2026-05-10
2 Korintiërs 5:18 NLV
Paulus het geskryf: ‘Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie. Die boodskap van die versoening het Hy aan ons opgedra om te gaan verkondig. Ons tree op as ambassadeurs vir Christus terwyl God deur ons ‘n appèl aan julle rig. Ons smeek julle ter wille van Christus: Kom tot versoening met God!’ (verse 17-20 NLV).
Soms is ons eerste reaksie wanneer ons hoor dat ‘n medegelowige geval het, om na die foon te hardloop en te sê: ‘Het jy daarvan gehoor?’ Of om ‘n beskuldigende vinger te wys. Of om onsself van daardie persoon te distansieer op die presiese tydstip wanneer hy of sy ons gebede, liefde en ondersteuning nodig het. Die Bybel sê: ‘Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê… Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV).
Eerder as om by diegene aan te sluit wat beskuldigende vingers wys, moet ons bekend staan as mense wat ‘n helpende hand uitsteek. Jesus het dit met Simon Petrus gedoen: ‘…die Satan het ernstig geëis om julle soos koring te kan sif, maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun’ (Lukas 22:31-32 NLV). Net soos God herhaaldelik sy genade aan jou bewys wanneer jy te kort skiet, roep Hy jou om dieselfde genade aan ander te bewys.
Sielskos: Ps 91:1-2; Spr 3:5-6; Jer 17:7-8
2026-05-09
Romans 12:6 NKJV
If you study famous musicians, you’ll often find that they learned their craft by playing in a band or orchestra. That’s because certain skills – learning to blend with other instruments, keeping tempo, learning to play louder or softer, following the conductor’s lead – can only be learned by playing with others.
And what’s true of a band or orchestra is even truer of a community of believers. Jesus illustrated this in His famous parable of the talents (see Matthew 25:14-30). One man was given five talents and ended up with ten. Another man was given two talents and ended up with four. A third man was given one talent, and he buried it. In a sense, Jesus was talking about people playing their parts and how important that is to God’s kingdom.
Not everyone plays the same instrument, and not everyone has the same part. Some instruments are louder than others, and some parts are bigger than others. It’s not how much you have that matters to Jesus; it’s what you do with what you have that matters to Him. There are no insignificant talents in God’s kingdom. Our talents may differ in amount, but they all come from the same source.
All Christ wants you to do is play your part. He does not expect the same results, but He does expect the same effort. He never compares you with anyone else. He compares you only with you. He doesn’t look at what you have; He looks at what you do with what you have. So just play your part.
Soul food: Deut 25-27; Matt 9:14-26; Ps 44:17-26; Prov 12:12-14
Romeine 12:6 NLV
Wanneer jy bekende musikante bestudeer, sal jy dikwels vind dat hulle hul kuns aangeleer het deur in ‘n orkes te speel. Dit is omdat sekere vaardighede – om te leer om met ander instrumente saam te smelt, tempo te handhaaf, om harder of sagter te speel, die dirigent se leiding te volg – slegs aangeleer kan word deur saam met ander mense te speel.
Wat waar is van ‘n orkes, is selfs meer waar van ‘n gemeenskap van gelowiges. Jesus het dit geïllustreer in sy bekende gelykenis van die talente (sien Matteus 25:14-30). Aan een man is vyf talente gegee en het uiteindelik tien gekry. Aan ‘n ander man is twee talente gegee en het uiteindelik vier gekry. Aan ‘n derde man is een talent gegee, wat hy gaan begrawe het. In ‘n sekere sin het Jesus oor mense wat hulle deel doen en hoe belangrik dit vir God se koninkryk is, gepraat.
Nie almal speel dieselfde instrument nie en nie almal vertolk dieselfde rolle nie. Sommige instrumente is harder as ander en sommige rolle is groter as ander. Dit is nie hoeveel jy het wat vir Jesus saak maak nie; maar wat jy met dit wat jy het, doen. Daar is geen onbeduidende gawes in God se koninkryk nie. Ons gawes mag dalk in grootte verskil, maar kom almal van dieselfde bron af.
Al wat Christus wil hê jy moet doen, is om jou deel te doen. Hy verwag nie dieselfde resultate nie, maar Hy verwag wel dieselfde inspanning. Hy vergelyk jou nooit met iemand anders nie. Hy vergelyk jou net met jouself. Hy kyk nie na wat jy het nie; Hy kyk na wat jy doen met dit wat jy het. Doen dus net jou deel.
Sielskos: Deut 25-27; Matt 9:14-26; Ps 44:17-26; Spr 12:12-14
2026-05-08
Lukas 24:16 DB
Wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar, is dit maklik om perspektief te verloor. Dit het met twee van Christus se dissipels op die Emmauspad gebeur. Ontmoedig oor sy dood, was hulle ‘…ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek. Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. Maar hulle het Hom nie herken nie’ (verse 14-16 DB). Wanneer jy jou oë van Jesus afhaal, begin jy hulpeloos oor jou situasie voel.
Dr Michael Youssef sê: ‘Wanneer ek ‘n groot krisis in die gesig staar, is ek geneig om die soort persoon te wees wat se visie vaag word. My persepsies word verdraai. My argumente word eensydig. Ek sluit dikwels die einste mense wat my van die probleem kan verlos uit, net soos daardie twee dissipels gedoen het. Hul visie oor die persoon wat saam met hulle geloop en met hulle gepraat het, was vaag. Die een wie se dood hulle betreur het, was lewend, maar hulle het dit nie besef nie, want hulle het op die verkeerde dinge gefokus.’
Alles het egter verander die oomblik toe hulle Jesus herken het. ‘Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan… Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het deur die breking van die brood’ (verse 33-35 NLV). In ‘n oomblik het hulle vrees in moed, hulle pyn in vreugde en hulle wanhoop in hoop verander.
Paulus het geskryf: ‘Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak…’ (Efesiërs 1:18 DB). Wanneer jy ophou om op die probleem te fokus en jou oë op Jesus vestig, kry jy 20/20-visie en word jy met hoop vervul.
Sielskos: Deut 22-24; Matt 9:1-13; Ps 44:9-16; Spr 12:10-11
Luke 24:16 MSG
When you face a crisis it’s easy to lose perspective. It happened to two of Christ’s disciples on the Emmaus Road. Discouraged about His death, they were ‘going over all these things that had happened. In the middle of their… questions, Jesus came up and walked along with them. But they were not able to recognise who he was’ (vv. 14-16 MSG). When you take your eyes off Jesus, you start to feel helpless about your situation.
Dr Michael Youssef says: ‘Facing a major crisis, I tend to be the kind of person whose vision becomes blurred. My perceptions are shot. My contemplations are one-sided. I often shut out the very people who can deliver me, just like those two disciples… Their vision was blurred about the person who was walking with them and talking to them. The one whose death they were mourning was alive… but they didn’t realise it because their focus was on the wrong thing.’
But everything changed the minute they recognised Jesus. ‘Within the hour they were on their way back to Jerusalem. There… the two… told… how Jesus had appeared to them as they were walking along… and how they had recognised him as he was breaking the bread’ (vv. 33-35 NLT). Note the words ‘within the hour’. In an instant they went from fear to courage, pain to joy, and despair to hope.
Paul wrote, ‘I pray that the eyes of your heart may be enlightened’ (Ephesians 1:18 NIV). When you stop focusing on the problem and fix your eyes on Jesus, you get 20/20 vision and you’re filled with hope.
Soul food: Deut 22-24; Matt 9:1-13; Ps 44:9-16; Prov 12:10-11