Belydenis van ‘n geheime sondaar (5)

2017-11-21
1 Samuel 16:7 NLV

Die pastoor en skrywer John MacArthur sê: ‘Jesus se uitleg van die wet is ‘n verwoestende slag vir die leuen dat ‘n mens se beeld alles is. Geheime sondes is veral afskuwelik omdat: 1) God die hart sien. As ons besef dat Hy die enigste toeskouer daarvan is, sal ons minder geneig wees om dit geheim te hou. Dis dwaas om te dink dat jy sonde ongedaan kan maak deur dit privaat te hou. Dis veral dwaas om te dink dat jy beter as ander mense is omdat jy privaat sondig. Dit is die dwaasste om jou sondes weg te steek. ‘Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie…’ (Spreuke 28:13 NLV). 2) Sondige gedagtes uit dieselfde plek as sondige dade ontstaan. Toe Jesus gesê het dat haat dieselfde gewig as moord dra en dat begeerte die kern van owerspel is, het Hy bedoel dat daar geen verskil in die mate van sonde is nie – dus het ‘n persoon wat begeer geen reg om verhewe bo die persoon wat owerspel pleeg, te voel nie. Die feit dat iemand sulke gedagtes het bewys dat hy of sy in staat is om immorele dade te pleeg en iemand wat sy broer haat, het reeds moord wat in sy hart skuil. 3) Skynheiligheid weggesteekte sonde vererger. Skynheiligheid brand jou gewete en stel die pad oop vir ander sondes wat jou karakter verniel. Wanneer iemand vir jou probeer vertel dat voorkoms alles is, moet dit nie glo nie. Jou geheime lewe is ‘n toets vir jou karakter. As jy wil weet wie jy regtig is, kyk na jou private lewe. Kyk dan in die spieël van God se Woord en laat Hom toe om die gedagtes en bedoelinge van jou hart te openbaar en te korrigeer.’

Sielskos: Pred 10-12; Joh 10:34-42; Ps 102:12-17; Spr 30:21-23