018-08-152 Samuel 6:9 NLV
In die Ou Testament was die verbondsark die bekendste simbool van God se teenwoordigheid. Waar die ark ook al was, was God se teenwoordigheid ook. Israel het die Filistyne egter toegelaat om dit te steel. Daar is ‘n belangrike les hier uit te leer. Satan is daarop uit om jou van jou aanvoeling van God se teenwoordigheid te beroof! Israel het die ark om een rede verloor – ongehoorsaamheid. Jy verloor altyd jou aanvoeling van God se teenwoordigheid op die punt van ongehoorsaamheid. Wat sê God vir jou om te doen, of om op te hou doen? Hy sal nie onderhandel, skik of ongehoorsaamheid oorsien nie; jy moet dit hanteer voor jy vorentoe kan beweeg. Dawid het gevra, ‘…Hoe kan die ark van die Here ooit na my toe kom?’ omdat al die pogings om dit terug na Israel toe te bring, misluk het. Iemand het voorgestel dat hulle dit op ‘n nuwe wa sit. Iemand anders het voorgestel dat Ussa (wie se naam krag beteken) en Agjo (wie se naam na broederskap verwys) die wa moet vergesel (sien vers 3 NLV). Die meeste mense het gedink dat dit ‘n goeie plan is, maar nie God nie. Dawid het die beste bedoelings gehad, maar dit was nie in lyn met God se wil nie. God het reeds vir Israel gesê dat die ark op die skouers van die gesalfde priesters gedra moet word. Met ander woorde, op die skouers van diegene wat geweet het hoe om: a) in balans te wandel; b) in liefde en eenheid te wandel; c) in gehoorsaamheid te wandel. Kry jy die boodskap? As God se teenwoordigheid in jou lewe vir jou kosbaar is en as jy dit wil beskerm, pas dan hierdie beginsels toe.
Sielskos: 1 Kro 19:1-23:20; Luk 13:1-17; Ps 119:49-56; Spr 21:4-6