Skud dit af en beweeg vorentoe

2025-04-29
Markus 6:11 NLV

Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is om te verander, of nog nie die vreugde en vervulling in Christus ervaar het wat jy ervaar het nie, sal jy dikwels verwerping ervaar. Wanneer jy Jesus volg, is verwerping inderwaarheid gewaarborg.

Wat staan jou te doen? Hier is wat Jesus vir sy dissipels gesê het om te doen: “…’Wanneer julle in ‘n bepaalde dorp in ‘n huis ontvang word, bly in daardie huis totdat julle weer daarvandaan vertrek. Maar as ‘n plek julle nie wil ontvang of na julle wil luister nie, skud sy stof van julle voete af wanneer julle weggaan. Dit sal dien as teken dat julle daardie plek aan sy lot oorlaat.’ Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak” (verse 10-13 NLV).

Wanneer jy dus mense raakloop wat jou nie wil ontvang of na jou luister nie, wees lief vir hulle, bid vir hulle, skud dit af en beweeg vorentoe. Moenie toelaat dat diegene wat nie gereed is om dit wat jy het om te deel te ontvang nie, jou daarvan weerhou om dit na diegene te neem wat wel gereed is nie. Een van Paulus se eerste bekeerlinge in Masedonië was Lidia. Let op wat die Bybel sê: ‘…Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. Sy en die ander lede van haar huishouding is toe gedoop…’ (Handelinge 16:14-15 NLV).

Probeer om die volgende te onthou: Jy is die boodskapper en God is die een wat harte oopmaak. Doen jou deel en Hy sal syne doen.

Sielskos: Num 16-18; Mark 3:7-19; Ps 37:8-15; Spr 11:3

Shake it off, and move forward


Mark 6:11 NKJV

Let’s be honest, each of us wants others to love, respect, and accept us. But when people are unready or unwilling to change or haven’t experienced the joy and fulfillment in Christ that you have, you will often experience rejection. Indeed, when you follow Jesus, rejection is guaranteed.

What should you do? Here is what Jesus told His disciples to do: “In whatever place you enter a house, stay there till you depart from that place. And whoever will not receive you nor hear you, when you depart from there, shake off the dust under your feet as a testimony against them… So they went out and preached that people should repent. And they cast out many demons, and anointed with oil many who were sick, and healed them” (vv. 10-13 NKJV).

When their circumstances change tomorrow, some of those who reject you today will be open and ready to receive what you have to share. People fear what they don’t understand, and some even fight against it. So when you bump into people who “will not receive you nor hear you,” love them, pray for them, shake it off, and move forward. Don’t allow those who are not ready to receive what you have to share keep you from taking it to those who are ready. One of Paul’s first converts in Macedonia was Lydia. Note what the Bible says: “The Lord opened her heart to heed the things spoken by Paul… she and her household were baptized” (Acts 16:14-15 NKJV).

Try to remember this: You are the messenger, and the Lord is the “heart opener.” Do your part, and He will do His.

Soul food: Num 16-18; Mark 3:7-19; Ps 37:8-15; Prov 11:3

Jesus is die antwoord

2025-04-28
Romeine 10:20 NLV

Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.’ Jy vra: ‘Wat beteken hierdie Skrifgedeelte?’ Dit beteken dat selfs al soek jy antwoorde op die verkeerde plekke, al vra jy die verkeerde vrae en al beweeg jy in die verkeerde rigting, sal Jesus jou onderskep, jou herlei en in jou diepste behoeftes voorsien.

Toe die vrou by die put vir Jesus ontmoet het, het sy na die antwoord in verhoudings gesoek. Sy is deur vyf huwelike wat misluk het en het saam met man nommer ses gewoon (sien Johannes 4:18). Toe Saggeus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in materiële dinge gesoek. Toe Paulus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in godsdiens gesoek. Hier is sy résumé: ‘Ek is op die agtste dag besny. Ek is ‘n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ‘n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie!’ (Filippense 3:5-6 NLV).

Veelvoudige verhoudings het nie die vrou by die put bevredig nie, rykdom het Saggeus nie bevredig nie en godsdiens het Paulus nie bevredig nie. Hierdie dinge sal jou ook nie bevredig nie. Wat sal? ‘n Verhouding met Jesus! Vandag sê Hy vir jou: ‘Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV). Vandag is Jesus die antwoord.

Sielskos: Num 14-15; Mark 3:1-6; Ps 37:1-7; Spr 11:1-2

Jesus is the answer


Romans 10:20 NLT

The Bible says, “I was found by people who were not looking for me. I showed myself to those who were not asking for me.” You say, “What does this Scripture mean?” That even though you’re looking for answers in the wrong places, asking the wrong questions, and heading in the wrong direction, Jesus will intercept you, redirect you, and meet your deepest needs.

When the woman at the well met Jesus, she was looking for the answer in relationships. She had been through five failed marriages and was living with man number six (See John 4:18). When Zacchaeus met Jesus, he was looking for the answer in material things. “Now behold, there was a man named Zacchaeus who was a chief tax collector, and he was rich. And he sought to see who Jesus was” (Luke 19:2-3 NKJV). When Paul met Jesus, he was looking for the answer in religion. Here is his résumé: “Circumcised the eighth day, of the stock of Israel, of the tribe of Benjamin, a Hebrew of the Hebrews; concerning the law, a Pharisee; concerning zeal, persecuting the church; concerning the righteousness which is in the law, blameless” (Philippians 3:5-6 NKJV).

Multiple relationships didn’t satisfy the woman at the well, riches didn’t satisfy Zacchaeus, and religion didn’t satisfy Paul. And these things won’t satisfy you either. What will? A relationship with Jesus! Today He is saying to you: “The thief’s purpose is to steal and kill and destroy. My purpose is to give them a rich and satisfying life” (John 10:10 NLT). Today, Jesus is the answer.

Soul food: Num 14-15; Mark 3:1-6; Ps 37:1-7; Prov 11:1-2

Weier om die etiket te dra

2025-04-27
1 Kronieke 4:9 NLV

Die naam Jabes beteken ‘ongemak of pyn.’ Miskien is dit hoekom geen ander ouer in die Skrif hul kind so genoem het nie. Dis egter ‘n etiket wat Jabes geweier het om te dra en ‘n naam wat hy geweier het om hom te definieer. ‘n Etiket vertel jou gewoonlik wat in ‘n bottel is; die inhoud en selfs die waarde daarvan. Wanneer jy die etikette wat mense op jou probeer plaas aanvaar, begin jy glo dat dit is wie jy is en dat jy nooit meer as dit sal word nie. Die Bybel sê: ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…’ (Spreuke 23:7 AFR53). Mense sal ervarings uit die verlede gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Hulle sal ook jou fisiese, geestelike en emosionele karaktereienskappe gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk.

Wat staan jou dus te doen? Doen wat Jabes gedoen het – gaan na God toe! Op die ou einde is dit God se opinie oor jou verlede, hede en toekoms wat die meeste saak maak. Hy is lief vir jou en het ‘n plan vir jou lewe. Jabes het ‘n gebed gebid wat sy lewe verander het en dit sal ook jou lewe verander. ‘…’Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!’ En God het sy versoek gehoor en dit gedoen’ (1 Kronieke 4:10 NLV).

Jabes het God vir vier dinge gevra: seën, invloed, krag en beskerming. God het dit vir hom gegee. Vandag het jy dus ‘n keuse: glo wat ander mense oor jou sê, of glo wat God oor jou sê. As jy so daarna kyk, is die keuse duidelik.

Sielskos: Eks 20:8-11; Eks 16:1-31; Mark 3:1-6; Luk 13:10-17