Ten volle betaal

2026-04-30
Matteus 18:21 ABA

Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of drie kanse, maar niks meer nie. God gee egter nooit moed op met ons nie. Dit is nie in sy aard nie. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoeveel keer hy sy medegelowiges moes vergewe, het Jesus die goue standaard gestel. ‘…Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal’ (vers 22 ABA).

Jesus vertel dan die gelykenis van ‘n koning wat sy dienaar se skuld van tienduisend talente kwytgeskeld het. Een talent het altesaam 180 maande se lone beloop – dis vyftien jaar se lone! En dis net vir een talent. ‘n Skuld van 10 000 talente sou dus altesaam 150 000 jaar se lone beloop. Met vandag se gemiddelde lewensverwagting sou dit sy dienaar 2 232 leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Natuurlik was die gemiddelde lewensverwagting in die eerste eeu minder as die helfte van wat dit nou is, so dit sou twee keer soveel leeftye geneem het om die skuld af te betaal.

Kom ons sit nou hierdie skuld in rande om. Deur ‘n minimumloon van R28.79 te gebruik, kan ons aanneem dat ‘n gemiddelde persoon Maandag tot Vrydag, van nege tot vyf werk. Dis ‘n jaarlikse inkomste van R67 638.60. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar as jy dit met 150,000 jaar vermenigvuldig, is dit altesaam R10,105,290,000 (drie kommas beteken miljarde).

Die wonderlike waarheid is dat op grond van wat Christus aan die kruis bereik het, is jou sondeskuld – verlede, hede en toekoms – ten volle betaal. Dis ‘n waarheid waarin jy vertroue kan hê en waarop jy kan staan.

Sielskos: Deut 1-2; Matt 5:38-48; Ps 2; Spr 11:22-23

Rely on God, not yourself

2026-04-29
2 Corinthians 1:9 NLT

Several men went on a mission trip to Haiti where they met a nineteen-year-old young man who loved Christ deeply. So they invited him to visit them in America and paid for his trip. The young Haitian felt as if he were in another world. He’d never slept between sheets, had three meals a day, used indoor plumbing, or tasted a hamburger. When it was time to return to Haiti, they asked him for his impressions of what he’d experienced, and he replied: “I have really enjoyed my time here with you. But I am also very glad to be going home. You have so much in America that I’m beginning to lose my grip on my day-to-day dependency on Christ.”

Paul spoke of a time of trouble in Asia in which he was “crushed and overwhelmed” (2 Corinthians 1:8 NLT). Then he wrote: “As a result, we stopped relying on ourselves and learned to rely only on God” (v. 9 NLT). And God wants to bring you to that place also. Yes, He wants you to use the gifts and resources He has provided, but His desire is that you rely completely on Him. Only then can He provide everything He desires to give you, because then you will be open, ready, and mature enough to receive it.

“Trust in the Lord with all your heart; do not depend on your own understanding. Seek his will in all you do, and he will show you which path to take. Don’t be impressed with your own wisdom. Instead, fear [reverence, respect, obey] the Lord” (Proverbs 3:5-7 NLT).

Soul food: Acts 27-28; Matt 5:27-37; Ps 35; Prov 11:19-21

Vertrou op God, nie op jouself nie


2 Korintiërs 1:9 ABA

‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi om hulle in Amerika te besoek en vir sy reis betaal. Die jong Haïtiaan het gevoel asof hy in ‘n ander wêreld beland het. Hy het nog nooit tussen lakens geslaap, drie maaltye per dag gehad, binnenshuise loodgieterswerk gebruik of ‘n hamburger geproe nie. Toe dit tyd was om na Haïti terug te keer, het hulle hom oor sy indrukke en alles wat hy ervaar het, uitgevra. Hy het geantwoord: ‘Ek het my tyd hier saam met julle baie geniet. Maar ek is ook baie bly om huis toe te gaan. Julle het soveel luukshede in Amerika dat ek my greep op my daaglikse afhanklikheid van Christus begin verloor het.’

