2026-07-23
Josua 1:9 NLV
Toe God vir Josua gesê het: ‘My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…’ het die woord ‘wees’ eintlik beteken dat Josua dapper moet ‘word.’ Dapperheid is ‘n eienskap waaraan jy moet werk. Josua was reeds in die Beloofde Land. Hy het geweet dat daar sewe nasies was wat verower moes word. Hy was deeglik bewus van die probleme wat hy sou moes trotseer. Dus het God gesê:
1) ‘Nee, moenie vir daardie nasies bang wees nie, want die Here jou God is by jou en Hy is ‘n groot en ontsagwekkende God’ (Deuteronomium 7:21 NLV). Die taak wat jy op die punt staan om aan te pak, lyk dalk meer soos ‘n slagveld as ‘n piekniek, maar God sal by jou wees. Hy sal jou oplossings vir die probleme en krag vir die gevegte gee.
2) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf…’ (Deuteronomium 7:22 NLV). God sal voor jou uitgaan en alles reël. Hy sal jou help om die regte kontakte te maak en jou van die nodige hulpbronne voorsien.
3) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf. Jy sal hulle nie sommer almal eensklaps kan verdryf nie…’ (vers 22 NLV). God werk aan een area op ‘n slag in ons. Die lewe is nie een groot stryd nie; dis ‘n reeks klein, daaglikse gevegte wat nodig is om die vyande wat in jou pad staan, te verslaan.
Drie-en-twintig hoofstukke later sê God steeds vir Israel om dapper te wees. Dapperheid is soos suurstof; jy kan nie daarsonder oorleef nie. Dis nie die afwesigheid van vrees nie; dis die oorwinning daarvan. Dapperheid beteken om in vrees op te tree, totdat jy jou vrees oorwin.
Sielskos: Esra 1-2; Matt 27:57-66; Ps 1; Spr 19:9-11
2026-07-22
1 Johannes 4:18 NLV
Navorsing toon dat denke wat op liefde gefokus is die norm is, terwyl denke wat op vrees gefokus is aangeleer word. Dit is egter nie nuus as jy na die Skrif kyk nie: ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…’
Die afgelope paar dekades het wetenskaplikes die anatomie en fisiologie van liefde en vrees nagevors. Dit is twee verskillende stelsels en op enige bewuste oomblik sal ons of in die een, of in die ander funksioneer. Wetenskap wys dat wanneer ons in liefde begin funksioneer, ons negatiewe, toksiese gedagtes begin afleer. Ons kan negatiewe vrees afleer – dit is nie deel van ons aangebore natuurlike funksionering nie.
Onlangse neurowetenskaplike navorsing toon dat sommige van die chemikalieë wat die brein vrystel wanneer ons in liefde funksioneer oksitosien insluit, wat letterlik die negatiewe toksiese gedagtes laat wegsmelt sodat herbedrading van nuwe, nie-toksiese stroombane kan plaasvind. Hierdie chemikalieë word ook afgeskei wanneer ons ander vertrou, met hulle verbindings aanknoop en na hulle uitreik. Dus, om te kies om in liefde te funksioneer kan letterlik die vrees uitdryf.
Navorsing toon ook dat wanneer ons goeie dinge doen en in liefde uitreik, endorfiene en serotonien vrygestel word. Dit ontgif ons breine en verhoog ons motivering en wysheid, wat ons help om die lewe meer suksesvol te hanteer. Ons sien die diepgaande gevolge van die keuse tussen liefde en vrees in die Skrif: ‘Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek… Mag jy die lewe kies…’ (Deuteronomium 30:19 NLV). Prediker 7:29 (NLV) sê: ‘…God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighede gesoek.’
Die keuse is joune: wandel in vrees, of wandel in liefde.
Sielskos: Sef 1-3; Matt 27:45-56; Ps 65; Spr 19:5-8
1 John 4:18 NIV
Research showing that love mindsets are the norm while fear mindsets are learned is revolutionary for scientists. But it’s not new if you look at Scripture: “There is no fear in love. But perfect love drives out fear.”
