2025-05-02
Psalm 129:2 NLV
Wanneer veerkragtige mense die bodem tref, breek hulle nie, hulle bons terug. Die apostel Paulus was so ‘n persoon: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (2 Korintiërs 4:8-9 NLV). Hoe kan mens dus terugbons sonder om te breek? Deur twee dinge te doen:
1) Wanneer jy nie jou omstandighede kan beheer nie, neem beheer van jou lewe. Toe ‘n rugbesering vir Angela Madsen van die middel af ondertoe verlam het, het sy belowe om alles wat nodig is om weer voluit te lewe, te doen. Gevolglik het sy begin oefen om die eerste vrou met ‘n gestremdheid te wees wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het. Die joernalis Denise Foley skryf: ‘Madsen is wat navorsers ‘veerkragtig’ noem – in staat om terug te bons van enige moeilikheid wat die lewe meebring.’ Sy is een van daardie mense wat ons laat wonder hoe ons sou vaar as ons eie veerkragtigheid getoets sou word. Sou ons terugbons?
2) In plaas daarvan om oor die verkeerde mense in jou lewe te kla, begin vir die regte mense uitkyk. Ned Hallowell het met ‘n bipolêre pa, ‘n stiefpa wat hom mishandel het, ‘n alkoholverslaafde ma en met twee leergestremdhede grootgeword – ‘n geskiedenis wat dikwels ‘n voorloper vir die tronk of ‘n psigiatriese instelling is. Hy het egter voortgegaan om ‘n prominente psigiater, ‘n gelukkig getroude pa en ‘n suksesvolle skrywer te word. Dit het grootliks gebeur omdat hy hom by sy kosskool aan onderwysers wat vir hom omgegee het en hom onder hul vlerk geneem het, geskaar het.
Dus, wanneer tye moeilik is, steun op God, neem beheer oor jou lewe en soek die regte mense.
Sielskos: Num 25-26; Mark 4:13-25; Ps 37:32-40; Spr 11:7-8
2025-05-01
Psalm 90:10 NKJV
Do you ever wonder how long you will live? The Bible says, “The days of our lives are seventy years; and if by reason of strength they are eighty years, yet their boast is only labour and sorrow; for it is soon cut off, and we fly away” (v. 10 NKJV). Why do some of us live longer than others? Paul answers, “Our knowledge is partial and incomplete” (1 Corinthians 13:9 NLT). But here are three things you can be sure of:
(1) You can lengthen your life by obeying God and shorten it by disobeying Him. Fighting illness and facing death, Hezekiah prayed, “Remember, Lord, how I have walked before you faithfully… with wholehearted devotion and… done what is good in your eyes” (2 Kings 20:3 NIV). God answered, “I have heard your prayer and seen your tears; I will heal you… I will add fifteen years to your life” (2 Kings 20:5-6 NIV). So, does God still heal today? Yes, His Word says, “Are any of you sick? You should call for the elders of the church to come and pray over you, anointing you with oil…and the Lord will make you well” (James 5:14-15 NLT).
(2) When their work on earth is done, the redeemed go to heaven. Paul describes heaven in two words: “far better” (Philippians 1:23 KJV). And the architect, builder, and designer of your heavenly home is Jesus, the One who said, “I go to prepare a place for you” (John 14:2 KJV). At home with Jesus – try to imagine what that will be like.
(3) If you’re worried about death, claim God’s promise: “With long life I will satisfy him and show him my salvation” (Psalm 91:16 NIV).
Soul food: Num 22-24; Mark 4:1-12; Ps 37:25-31; Prov 11:5-6
Psalm 90:10 NLV
Het jy al ooit gewonder hoe lank jy gaan lewe? Die Bybel sê: ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie’ (vers 10 NLV). Hier is egter drie dinge waarvan jy seker kan wees:
1) Jy kan jou lewe verleng deur aan God gehoorsaam te wees, of dit verkort deur aan Hom ongehoorsaam te wees. Terwyl hy siek was en dood in die gesig gestaar het, het Hiskia gebid: ‘O Here, onthou tog hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly en om dit te doen wat vir U reg is…’ (2 Konings 20:3 NLV). God het geantwoord: ‘…Ek het jou gebed gehoor en jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak… Ek sal nog vyftien jaar by jou lewe voeg…’ (2 Konings 20:5-6 NLV). Maak God nog steeds deesdae mense gesond? Ja, sy Woord sê: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom… En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word…’ (Jakobus 5:14-15 NLV).
