Vry van skuld en oordeel

2026-05-07
Openbaring 12:10 NLV

Satan word ‘die aanklaer van ons medegelowiges’ genoem omdat hy probeer om ons aan alles wat ons verkeerd gedoen het, te herinner. Hoekom? Sodat al ons emosionele energie aan die verlede bestee word en ons niks oor het om groot drome mee te droom of ons Godgegewe lewensopdrag mee te vervul nie. Die ironie van sy beskuldigings is die volgende: Hy laat ons onbelyde sondes met rus. Hoekom slapende honde wakker maak? Hy wil jou nie aan jou onbelyde sonde herinner nie. Hy herinner jou aan sondes wat jy reeds bely het – sondes wat reeds vergewe is. Daarom is dit valse beskuldigings; die sondes is reeds vrygespreek.

Ons moet egter ‘n kritiese onderskeid tref. Veroordeling is om skuldig oor belyde sonde te voel, terwyl oortuiging nodig is om oor onbelyde sonde skuldig te voel. Oortuiging is die manier waarop ons die saak met God regmaak en met ons lewe aangaan. Leer dus om op die oortuigende stem van die Heilige Gees te fokus en die veroordelende stem van die vyand te ignoreer. Die Bybel sê: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV).

As ons onskuldig pleit en nie ons sondes bely nie, is ons skuldig aan dit waarvan ons aangekla word. As ons egter oor ons sondes skuldig pleit, word ons onskuldig bevind en God bewaar en beskerm ons. Ons rekord van sonde word heeltemal uitgewis. Jy kan ook nie twee keer vir dieselfde sonde verhoor word nie. Sodra jy dit bely het, word jou sonde eens en vir altyd vergewe. Die sondelose Seun van God het die skuld geneem, die houe verduur en die val namens jou gedra (sien 1 Johannes 3:5).

Sielskos: Deut 18-21; Matt 8:18-34; Ps 44:1-8; Spr 12:7-9

Free from guilt and condemnation


Revelation 12:10 NKJV

Satan is called “the accuser of our brethren” because he tries to remind us of everything we’ve done wrong. Why? So that all our emotional energy is spent on the past, and we’ve nothing left over to dream God-sized dreams or fulfill our God-given assignment in life. The irony of his accusations is this: he leaves our unconfessed sins alone. Why wake a sleeping dog? He’d rather you don’t deal with unconfessed sin at all. His accusations pinpoint confessed sin – sins that have already been forgiven. That is why they are false accusations; the sins have already been acquitted.

Now let’s stop and make a critical distinction. Condemnation is feeling guilty over confessed sin, whereas conviction is feeling guilty over unconfessed sin. Conviction is the way we get right with God and get on with our lives. So, learn to tune in the convicting voice of the Holy Spirit and tune out the condemning voice of the enemy. The Bible says: “If we confess our sins, He is faithful and just to forgive us our sins and to cleanse us from all unrighteousness” (1 John 1:9 NKJV).

If we plead innocent, we’re guilty as charged. Even Jesus our advocate can’t come to our defense. But if we plead guilty as charged, we’re found innocent, and we come under God’s protective custody. Our record of wrong is completely expunged. And there is no double jeopardy – you cannot be tried twice for the same sin. Once confessed, your sins are forgiven once and for all. The sinless Son of God took the blame, took the hit, and took the fall for you (see 1 John 3:5).

Soul food: Deut 18-21; Matt 8:18-34; Ps 44:1-8; Prov 12:7-9

Lewe vir ‘n saak groter as jouself

2026-05-06
Josua 14:12-13 NLV

Toe Moses vir Kaleb gestuur het om die Beloofde Land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom gepla het: die dorp Hebron. Abraham het sy vrou daar begrawe en hy is self daar begrawe. So ook Isak en Jakob. Hebron was ‘n heilige plek. Nou het hulle vyande dit egter bewoon. Dit was meer as wat hy kon verduur, dus het hy Hebron vir Moses gevra. Hy het nie gevra vir Jerusalem, geleë op die berg Moria; of die Eskol-vallei, waar druiwe so groot soos pruime gegroei het; of Jerigo, waar die Jordaanrivier gevloei het nie. Hy wou Hebron hê, wat se grond deur engele besoek is en in wie se aarde die heiligste familie begrawe was. ‘Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.’ Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het volgens ‘n hoër roeping geleef. Miskien is die rede hoekom jou probleme so groot voel, dat jou roeping te klein is.

