Blessings beyond your imagination

2026-07-20
Ephesians 3:20 NIV

Pastor Heidi Scanlon said: “God has blessings for us in categories we don’t even know exist.” That means God can create something out of nothing. He can seemingly come out of nowhere, and just when you need Him most, give you something you don’t even have a category for. God says: “‘For my thoughts are not your thoughts, neither are your ways my ways,’ declares the Lord. ‘As the heavens are higher than the earth, so are my ways higher than your ways and my thoughts than your thoughts'” (Isaiah 55:8-9 NIV).

You say, “If God has blessings that I don’t even have categories for, how can I ask for them?” That’s where the Holy Spirit, who dwells within you, comes to your aid: “We do not know what we ought to pray for, but the Spirit himself intercedes for us… in accordance with the will of God” (Romans 8:26-27 NIV). And because the Holy Spirit prays in accordance with the will of God, you are blessed with wisdom beyond your knowledge, power beyond your strength, and favour beyond your ability.

Paul put it this way: “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen” (Ephesians 3:20-21 NIV).

Now you still must do your due diligence, for God cannot bless negligence. But when you know you’ve faithfully done your part and obeyed God, you can trust Him for blessings beyond your imagination.

Soul food: 1 Tim 4-6; Matt 27:27-32; Ps 146; Pro 18:23-24

Seëninge wat jy jou nie eers kan indink nie


Efesiërs 3:20 NLV

Pastoor Heidi Scanlon sê: ‘God het seëninge vir ons in kategorieë wat ons nie eers weet bestaan nie.’ Dit beteken dat God iets uit niks kan skep. Hy kan onverwags uit die niet verskyn en net wanneer jy Hom die nodigste het, jou iets gee waaraan jy nie eers gedink het nie. God sê: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie… Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV).

Jy vra: ‘As God seëninge het wat ek my nie eers kan indink nie, hoe kan ek daarvoor vra?’ Dis waar die Heilige Gees, wat in jou woon, jou help: ‘…die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op… in harmonie met God se wil vir die gelowiges…’ (Romeine 8:26-27 NLV). Omdat dit wat die Heilige Gees bid in ooreenstemming met God se wil is, word jy met wysheid wat bo jou kennis is, met krag wat bo jou krag is, en met guns wat bo jou vermoë is, geseën.

Paulus het dit so gestel: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen’ (Efesiërs 3:20-21 NLV).

Jy moet egter steeds jou plig doen, want God kan nie nalatigheid seën nie. Wanneer jy egter weet dat jy jou deel getrou gedoen het en God gehoorsaam het, kan jy Hom vertrou vir seëninge waaraan jy nie eers kan dink nie.

Sielskos: 1 Tim 4-6; Matt 27:27-32; Ps 146; Spr 18:23-24

Staan vas

2026-07-19
1 Korintiërs 15:58 NLV

In die dae toe groot beesplase volop in Amerika was, is ‘n klein esel soms aan ‘n wilde perd vasgemaak en dan op die vlaktes losgelaat. Die wilde perd sou die esel kilometers ver sleep en hom soos ‘n sak voer rondgooi. Binne ‘n paar dae sou hulle egter terugkeer. Die klein esel sou eerste opgemerk word, waar hy terug plaas toe met sy onderdanige perd draf. Iewers op die vlaktes sou die perd uitgeput raak en homself van die esel probeer losmaak. Op daardie oomblik het die esel die meester van die twee geword. Die stadige, geduldige, onbelangrike dier het die leier van die vinniger, meer wispelturige en meer gewaardeerde een geword.

Wat het die verskil gemaak? Om ‘n standvastige doel te hê! Wat was die esel se doel? Om terug huis toe te gaan! Dus, maak nie saak hoeveel keer die perd baklei het, aan die tou getrek het en op sy rug beland en woedend geskop het nie, die esel het elke keer wat hy weer op sy voete gekom het, nog ‘n paar treë in die rigting van die plaas gegee. Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat die moeë en uitgeputte perd besluit om by hom in te val.

Een van die groot temas van die Skrif is om ‘n standvastige doelwit te hê. Samuel het vir die Israeliete gesê: ‘Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie’ (1 Samuel 12:21 ABA). Jesaja het geskryf: ‘…Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie’ (Jesaja 50:7 NLV). Paulus het geskryf: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…’

Sielskos: Matt 5:10; 2 Kor 4:8-10; Rom 12:14

Be steadfast


1 Corinthians 15:58 NKJV

Back in the days of the great western cattle ranches in America, a little burro would sometimes be harnessed to a wild horse and then turned loose onto the range. The wild horse would drag the burro for miles, throwing him around like a bag of feed. In several days, however, they would return. The little burro would be seen first, trotting back toward the ranch with his submissive steed in tow. Somewhere out in the wild, the horse would become exhausted and try to free itself of the burro. At that moment, the burro became the master of the two. The slow, patient, unimportant animal became the leader over the faster, more volatile, and more prized one.

What made the difference? Having a steadfast purpose! And what was the burro’s purpose? Going back home to the ranch! So, no matter how many times they fought, tugged on the rope, and ended up on their backs kicking and fuming, each time the burro got back on his feet, he would take a few more steps in the direction of the ranch. It was only a matter of time until the tired and exhausted horse decided to join him.

One of the great themes of Scripture is having a steadfast purpose. Samuel told the Israelites: “Do not turn aside; for then you would go after empty things which cannot profit or deliver” (1 Samuel 12:21 NKJV). Isaiah wrote: “I have set My face like a flint, and I know that I will not be ashamed” (Isaiah 50:7 NKJV). Paul wrote: “Be steadfast, immovable, always abounding in the work of the Lord.”

Soul food: Matt 5:10; 2 Cor 4:8-10; Rom 12:14

Jy sal jou Jerigo oorwin (2)

2026-07-18
Josua 5:13 NLV

Laat in Januarie 1956 het dr Martin Luther King Jr. ‘n dreigende telefoonoproep by sy huis ontvang. Dit was nie die eerste onheilspellende boodskap wat hy ontvang het nie. Op hierdie nag, terwyl sy kinders en sy vrou geslaap het, was die gewig van die Burgerregtebeweging vir hom te swaar. Hy het besluit dat die risiko te groot is. Hy het begin om ‘n uittreestrategie neer te skryf. Om middernag het hy sy kop by die kombuistafel gebuig en begin bid: ‘Ek is bang. Die mense kyk na my vir leierskap en as ek sonder krag en moed voor hulle staan, sal hulle ook wankel. Ek het die einde van my kragte bereik. Ek het niks oor nie. Ek het by die punt gekom waar ek dit nie alleen kan trotseer nie.’

King beskryf wat volgende met hom gebeur het, as volg: ‘Ek het die teenwoordigheid van die Goddelike ervaar soos ek Hom nog nooit tevore ervaar het nie. Dit het gevoel asof ek die stil versekering van ‘n innerlike stem kon hoor wat sê: ‘Staan op vir geregtigheid, staan op vir die waarheid; en God sal vir ewig aan jou sy wees.’ Toe hy ‘n ontsaglike uitdaging in die gesig gestaar het, het dr King sy fokus verskuif en hom na God gewend.

Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…’ Nadat Josua sy oë van Jerigo af opgelig het, het ‘n goddelike boodskapper voor hom met die oplossing vir sy probleem gestaan. Solank jy jou oë net op jou probleem hou, sal jy nie jou probleemoplosser sien nie. Jy moet opkyk. ‘Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:1-2 NLV).

Sielskos: 1 Tim 1-3; Matt 27:11-26; Ps 140; Spr 18:21-22