Paulus vertel van ‘n tyd van swaarkry in die provinsie Asië waarin hy begin moed verloor en oorweldig gevoel het (sien 2 Korintiërs 1:8). Hy skryf egter verder: ‘…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…’ (vers 9 ABA). God wil jou ook op daardie plek bring. Ja, Hy wil hê dat jy die gawes en hulpbronne wat Hy voorsien het moet gebruik, maar sy begeerte is dat jy ten volle op Hom sal staatmaak. Slegs dan kan Hy alles voorsien wat Hy begeer om vir jou te gee, want dan sal jy ontvanklik, gereed en volwasse genoeg wees om dit te ontvang.

‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is’ (Spreuke 3:5-7 NLV).

Sielskos: Hand 27-28; Matt 5:27-37; Ps 35; Spr 11:19-21

Overcoming envy

2026-04-28
Proverbs 27:4 KJV

Unlike jealousy, which is the fear of being displaced, envy is ill-will toward those who possess something you want. Jealousy says, “I’m afraid you are going to take what I have.” Envy says, “I want what you have, and I resent you for having it!” Envy is one of the most frequently concealed emotions. You may be more likely to admit to an uncontrollable temper, a phobia, or any other negative emotion than to acknowledge that you are envious.

Envy inevitably leads to resenting and criticizing the person you envy. And once you allow envy and resentment to enter your heart, they act like free radicals producing an emotional cancer. Eventually they will manifest themselves in some destructive way, whether it is in the form of taking mood-altering substances, overeating, shopping excessively, lashing out, being sarcastic, or physically harming others.

If you harbor envy toward someone, it’s time to deal with it. David wrote: “You desired faithfulness even in the womb; you taught me wisdom in that secret place. Cleanse me with hyssop, and I will be clean; wash me, and I will be whiter than snow” (Psalm 51:6-7 NIV). If you covet what someone else has, ask yourself, “Am I willing to pay the price they paid to obtain it?”

The world has a saying: “There is no such thing as a free lunch.” Everything – except salvation – has a price tag. So, whether you want to be thin, rich, educated, or whatever, stop envying the success of others, and ask God to help you succeed in the assignment He has given you for your life.

Soul food: Acts 24-26; Matt 5:21-26; Ps 94:12-23; Prov 11:16-18

Oorkom afguns


Spreuke 27:4 NLV

Afguns is ‘n wrok teenoor diegene wat iets besit wat jy wil hê. Jaloesie sê: ‘Ek is bang jy gaan neem wat ek het.’ Afguns sê: ‘Ek wil hê wat jy het en ek neem jou kwalik omdat jy dit het!’ Afguns is een van die mees versteekte emosies. Jy is meer geneig om ‘n onbeheerbare humeur, ‘n fobie of enige ander negatiewe emosie te erken, as om te erken dat jy afgunstig is.

Afguns lei onvermydelik tot ‘n wrok en kritiek teenoor die persoon wat jy beny. Sodra jy toelaat dat afguns en wrokkigheid jou hart binnedring, begin dit emosionele kanker word. Uiteindelik sal dit op ‘n vernietigende manier manifesteer, soos om dwelms te neem wat jou bui verander, te veel te eet, oormatige inkopies te doen, woedeuitbarstings, om sarkasties te wees of ander mense fisies leed aan te doen.

As jy afguns teenoor iemand koester, is dit tyd om dit te hanteer. Dawid het geskryf: ‘Maar U verwag waarheid uit die hart. Diep in my binneste maak U u wysheid bekend. Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees’ (Psalm 51:8-9 NLV). As jy iets wat iemand anders het begeer, vra jouself af: ‘Is ek bereid om dieselfde prys te betaal as wat hulle betaal het om dit te verkry?’

Daar is ‘n gesegde: ‘Daar is nie so iets soos ‘n gratis middagete nie.’ Alles – behalwe verlossing – het ‘n prys. Dus, of jy nou maer, ryk, geleerd of wat ook al wil wees, hou op om afgunstig op ander mense se sukses te wees en vra God om jou te help om te slaag in die opdrag wat Hy jou vir jou lewe gegee het.

Sielskos: Hand 24-26; Matt 5:21-26; Ps 94:12-23; Spr 11:16-18