True repentance brings restoration

2026-04-12
Luke 15:18 NKJV

The story of the prodigal son illustrates the meaning of true repentance. It’s about a young Jewish man who rebelled against all that he’d been taught, turned his back on his father, was lured by the bright lights of the big city, and ended up in a pigpen feeding swine. But he did three things that turned his life around.

First, he changed his mind. “When he came to his senses, he said, ‘How many of my father’s hired servants have food to spare, and here I am starving to death!'” (v. 17 NIV). Second, he redirected his will. “I will… go back to my father and say to him: ‘Father, I have sinned against heaven and against you'” (v. 18 NIV). Third, he took action. “So he got up and went to his father” (v. 20 NIV).

Repentance is a change of mind, which brings about a change of will, and results in a change of action. It led to the prodigal’s forgiveness and restoration to his family. Here are two things about sin you need to know:

(1) God will uncover every sin you try to cover up. “Judge nothing before the time, until the Lord comes, who will both bring to light the hidden things of darkness and reveal the counsels of the hearts” (1 Corinthians 4:5 NKJV).

(2) God will cover every sin you uncover. “He who covers his sins will not prosper, but whoever confesses and forsakes them will have mercy” (Proverbs 28:13 NKJV). Go ahead – confess and forsake your sin, and God will cover it with the blood of Christ. There is no good reason to wait. Do it now.

Soul food: Ps 23; Luke 15:1-7; Rev 7:13-17

Ware berou bring herstel mee


Lukas 15:18 NLV

Die verhaal van die verlore seun illustreer die betekenis van ware berou en bekering. Dit gaan oor ‘n jong Joodse man wat in opstand teen alles wat hy geleer is, gekom het, sy pa die rug toegekeer het, deur die helder ligte van die groot stad verlei is en uiteindelik in ‘n varkhok beland het. Hy het egter drie dinge gedoen wat sy lewe omgedraai het.

Eerstens het hy van plan verander. “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan!'” (vers 17 NLV).Tweedens het hy sy wilskrag verander. ‘Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa, ek het gesondig teen sowel die hemel as teen Pa’ (vers 18 NLV). Derdens het hy opgetree. ‘Hy het dus teruggekeer huis toe na sy pa toe…’ (vers 20 NLV).

Bekering is ‘n verandering van denke, wat ‘n verandering van wilskrag teweegbring en lei tot ‘n verandering van optrede. Hier is twee dinge wat jy oor sonde moet weet:

1) God sal elke sonde wat jy probeer toesmeer, openbaar. ‘Julle moet dus nie voortydig ‘n oordeel vel voordat die Here kom nie. Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring…’ (1 Korintiërs 4:5 NLV).

2) God sal elke sonde wat jy openbaar, bedek. ‘Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang’ (Spreuke 28:13 NLV). Gaan dus voort en bely en laat vaar jou sonde, want God sal dit met die bloed van Christus bedek. Daar is geen rede om te wag nie. Doen dit nou.

Sielskos: Ps 23; Luk 15:1-7; Op 7:13-17

Veg vir jou huwelik

2026-04-11
Efesiërs 5:21 NLV

Paulus het geskryf: ‘Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees.’ Satan is die huwelik se vyand. Om hom te verslaan, moet jy eers weet hoe om te identifiseer waar, wanneer en hoe hy aan die werk is. Solank as wat julle daarop fokus om met mekaar te baklei of mekaar te blameer, sal julle huwelik aanhou om met elke mislukte versoek tot intimiteit, elke onvervulde verwagting en elke dag wat jy hopeloos wens dat jou eggenoot sal verander, in verdere ellende verval.

Ja, jy moet beter kommunikasiepatrone aanleer, leer hoe om te vergewe en hoe siekte of finansiële probleme hanteer moet word. Wanneer jy egter besef dat hierdie dinge hul ontstaan by dieselfde bose bron het, kan jy dit soveel effektiewer beveg. Doen die volgende twee dinge:

1) Fokus eers op jouself. Jy kan niemand anders as jouself verander nie. In baie opsigte kan jy selfs dit nie eers doen nie. Jy het God se ingryping in jou eie lewe nodig (sien 2 Korintiërs 3:18). Jy moet verstaan wie God jou roep om in jou huwelik te wees.