Max Lucado vertel van ‘n doktervriend wat gereeld mediese reise na afgeleë klinieke onderneem het om die plaaslike minderbevoorregtes te behandel. Hy was ‘n afgetrede chirurg met ‘n ruim inkomste. Hy kon elke dag van sy lewe in gemak en luuksheid deurbring. Hy het egter daarop gefokus om hierdie afgeleë gesondheidsklinieke vir sy eie beswil te ondersteun: ‘Ek het ‘n saak nodig wat groter is as laat slaap, televisie kyk en blokraaie invul,’ het hy gesê. ‘As ek op my eie gemak fokus, kan niks my tevrede stel nie. Wanneer ek egter op God se belange fokus, is ek ‘n gelukkige man.’

Het jy ‘n heilige saak om voor te leef? ‘n Geloof in iets om te koester? ‘n Sendingsreis om voor te leef? Vra God om jou ‘n ‘Hebron’ te gee om tot sy eer op te eis.

Sielskos: Deut 14-17; Matt 8:1-17; Ps 37:32-40; Spr 12:4-6

Live for a cause greater than yourself


Joshua 14:12-13 NKJV

When Moses sent Caleb to spy out the Promised Land, Caleb saw something that troubled him: the town of Hebron. Abraham buried his wife there. He was buried there. So were Isaac and Jacob. Hebron was a sacred site. Now it was inhabited by their enemies, and it bothered Caleb. It was more than he could take, so he asked Moses for Hebron. He didn’t ask for Jerusalem, perched on Mount Moriah; or the Valley of Eschol, where grapes grew as large as plums; or Jericho, where the Jordan River flowed. He wanted Hebron, whose soil had known the visitation of angels and whose earth entombed the holiest family. “Joshua blessed him, and gave Hebron to Caleb.” Caleb wanted to do something great for God. He lived with a higher call. Perhaps the reason your problems feel so great is that your call is too small.

Max Lucado tells of a doctor friend who makes regular medical trips to a remote jungle clinic to treat the disadvantaged. He’s a retired surgeon with ample income. He could spend every day of his life in ease and luxury. But he focuses on supporting the health clinic for his own good: “I need a cause that is greater than cable TV and Cadillacs,” he said. “If I focus on my comfort, nothing can satisfy me. But when I focus on the concerns of God, I am a happy man.”

Do you have a holy cause? A faith worth preserving? A mission worth living for? Ask God to give you a “Hebron” to claim for His glory.

Soul food: Deut 14-17; Matt 8:1-17; Ps 37:32-40; Prov 12:4-6

Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie

2026-05-05
2 Korintiërs 4:17 AFR83

Maak nie saak watter beproewing jy vandag deurmaak nie, herinner jouself: ‘Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie.’ As die vervulling van die visioen wat God jou gegee het, langer neem as wat jy gedink het, herinner jouself: ‘Dit gaan nog gebeur!’

In sy biografie, God in My Corner, vertel die tweemalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman ‘n verhaal van ‘n bejaarde vrou wat oor haar gunsteling Bybelvers uitgevra is. Sy het geantwoord: ‘Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…’ Sy het verduidelik hoekom: ‘Ek weet dat wanneer ek deur ‘n beproewing gaan, dit nie daar is om te bly nie; dit kom – en dit gaan weer verby.’

Die ander kant van hierdie muntstuk is as volg: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). Met ander woorde, Hy sal die slegte tye laat verbygaan en dit in vreugde laat eindig! God voltooi altyd wat Hy begin. ‘Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…’ (Habakuk 2:3 NLV).

Terwyl hy teen ‘n lewensgevaarlike siekte gestry het en sy vyande sy troon wou oorneem, het Dawid hom tot die Here vir hulp gewend. God het hom nie teleurgestel nie. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en staan daarop: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde’ (Psalm 30:6 NLV). ‘U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd’ (Psalm 30:12-13 NLV).

Sielskos: Deut 11-13; Matt 7:15-29; Ps 37:25-31; Spr 12:1-3