Jy moet dit wil hê wat God wil hê

2025-02-22
Nehemia 2:4 NLV

Die herbouing van Jerusalem se mure het met twee vrae van die koning aan Nehemia begin. Die eerste vraag was: ‘…Hoekom lyk jy so hartseer?..’ (vers 2 NLV). Die tweede vraag was: ‘…Hoe kan ek jou help?..’ (vers 4 NLV). Nehemia het geantwoord: ‘…stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou’ (vers 5 NLV). Nehemia het presies geweet wat hy wou hê, omdat ‘n passie daarvoor in sy gees verwek is. Hy het reeds vir ‘n paar maande daaraan gedink en daaroor gebid voor die koning vir hom gevra het hoe hy hom kon help.

‘n Pastoor skryf: ‘Min dinge is so wonderbaarlik soos die oomblik van menslike bevrugting. ‘n Spermsel dring ‘n eiersel binne en al die genetiese data wat bepaal wie jy sal word – alles van gesigseienskappe tot persoonlikheidseienskappe – is in daardie enkele sel gekodeer. Die moeder se liggaam begin hormone nog voordat sy weet sy is swanger, produseer. Die baba se hart begin op dag twee-en-twintig klop. Na vier weke het daardie enkele sel tienduisend keer groter geword. Op ongeveer dag twee-en-veertig begin neurone teen die verbysterende tempo van ongeveer tienduisend per sekonde, vermenigvuldig. Alles van die optiese senuwee tot die ouditiewe korteks tot die respiratoriese stelsel word in die baarmoeder gevorm.’

‘n Godgegewe visie word op dieselfde manier verwek. Dit begin klein en hou aan groei tot die tyd wat dit waar word. Dis hoekom die Bybel sê: ‘…Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word… Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie’ (Habakuk 2:3 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – jy moet wil hê wat God wil hê.

Sielskos: Eks 4-6; Luk 11:45-54; Ps 53; Spr 6:9-11

What’s keeping you from winning?

2025-02-21
Hebrews 12:1 NKJV

In ancient Greece, athletes practiced with weights strapped to their bodies. But on the day of the race, they took them off in order to win. What’s keeping you from running and winning?

(1) Comparing yourself to others? The only person you should compare yourself to – is you. Your objective is to become better today than you were yesterday. You do that by concentrating on what you can do today to improve and develop. If you do that often enough, and if you compare the way you were weeks, months, or years ago to how you are today, you should be considerably encouraged by your progress.

(2) Limiting beliefs? Because of how they were raised, or certain mistakes they may have made in life, a lot of people don’t believe they can accomplish great things. But the greatest limitations people experience are typically the ones they inflict on themselves. For example, what if you want to learn a foreign language but don’t think you can do it? Once you have uncovered that faulty belief system, understand how not learning that language is restricting you. Then imagine what it will be like when you learn that language. How will it make you feel? What will it enable you to do? Then write an inspiring statement that upholds your ability to learn the language! Remember, it isn’t what you are that hinders you; it’s what you think you’re not. Claim this promise: “I can do all things through Christ who strengthens me” (Philippians 4:13 NKJV). That means – by God’s help you can win.

Soul food: Exo 1-3; Luke 11:29-44; Ps 40:9-17; Prov 6:6-8

Wat weerhou jou daarvan om te wen?


Hebreërs 12:1 NLV

In antieke Griekeland het atlete met gewigte wat aan hulle liggame vasgemaak was, geoefen. Op die dag van die wedloop, het hulle dit egter afgehaal om te wen. Wat weerhou jou daarvan om te hardloop en te wen?

1) Vergelyk jy jouself met ander? Die enigste persoon met wie jy jou moet vergelyk, is met jouself. Jou doelwit is om vandag beter te word as wat jy gister was. Jy doen dit deur op dit wat jy vandag kan doen om te verbeter en te ontwikkel, te konsentreer. As jy dit gereeld doen en as jy die manier waarop jy weke, maande of jare gelede was met hoe jy vandag is vergelyk, behoort jy aansienlik deur jou vordering bemoedig te word.