(2) Bid vir en saam met jou eggenoot (sien Matteus 18:19). Gebed is onontbeerlik om die vyand in jou huwelik te verslaan. Bid vir leiding in wat God wil hê jy moet doen. Indien jou eggenoot gewillig is, bid saam en hardop. Nooi God om by jou huwelik in te gryp en dit ‘n voorbeeld van die werk wat slegs Hy in twee mense se lewens kan teweegbring, te maak. Jy kan Christus se oorwinning in jou huwelik ervaar.

Sielskos: Jer 49-50; Matt 1:1-6; Ps 50:16-23; Spr 10:11-13

Fight for your marriage


1 Peter 3:1 NIV

Paul wrote: “Submit to one another out of reverence to Christ.” Satan is the enemy of marriage. In order to defeat him, you must first know how to identify where, when, and how he’s at work. As long as you focus on fighting each other or blaming yourself, your marriage will continue to slide into further misery with each failed request for intimacy, each unmet expectation, and each day spent hopelessly wishing your spouse would change.

Sure, you need to learn better communication and learn how to forgive, and sickness or money problems need to be dealt with. But when you see these things as being sent from the same evil source, you can fight them so much more effectively. Do these two things:

(1) Focus first on yourself. You know you can’t change anyone but yourself. And in many ways, you can’t even do that. You need God’s intervention in your own life right now (see 2 Corinthians 3:18). And you need to understand who God is calling you to be in your marriage.

(2) Pray for and with your spouse (see Matthew 18:19). Prayer is indispensable in defeating the enemy of your marriage. Pray for direction in what God would have you to do. If your spouse is willing, pray together and aloud if possible. Invite God to intervene in your marriage and to make it a demonstration of the work only He can do in two people’s lives. The truth is that you can experience Christ’s victory in your marriage.

Soul food: Jer 49-50; Matt 1:1-6; Ps 50:16-23; Prov 10:11-13

Hoe om jou gedagtes te vernuwe

2026-04-10
Romeine 12:2 NLV

Jy is geskape om lief te hê, maar jy het geleer om te vrees! Die neurologiese roetes in jou brein evalueer bewustelik toksiese gedagtes en wanneer jy kies om die situasie aan God oor te gee, onderwerp jy jou nie aan vrees nie, maar tree in liefde op. Liefde is sterker as vrees! ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie’ (1 Johannes 4:18 NLV).

As ‘n verloste kind van God is jy vir liefde bedraad, wat beteken dat liefde jou normale lewensuitkyk moet wees. Ongeag die manier waarop jy in die verlede gekies het om te reageer, kan pynlike, toksiese gedagtes vernuwe word. Selfs toksiese gevoelens wat jy so lank gekoester het en waarmee jy so vertroud is dat jy dink dis normaal, kan vernuwe word. Jy kan hulle as gevolg van jou brein se neuroplastisiteit analiseer en herbedraad. Dit is wat Paulus bedoel het: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’

Sal hierdie ‘vernuwing’ oornag gebeur? Nee. Die wetenskap toon dat jy iets ten minste sewe keer moet oefen en gebruik voordat dit deel van jou word. Soos jy aanhou om dit te doen, sal God se Gees met jou werk en uiteindelik sal jy hierdie wonderlike liefdesbedrading van die brein kan gebruik om jou rede en emosies te balanseer. Wanneer jy dit doen, sal jy ‘n reuse-sprong neem om al jou gedagtes onder beheer te kry, wat dan jou emosies onder beheer sal bring (sien 2 Korintiërs 10:5).

Sielskos: Jer 45-48; Luk 24:45-53; Ps 50:1-15; Spr 10:8-10