2025-02-19
Ephesians 6:10 NLT
Paul tells us two things about his thorn: First, that it was a messenger of Satan sent to buffet him. The word “buffet” means “to render blow after blow.” It was not one battle, but a series of back-to-back attacks that didn’t let up. Satan knows your weakest areas, and he will repeatedly attack you in those areas. How can you defeat him? The Bible tells: “Be strong in the Lord and in his mighty power. Put on all of God’s armor so that you will be able to stand firm against all strategies of the devil. For we are not fighting against flesh-and-blood enemies, but against evil rulers and authorities of the unseen world, against mighty powers in this dark world, and against evil spirits in the heavenly places” (vv. 10-12 NLT).
Second, that the thorn was in his “flesh.” You are a regenerate spirit, living in an unregenerate body. That’s why the Bible commands us to crucify the flesh, starve the flesh, and refuse to give in to the impulses of the flesh. And in God’s strength you can do it: “By his divine power, God has given us everything we need for living a godly life. We have received all of this by coming to know him, the one who called us to himself by means of his marvelous glory and excellence. And because of his glory and excellence, he has given us great and precious promises. These are the promises that enable you to share his divine nature and escape the world’s corruption caused by human desires” (2 Peter 1:3-4 NLT).
Soul food: Gen 47-49; Luke 11:1-13; Ps 36; Prov 5:21-23
Efesiërs 6:10 NLV
Paulus sê vir ons twee dinge van sy doring: Eerstens, dat dit ‘n boodskapper van Satan was om hom te kasty. Die woord ‘kasty’ beteken om ‘hou na hou te gee.’ Dit was nie een geveg nie, maar ‘n reeks aanvalle wat nie opgehou het nie. Satan weet wat jou swakste areas is en sal jou herhaaldelik in daardie areas aanval. Hoe kan jy hom oorwin? Die Bybel sê vir ons: ‘…Vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV).
Tweedens, die doring was in sy ‘vlees.’ Jy is ‘n wedergebore gees, wat in ‘n onwedergebore liggaam leef. Dis hoekom die Bybel ons beveel om die vlees te kruisig, die vlees uit te honger en te weier om aan die begeertes van die vlees toe te gee. Met God se krag kan jy dit doen: ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word’ (2 Petrus 1:3-4 NLV).
Sielskos: Gen 47-49; Luk 11:1-13; Ps 36; Spr 5:21-23
2025-02-18
2 Corinthians 12:7 NKJV
Paul writes: “A thorn in the flesh was given to me, a messenger of Satan to buffet me, lest I be exalted above measure. Concerning this thing I pleaded with the Lord three times that it might depart from me. And He said to me, ‘My grace is sufficient for you, for My strength is made perfect in weakness.’ Therefore most gladly I will rather boast in my infirmities, that the power of Christ may rest upon me… For when I am weak, then I am strong” (vv. 7-10 NKJV).
Paul had such great faith that when he prayed, the sick were healed and the dead were raised. Yet, he prayed repeatedly that God would remove his “thorn in the flesh,” and God said no. Why? To keep him humble and make him totally dependent on God. We don’t know what Paul’s thorn in the flesh was, but we know why he had it: “Lest I should be exalted above measure by the abundance of the revelations” (v. 7 NKJV).
When God blesses you greatly, with it comes the risk of pride. And with God, that’s a disqualifier. If you have ever had a splinter in your finger, you know it throbs with pain and constantly irritates you. Can you live with it? Yes. Would you rather not? Yes. Note what Paul says: “A thorn in the flesh was given to me.” Not only does he come to see his thorn as a grace developer, but a gift that does two things: (1) Humbles us and makes us more dependent on God. (2) Makes us more tolerant and gracious since everybody has a thorn.
Soul food: Gen 44-46; Luke 10:38-42; Ps 33:13-22; Prov 5:15-20
2 Korintiërs 12:7 NLV
Paulus skryf: ‘…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my te kasty. Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk… want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk’ (verse 7-10 NLV).
Paulus se geloof was so sterk dat wanneer hy gebid het, is die siekes genees en die dooies het opgestaan. Tog het hy herhaaldelik tot God gebid om die doring in sy vlees te verwyder, maar God het nee gesê. Hoekom? Om hom nederig en heeltemal afhanklik van God te hou. Ons weet nie wat die doring in Paulus se vlees was nie, maar ons weet hoekom hy dit gehad het: ‘…sodat ek nie hoogmoedig moet word nie…’ (vers 7 NLV).
Wanneer God jou ryklik seën, kom die risiko van trots daarmee saam, wat vir God ‘n diskwalifikasie is. As jy al ooit ‘n splinter in jou vinger gehad het, weet jy dat dit met pyn pols en jou konstant irriteer. Kan jy daarmee lewe? Ja. Sal jy eerder nie wil nie? Ja. Let op wat Paulus sê: “‘n doring in die vlees [is aan my] gegee.” Nie net sien hy sy doring as iets wat sy genade ontwikkel nie, maar as ‘n gawe wat twee dinge doen: 1) Ons keer om hoogmoedig te word en ons meer afhanklik van God maak. 2) Ons meer verdraagsaam en genadig maak, omdat almal ‘n doring het.
Sielskos: Gen 44-46; Luk 10:38-42; Ps 33:13-22; Spr 5:15-20
2025-02-17
Matteus 19:6 NLV
Dit mag dalk ‘n verrassing vir jou wees, maar die hoofdoelwit van die huwelik is nie om kinders te kry nie. Paartjies wat nie kinders kan kry nie, is net so getroud as paartjies wat wel kan kinders kry. Jesus het gesê: ‘…Daarom sal ‘n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam verenig word…’ (vers 5 NLV). Wanneer God na ‘n ouer en kind kyk, sien Hy twee. Wanneer God na ‘n broer en suster kyk, sien Hy twee. Wanneer God egter na ‘n man en vrou kyk, sien Hy een.
Voel jy ooit of jy by die persoon met wie jy getrou het vasgevang is? Wel, jy is! Om te trou en een liggaam te word is nie wat twee mense vir mekaar doen nie, maar wat God vir hulle doen. Die huwelik is nie ‘n verhouding wat deur die samelewing, of die wet, of seks of selfs liefde bymekaar gevoeg word nie. Die huwelik is wat God bymekaar voeg. Die goeie nuus is dat wanneer God julle bymekaar voeg, kan Hy julle bymekaar hou.
Deesdae is die algemeenste rede om te skei ‘onversoenbare verskille.’ Jesus het egter na die hart van die kwessie toe gegaan – die kwessie van die hart. ‘…Moses het egskeiding toegelaat as ‘n toegewing aan die sondige hardheid van hulle harte, maar dit was nie wat God oorspronklik bedoel het nie’ (vers 8 NLV). God kan julle harte teenoor mekaar versag en Hy kan julle harte teenoor mekaar oopmaak. Jy sê: ‘Maar ek het al alles probeer en niks werk nie.’ Probeer God! Hy kan jou eggenoot se hart verander en vir julle ‘n nuwe toekoms saam gee.
Sielskos: Gen 42-43; Luk 10:25-37; Ps 33:1-12; Spr 5:7-14