Over the past several decades, scientists have researched the anatomy and physiology of love and fear. These are two different systems, and at any one conscious moment, we will be operating in one or the other. Science is showing us that there is a massive “unlearning” of negative toxic thoughts when we operate in love. We can unlearn negative fear – it is not part of our innate natural functioning.
Recent neuroscientific research demonstrates that some of the chemicals the brain releases when we are operating in love include oxytocin, which literally melts away the negative toxic thought clusters so that rewiring of new, non-toxic circuits can happen. This chemical also flows when we trust, bond, and reach out to others. So, choosing to operate in love can literally “drive out fear.”
Research also shows that when we do good things and reach out in love, endorphins and serotonin are also released. These detoxify our brains and increase our motivation and wisdom, helping us handle life more successfully. We see the profound consequences of choosing between love and fear in Scripture: “I have set before you life and death, blessings and curses. Now choose life” (Deuteronomy 30:19 NIV). In Ecclesiastes 7:29 (NLT) we are told, “God created people to be virtuous, but they have each turned to follow their own downward path.” The choice is yours: walk in fear or walk in love.
Soul food: Zeph 1-3; Matt 27:45-56; Ps 65; Pro 19:5-8
2026-07-21
Hebreërs 12:1 NLV
In Maart 1987 het Eamon Coughlan in die kwalifiserende uitdunne by die Wêreld Binnenshuise Baankampioenskappe in Indianapolis gehardloop. Hy was die heersende wêreldrekordhouer van die 1500 meter item en was die gunsteling om die wedren te wen. Ongelukkig, met twee en ‘n half rondtes oor, het hy gestruikel en hard geval. Hy het egter opgestaan en met groot moeite daarin geslaag om die voorste naellopers in te haal. Met twintig meter oor was hy in die derde plek, wat goed genoeg sou wees om vir die finale wedloop te kwalifiseer.
Toe maak Coughlan egter ‘n fatale fout – hy kyk oor sy skouer na agter. Omdat hy niemand naby hom gesien het nie, het hy sy inspanning effens verslap. Wat hy egter nie opgemerk het nie, was dat ‘n ander naelloper hard aan die ander kant van hom aangestorm gekom het. Hierdie naelloper het hom ‘n meter voor die wenstreep verbygesteek en hom uit die eindrondte uitgeskakel. Coughlan se inspanning was uiteindelik om slegs een rede waardeloos: Hy het sy oë vir ‘n oomblik van die wenstreep afgehaal en op die deelnemers agter hom gefokus.
Die skrywer van die boek Hebreërs het gesê: ‘…kom ons stroop alles wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê’. Dinge wat regmatig is, kan soms jou spoed vertraag. ‘Sonde’ verwys na iets wat jy weet verkeerd is en jou die wedloop kan kos. Lê dus albei af en ‘…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun…’ (verse 1-2 NLV).
Sielskos: 2 Tim 1-4; Matt 27:33-44; Ps 14; Spr 19:1-4
Hebrews 12:1 NKJV
In March 1987, Eamon Coughlan was running in the qualifying heat at the World Indoor Track Championships in Indianapolis. He was the reigning world record holder at 1500 meters and was favoured to win the race. Unfortunately, with two and a half laps left, he tripped and fell hard. But he got up, and with great effort managed to catch the race leaders. With twenty yards to go, he was in third place, which would have been good enough to qualify for the final race.
Then Coughlan made a fateful mistake – he looked over his shoulder to the inside. Seeing no one there, he relaxed his effort slightly. What he hadn’t noticed was that a runner was charging hard on the outside. This runner passed him just a yard before the finish line, eliminating him from the finals. Coughlan’s great comeback effort ended up being worthless for only one reason: He momentarily took his eyes off the finish line and focused on the would-be competitors behind him.
The writer of the book of Hebrews said, “Let us lay aside every weight, and the sin which so easily ensnares us, and let us run with endurance the race that is set before us.” A “weight” refers to things that are legitimate but can slow you down. A “sin” refers to something illegitimate that you know to be wrong and can cost you the race. So lay them both aside and “run with endurance the race that is set before [you], looking unto Jesus, the author and finisher of our faith” (vv. 1-2 NKJV).
Soul food: 2 Tim 1-4; Matt 27:33-44; Ps 14; Pro 19:1-4