2) Beperkte visie? As gevolg van die manier waarop hulle grootgemaak is, of sekere foute wat hulle dalk in die lewe gemaak het, glo baie mense dat hulle nie groot dinge kan bereik nie. Die grootste beperking wat mense egter ervaar, is tipies dié wat hulle op hulself plaas. Wat as jy byvoorbeeld ‘n vreemde taal wil leer, maar jy dink dat jy dit nie kan doen nie? Sodra jy daardie foutiewe geloofstelsel ontbloot het, sal jy verstaan hoe beperk jy sal wees indien jy nie die taal aanleer nie. Stel jou dan voor hoe dit sal wees wanneer jy daardie taal aanleer. Hoe sal dit jou laat voel? Wat sal dit jou in staat stel om te doen? Skryf dan ‘n inspirerende stelling wat jou vermoë om die taal aan te leer, ondersteun! Eis die volgende belofte op: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV). Dit beteken dat jy met God se hulp kan wen.

Sielskos: Eks 1-3; Luk 11:29-44; Ps 40:9-17; Spr 6:6-8

Oefen om goedgesind te wees

2025-02-20
Efesiërs 4:32 NLV

In sy topverkoper boek, 7 Habits of Highly Effective People, beskryf Steven Covey ‘n ervaring wat hy op ‘n moltrein in New York gehad het. ‘n Man en sy kinders het op die trein geklim en die kinders was so luidrugtig en rumoerig dat hulle die hele wa ontwrig het. Die man het langs Covey gaan sit, oënskynlik onbewus van die situasie. Covey het uiteindelik vir hom gesê: ‘Meneer, jou kinders pla regtig ‘n hele klomp mense. Kan jy hulle asseblief nie bietjie tot bedaring bring nie?’ Die man het verbaas gelyk. Toe het hy gesê: ‘O, jy is reg. Ek moet seker iets daaraan doen. Ons kom nou net van die hospitaal af waar hulle ma omtrent ‘n uur gelede gesterf het. Ek weet nie wat om te dink nie en ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.’

Covey se houding het onmiddellik verander. Toe hy later daarop terugkyk, het hy erken dat hy ‘n waardevolle les daaruit geleer het: Probeer om te verstaan voordat… jy vereis om verstaan te word. Soms doen die mense wat ons irriteer en seermaak dit omdat hulle self in pyn is. Hulle het kwessies waarvan ons nie weet nie. Dit verg dat jy verder as hulle woorde en aksies moet kyk en hulle harte moet probeer raaksien.

Die Bybel spreek dit aan: ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (verse 31-32 NLV). As jy al ooit iesegrimmig teenoor diegene saam met wie jy woon en werk was, is die woord vir jou vandag – oefen om goedgesind te wees.

Sielskos: Gen 50; Hag 1-2; Luk 11:14-28; Ps 40:1-8

Practice being tender-hearted


Ephesians 4:32 NKJV

In his best-selling book 7 Habits of Highly Effective People, author Stephen Covey describes an experience he had on a subway in New York. A man and his children boarded the train, and the children were so loud and rambunctious, they disrupted the entire car. The man sat down beside Covey, seemingly oblivious to the situation. Covey finally said, “Sir, your children are really disturbing a lot of people. I wonder if you couldn’t control them a little more?” The man looked startled. Then he said, “Oh, you’re right. I guess I should do something about it. We just came from the hospital where their mother died about an hour ago. I don’t know what to think, and I guess they don’t know how to handle it either.”

Covey’s attitude instantly changed. Looking back on it later, he admitted that he learned a valuable lesson: Seek to understand before seeking to be understood. Sometimes the people who irritate and hurt us do so because they themselves are in pain. They’re dealing with issues we don’t know about. And when they lash out, it’s just the burst dam of personal frustration. And it calls for looking beyond their words and actions and trying to see their hearts. And that’s hard to do when you’re self-absorbed.

The Bible addresses this: “Let all bitterness, wrath, anger, clamor, and evil speaking be put away from you, with all malice. And be kind to one another, tenderhearted, forgiving one another, even as God in Christ forgave you” (vv. 31-32 NKJV). If you have been grumpy toward those you live with and work with, the word for you today is – practice being tenderhearted.

Soul food: Gen 50; Hag 1-2; Luke 11:14-28; Ps 40:1-8