Mediteer en memoriseer

2026-04-15
Psalm 119:15 NLV

Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm 1:1-2 NLV). God sal jou help om dit waaroor jy mediteer en memoriseer, te onthou wanneer jy dit nodig het. ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV).

Jeremiah Denton, ‘n hooggeplaaste Amerikaanse soldaat, is tydens die oorlog in Vietnam aan uitmergelende marteling onderwerp. Hy het egter oorleef en teruggekeer huis toe om ‘n senator in Alabama te word. Hoe het hy dit gedoen? Hy sê dat een van sy basiese maniere om te oorleef was om gedeeltes uit die Skrif wat hy gememoriseer het, aan te haal. Die Skrif was sy onsigbare swaard om die wreedste wapens van die vyand af te weer. Deur innerlik op die krag van God te fokus om hom te onderhou en te versterk, kon hy bo sy omstandighede uitstyg. Teksverse wat hy jare gelede gememoriseer en oor gemediteer het, het sy gebede van verlossing geword.

Wanneer jy oor God en sy Woord mediteer en sy vele beloftes en dade van getrouheid onthou, groei jou geloof en jou vrese verdwyn (sien Romeine 10:17). Dawid het dit goed verstaan. Hy het baie keer in sy pogings om die toorn van koning Saul te ontsnap, die grootheid van God onthou en is hy versterk. ‘Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus’ (Psalm 16:7 NLV). Doen jouself ‘n groot guns: Begin om oor God se Woord te mediteer en dit te memoriseer.

Sielskos: Hand 1:1-3:10; Matt 2:1-12; Ps 127; Spr 10:19-21

Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer

2026-04-14
2 Kronieke 16:9 NLV

God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag in die spieël kyk en met vertroue sê: ‘God, U het my hierdie verantwoordelikheid gegee en die vermoë om daarop te reageer.’ Wanneer God gewone mense in die Bybel geroep het om groot dinge te doen, het hulle gewoonlik met ‘n gevoel van ontoereikendheid gereageer.

Toe God Moses opdrag gegee het om die Israeliete uit Egiptiese slawerny te lei, het Moses “… by die Here gepleit: ‘Ag Here, ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas'” (Eksodus 4:10 NLV). God wou egter nie verskonings hoor nie en het vir Moses gesê: ‘Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê’ (Eksodus 4:12 NLV).

Toe God vir Gideon gesê het om die Israeliete na oorwinning teen die magtige leër van Midian te lei, lees ons: “Maar Gideon sê vir Hom: ‘Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid van my gesin.’ ‘Ek is dan saam met jou!’ het die Here vir hom gesê. ‘Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg'” (Rigters 6:15-16 NLV). Gideon het ‘n leër van 135 000 met slegs 300 soldate – plus God – verslaan.

Die volgende keer wat Satan jou dus herinner dat jy ontoereikend is, sê: ‘Jy is reg! Maar ek is egter verbonde aan ‘n God wat almagtig, alwetend en altyd teenwoordig is. Deur Hom is ek tot alles in staat!’ (sien Filippense 4:13).

Sielskos: Joël 1-3; Matt 1:18-25; Ps 43; Spr 10:17-18

Responsibility and the “ability to respond”


2 Chronicles 16:9 NKJV

God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with confidence, “God, You’ve given me this responsibility and the ability to respond to it.” In the Bible, when God called regular people to do great things, they usually responded with a sense of inadequacy.

When God charged Moses to lead the Israelites out of Egyptian bondage: “Moses pleaded, ‘O Lord, I’m just not a good speaker. I never have been, and I’m not now, even after you have spoken to me… I have a speech impediment” (Exodus 4:10 TLB). God wouldn’t hear of it, and He told Moses, “Go ahead and do as I tell you, for I will help you to speak well, and… tell you what to say” (Exodus 4:12 TLB).

When God told Gideon to lead the Israelites to victory against the powerful forces of Midian, we read: “‘Pardon me, my lord,’ Gideon replied, ‘but how can I save Israel? My clan is the weakest in Manasseh, and I am the least in my family.’ The Lord answered, ‘I will be with you, and you will strike down all the Midianites, leaving none alive'” (Judges 6:15-16 NIV). Gideon conquered an army of 135,000 with only 300 soldiers – plus God. That’s a ratio of 450 to 1!

So next time Satan reminds you that you are inadequate, say: “You’re correct! But I’m connected to a God who is all-powerful, all-knowing, and always present. Through Him I can do all things!” (see Philippians 4:13).

Soul food: Joel 1-3; Matt 1:18-25; Ps 43; Prov 10:17-18

‘Ek stel die Here altyddeur voor my’

2026-04-13
Psalm 16:8 AFR53

Sê hierdie woorde ‘n paar keer hardop en laat dit in jou gedagtes rondrol: ‘Ek stel die Here altyddeur voor my.’ Neem tyd om na te dink hoe dit werklik in jou lewe ervaar kan word. Hoe sou dit wees om met God in jou gedagtes wakker te word? Hoe sou dit snags voel as jy bewus is van Hom terwyl jy aan die slaap raak? Hoe sou jou gesprekke met ander mense wees as God as die onsigbare derde party teenwoordig is? Hoe sou werk of skool wees as jy voortdurend bewus van God is en met Hom kommunikeer terwyl jy in jou kantoor of by jou lessenaar sit, sy hulp en leiding vra en nie die las alleen probeer dra nie?

Dit is immers sy belofte aan jou: ‘Gee jou kommer oor aan die Here, Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie’ (Psalm 55:23 NLV). Dink na oor die idee dat die Here ‘aan jou regterhand’ is. In die Skrif word die regterhand as die hand van krag en die een wat die werk doen, beskou. Dink nou oor hierdie woorde na: ‘ek [sal] nie wankel nie’ (Psalm 16:8 AFR53).

Stel jou voor dat jy slegte nuus ontvang of teenstand in die gesig staar; stel jou voor dat ‘n belangrike persoon nie van jou hou nie. Stel jou voor dat dit sleg by jou werk gaan – maar dit skud nie jou fondasies nie. Hoekom nie? Omdat God jou bonatuurlike vrede gee. Is dit die lewe wat jy wil hê? Bid dan: ‘God, ek kies hierdie lewe; wys my wat ek moet doen sodat dit so kan wees.’

Sielskos: Jer 51-52; Matt 1:7-17; Ps 56; Spr 10:14-16

“I have set the Lord always before me”


Psalm 16:8 NKJV

Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord always before me.” Take some time to imagine how this might actually be experienced in your life. What would it be like to wake up with God on your mind? What would it feel like at night if you were aware of Him as you fell asleep? What would your conversations be like with other people if God were the unseen third party present? What would work or school be like if you were continually aware of God and were communicating with Him as you sat in your office or at your desk, asking for His help and guidance, not carrying the burden by yourself?

After all, this is His promise to you: “Give your burdens to the Lord, and he will take care of you. He will not permit the godly to slip and fall” (Psalm 55:22 NLT). Reflect on the idea that the Lord is at your “right hand.” In Scripture, the right hand is considered the hand of power and the one that does the work. Now reflect on these words: “I will not be shaken” (Psalm 16:8 NLT).

Picture yourself receiving bad news or facing opposition; picture someone important who doesn’t like you. Picture your work going badly – but it doesn’t shake you. Why? Because God has given you supernatural peace. Isn’t this the life you want? Then pray, “God, this is the life I choose; show me what I need to do so that it may be so.”

Soul food: Jer 51-52; Matt 1:7-17; Ps 56; Prov 10:14-16