2) Wanneer hulle werk op aarde voltooi is, gaan die verlostes hemel toe. Paulus beskryf die hemel in drie woorde: ‘…verreweg die beste.’ Die argitek, bouer en ontwerper van jou hemelse huis is Jesus, die Een wat gesê het: ‘…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak’ (Johannes 14:2 NLV). Tuis by Jesus – probeer jou indink hoe wonderlik dit gaan wees.
3) As jy oor die dood bekommerd is, eis God se belofte op: ‘Ek sal hom ‘n lang lewe gee, en hy sal my verlossing sien’ (Psalm 91:16 NLV).
Sielskos: Num 22-24; Mark 4:1-12; Ps 37:25-31; Spr 11:5-6
2025-04-30
1 Korintiërs 2:14 NLV
Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan nie, moenie moedeloos wees nie, moenie ontsteld wees nie en moenie ongeduldig word nie. Daar word in die Skrif na God se Woord as sade verwys (sien Lukas 8:11), dus maak dit jou ‘n saaier. Om te saai en om te oes het egter elkeen sy eie seisoen.
Toe die vinger van God begin het om koning Belsasar se lot op die mure van sy paleis te skryf en geen van sy wyse manne dit kon uitlê nie, het hulle Daniël die profeet geroep. Op daardie stadium was hy basies persona non grata. Daniël was egter gereed toe sy tyd aanbreek.
Hier is twee Skrifgedeeltes wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou geloof met iemand deel: 1) ‘Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit ‘n geestelike perspektief verstaan word’ (1 Korintiërs 2:14 NLV).
2) ‘Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Maar doen dit taktvol en eerbiedig…’ (1 Petrus 3:15-16 NLV).
God het jou geroep om die waarheid van sy Woord met ander mense te deel, maar slegs die Gees van God kan hulle help om dit te verstaan. Jy is nie geroep om iemand te oortuig, te bekeer of te verander nie, maar om die saad van God se Woord te saai en om die res aan God se Gees oor te laat. Wanneer jy jou deel doen, kan jy God vertrou om sy deel te doen.
Sielskos: Num 19-21; Mark 3:20-35; Ps 37:16-24; Spr 11:4
1 Corinthians 2:14 NLT
When you share your faith with someone and they don’t seem to “get it,” don’t be disappointed, don’t be upset, and don’t be impatient. In Scripture, God’s Word is referred to as “seed” (Luke 8:11), so that makes you a sower. Yes, we would all like to sow and then reap as quickly as possible. But sowing and reaping each have their own season.
When the finger of God began to write King Belshazzar’s fate on the walls of his palace and none of his wise men could interpret it, they called for Daniel the prophet. Up until then he was basically persona non grata. But Daniel was ready when his time came, and you must be too.
Here are two Scriptures you must keep in mind when you share your faith with someone: (1) “People who aren’t spiritual can’t receive these truths from God’s Spirit. It all sounds foolish to them… for only those who are spiritual can understand what the Spirit means” (1 Corinthians 2:14 NLT).
(2) “If someone asks about your hope as a believer, always be ready to explain it. But do this in a gentle and respectful way” (1 Peter 3:15 NLT).
God has called you to share the truth of His Word with others, but only the Spirit of God can help them to “get it.” You have not been called to convince, convict, convert, or change anybody, but to sow the seed of God’s Word each opportunity you get and to leave the rest to God’s Spirit. And when you do your part, you can trust God to do His part.
Soul food: Num 19-21; Mark 3:20-35; Ps 37:16-24; Prov 11:4