2026-04-27
1 Samuel 3:10-11 NLV
As jy ernstig daaroor is om ‘n werklik interaktiewe verhouding met die Here, waarin julle met mekaar praat en van mekaar hoor, te hê, sal jy kwaliteit, ononderbroke tyd met Hom moet bestee om jou hart vir Hom oop te maak. Toe Samuel uiteindelik gebid het: ‘Ja, Here, u dienaar luister,’ sê die Bybel dat die Here vir Samuel geantwoord het. Dikwels is ons gebed eerder: ‘Luister, Here, want u dienaar spreek.’
Om na God te luister kan ‘n verskeidenheid praktyke behels: om sy Woord te lees, tyd alleen en in stilte in sy teenwoordigheid deur te bring en van God te hoor, net soos ‘n ervare vriend wat jy vertrou. Hier is ‘n voorbeeld daarvan: “Toe hulle buite die dorp kom, sê Samuel vir hom: ‘Gee die jong man opdrag om vooruit te loop, maar jy moet hier bly staan, want ek het ‘n boodskap van God vir jou'” (1 Samuel 9:27 NLV).
Een van die effektiefste maniere om van God te hoor, is deur oor sy Woord te mediteer. Jy sê: ‘Maar ek weet nie hoe om te mediteer nie.’ As jy weet hoe om jou te bekommer, weet jy hoe om te mediteer. In beide bekommernis en meditasie word jou gedagtes en fokus op ‘n sekere ding geplaas. Wanneer jy oor God se Woord mediteer, fokus jy jou gedagtes op die regte ding! God het vir Josua gesê: ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees’ (Josua 1:8 NLV).
Sielskos: Hand 22-23; Matt 5:13-20; Ps 94:1-11; Spr 11:14-15
1 Samuel 3:10-11 NKJV
If you are serious about having a truly interactive relationship with the Lord in which you speak to one another and hear from one another, you will need to spend quality, uninterrupted time opening your heart to Him. When Samuel finally prayed, “Speak, for Your servant hears,” the Bible says, “Then the Lord said to Samuel.” All too often, our prayer is “Listen, God, for Your servant is speaking.”
Listening to God can involve a variety of practices: reading His Word, spending time in solitude and silence, and hearing from God just like a seasoned friend you trust. Here’s an example: “As they were going down to the outskirts of the city, Samuel said to Saul, ‘Tell the servant to go on ahead of us.’ And he went on. ‘But you stand here awhile, that I may announce to you the word of God'” (1 Samuel 9:27 NKJV).
One of the most effective ways of hearing from God is through meditating on His Word. You say, “But I don’t know how to meditate.” If you know how to worry, you know how to meditate. In both worry and meditation, your thoughts and focus are given to a certain thing. When you meditate on God’s Word, you’re focusing your thoughts on the right thing! God told Joshua: “This Book…shall not depart from your mouth [speak it regularly], but you shall mediate [focus] in it day and night, that you may observe to do [act on it] according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success” (Joshua 1:8 NKJV).
Soul food: Acts 22-23; Matt 5:13-20; Ps 94:1-11; Prov 11:14-15
2026-04-26
Jakobus 5:19 DB
Die Bybel sê: ‘Liewe Christene, sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan? Wel, iemand wat so ‘n persoon weer op die regte pad help, help hom om nie sy lewe weg te gooi nie’ (vers 19 DB). Dit beteken dat ons ander mense moet help. Dit beteken ook dat ons nooit ons oortuigings eenkant toe moet skuif nie. As ons nie ‘n doelbewuste poging aanwend om naby die waarheid van God se Woord te bly nie, sal ons daarvan afdwaal. Ons leef immers in ‘n wêreld met baie afleidings. Vandag is baie mense op soek na antwoorde en aanvaarding en onderskat dus die belangrikheid van die waarheid soos dit in God se Woord geopenbaar word.
Die apostel Paulus het aan sy opvolger Timoteus geskryf: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het’ (2 Timoteus 3:14 NLV). Hy het ook vir Timoteus aangemoedig: ‘Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg. Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie… Voltooi die bediening wat God jou gegee het’ (2 Timoteus 4:2-5 NLV).
Die woord vir jou vandag is dus – bly getrou aan die waarheid van God se Woord.
Sielskos: Matt 1:18-21; Luk 2:11; Hand 4:8-12
James 5:19 MSG
The Bible says, “If you know people who have wandered off from God’s truth, don’t write them off. Go after them. Get them back and you will have rescued precious lives from destruction” (vv. 19-20 MSG). That means it’s possible for a true believer to do this. It also means we must never put our convictions on the shelf. If we don’t make a deliberate effort to stay close to the truth of God’s Word, we will wander from it. After all, we live in a world with lots of distractions. Today many people are on a quest for “unity at all costs” and are therefore devaluing the importance of the truth as revealed in God’s Word.
Knowing he would soon die as a martyr for his faith, the apostle Paul wrote to his successor Timothy: “Continue in what you have learned and have become convinced of” (2 Timothy 3:14 NIV). Then in 2 Timothy 4:2-5, he encouraged Timothy: “Preach the word; be prepared in season and out of season; correct, rebuke and encourage – with great patience and careful instruction. For the time will come when people will not put up with sound doctrine. Instead, to suit their own desires, they will gather around them a great number of teachers to say what their itching ears want to hear. They will turn their ears away from the truth and turn aside to myths. But you, keep your head in all situations, endure hardship… discharge all the duties of your ministry” (NIV).
So the word for you today is – stay true to the truth of God’s Word.
Soul food: Matt 1:18-21; Luke 2:11; Acts 4:8-12
2026-04-25
Jesaja 48:15 NLV
As leier moet jy verstaan waarmee jy goed is en weet waar jy hulp benodig. Jou sterk- en swakpunte maak jou nie verkeerd of reg nie; hulle maak jou net wie jy is. Min mense behaal op hul eie sukses. Dink aan ‘n akteur in ‘n toneelstuk. Hy is dalk die een wat in die kollig is; met perfekte hare, grimering en kostuum; wat aangrypende woorde voordra en al die applous kry. Hy het die toneelstuk egter nie alleen op die planke gebring nie. Hy moes op die kostuumontwerper vir die uitrusting wat hy dra, die haar- en grimeerkunstenaars wat hom foutloos laat lyk, die dramaturg wat die woorde geskryf het en die beligting- en klankspanne wat die verhoog voorberei, staatmaak. Goeie leiers is wys genoeg om hulself met mense wat sterkpunte het wat hulle s’n aanvul, te omring. Hulle is steeds in beheer, maar hulle het spanne wat hulle help om hul visie te bereik.
Jy is ‘n leier in ‘n sekere area van jou lewe – huis, familie, werk, kerk – en jy weet dat leierskap uitdagings het. Alhoewel daar beslis baie voordele aan die pos verbonde is, moet ‘n leier ook konflik, kontroversie en teenstanders wat dink dat hulle beter weet, hanteer. Dit is deel van die posbeskrywing. Jy kan egter nie toelaat dat ander mense jou daarvan weerhou om jou doelwitte te bereik nie. Nie almal sal jou aanmoedig nie. Dis maar net ‘n feit van die lewe. As jy ‘n effektiewe leier wil wees, moet jy vashou aan jou visie, ‘n wonderlike span bou om jou te help en op God se belofte staan: ‘…Ek het [jou] laat kom. [Jy] sal suksesvol wees in wat [jy] moet doen.’
Sielskos: Hand 20-21; Matt 5:6-12; Ps 144:9-15; Spr 11:12-13