Don’t be double minded

2025-09-19
James 1:7-8 NKJV

Don’t be double minded and attempt to think in two different ways at the same time. For example, we come to church to get “the wisdom that is from above” (James 3:17 KJV), then leave church and get the wisdom from below and try to combine them. But it doesn’t work.

You cannot mix unleaded fuel and diesel fuel. The moment you do, you have cancelled the unleaded because of the diesel – merely looking like gas doesn’t mean it will help you. As Christians, we attend church on Sunday to get unleaded, and on Monday go into the world and get diesel. Then we wonder why we’re wearily labouring.

Let’s illustrate it this way: We have AM and FM frequencies on our radios: both different, both separate. When riding in a car, you choose which one to listen to; you can’t listen to both at the same time, even though you have both options.

The Bible says: “If any of you lacks wisdom, let him ask of God, who gives to all liberally and without reproach, and it will be given to him. But let him ask in faith, with no doubting, for he who doubts is like a wave of the sea driven and tossed by the wind. For let not that man suppose that he will receive anything from the Lord; he is a double-minded man, unstable in all his ways” (James 1:5-8 NKJV).

God responds to a faith that is single minded and focused on His Word. So, the word for you today is – don’t be double minded!

Soul food: 1 Sam 8-10; Matt 26:47-68; Ps 54; Pro 21:18-21

Moenie dubbelsinnig wees nie


Jakobus 1:8 KAB

Moenie dubbelsinnig wees en op twee verskillende maniere gelyktydig probeer dink nie. Ons gaan byvoorbeeld kerk toe om ‘…die wysheid wat van Bo kom…’ (Jakobus 3:17 NLV), te ontvang, maar die oomblik wat ons by die kerk uitstap, ontvang ons wêreldse wysheid en probeer om die twee te kombineer. Dit werk egter nie.

Jy kan nie petrol en diesel meng nie. Net omdat al twee vir voertuie bedoel is, beteken dit nie dat dit sal werk nie. As Christene, woon ons Sondae kerk by om petrol vir die week te kry en Maandag gaan ons in die wêreld uit en kry diesel. Dan wonder ons hoekom ons so hard moet werk terwyl ons so moeg is.

Kom ons illustreer dit as volg: Daar is AM- en FM-frekwensies op ons radio’s wat van mekaar verskil en apart van mekaar is. Wanneer jy in ‘n motor ry, kies jy na watter een om te luister; jy kan nie na albei op dieselfde tyd luister nie, al is beide beskikbaar.

Die Bybel sê: ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ‘n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie’ (Jakobus 1:5-8 NLV).

God reageer op ‘n geloof wat eensgesind en op sy Woord gefokus is. Die woord vir jou vandag is dus – moenie dubbelsinnig wees nie!

Sielskos: 1 Sam 8-10; Matt 26:47-68; Ps 54; Spr 21:18-21

Acknowledge your mistakes and shortcomings

2025-09-18
James 5:16 NKJV

We all make mistakes, misjudge issues, and mess up at some point. We’re all human. The truth is that mistakes are one of the major ways in which we learn and get wiser. But because of our fear of being criticized or losing face, we often attempt to hide our mistakes.

The only real calamity about mistakes is if you don’t learn something from them. Failing to admit a mistake blocks the path to growth. Listen to the words of the Lord when He admonished the Israelites to learn from their mistakes: “‘Jeremiah, say to the people, “This is what the Lord says: ‘When people fall down, don’t they get up again? When they discover they’re on the wrong road, don’t they turn back?'” (Jeremiah 8:4 NLT). It’s a relief to you and an inspiration to others when you can acknowledge your mistakes without being defined or derailed by them.

Circumstances and other people may have swayed our decisions, but in the end, we are each responsible for what we do. When we make a mistake, the action we take is – our choice. The best approach for dealing with your mistake is to accept complete responsibility, learn from it, decide how not to repeat it, and go on. Interestingly, other people will connect with you more and even respect you more when you are able to acknowledge your weaknesses. And it sets them free to do the same thing. Humility is one of the attributes that people esteem in others; pride is hated – even by other proud folks.

Soul food: 1 Sam 4-7; Matt 26:30-46; Ps 52; Pro 21:17

Erken jou foute en tekortkominge


Jakobus 5:16 NLV

Ons maak almal foute, beoordeel kwessies verkeerd en maak op een of ander stadium ‘n gemors van dinge. Ons is almal mense. Die waarheid is egter dat foute een van die belangrikste maniere waarop ons leer en wyser word, is. As gevolg van ons vrees om gekritiseer te word of aansien te verloor, probeer ons egter dikwels om ons foute weg te steek.

Die enigste werklike ramp wat deur foute veroorsaak kan word, is as jy nie iets daaruit leer nie. Wanneer jy versuim om ‘n fout te erken, blokkeer dit jou pad na groei. Luister na die woorde van die Here toe Hy die Israeliete vermaan het om uit hulle foute te leer: ‘Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ‘n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?’ (Jeremia 8:4 NLV). Dis ‘n verligting en ‘n inspirasie vir ander mense wanneer jy jou foute kan erken, sonder om daardeur gedefinieer en ontspoor te word.

Omstandighede en ander mense mag dalk ons besluite beïnvloed het, maar op die ou einde is elkeen van ons vir ons eie dade verantwoordelik. Wanneer ons ‘n fout maak, kies ons hoe ons daarop gaan reageer. Die beste benadering om ‘n fout te hanteer, is om volle verantwoordelikheid te aanvaar, daaruit te leer, te besluit om dit nie weer te herhaal nie en aan te beweeg.

Interessant genoeg sal mense meer aanklank by jou vind en jou meer respekteer wanneer jy in staat is om jou eie swakhede te erken. Dit stel hulle vry om dieselfde te doen. Nederigheid is een van die eienskappe wat mense respekteer; trots word – selfs deur ander trotse mense, verag.

Sielskos: 1 Sam 4-7; Matt 26:30-46; Ps 52; Spr 21:17

Betoon genade in frustrerende tye

2025-09-17
Romeine 12:18 NLV

Die skrywer Chuck Swindoll sê dat hy toe hy ‘n jong man was, hy nie kon verstaan hoe twee mense wat die Here liefhet en in die Bybel glo, tot verskillende gevolgtrekkings kon kom nie: ‘In my kleinlike denke was ek oortuig dat alle goddelike gedagtes identiese gevolgtrekkings sou maak. Ek het vinnig geleer dat daar nie net verskillende opinies was nie, maar dat God mense wat die vermetelheid gehad het om van my te verskil, seën. God se gedagtes is nie naastenby so eng soos baie van sy mense nie. God is baie makliker om mee saam te leef, baie meer verdraagsaam en bewys baie meer genade en vergifnis as enigeen van ons.’

Om genade in frustrerende tye te betoon, moet jy hierdie twee dinge verstaan en aanvaar: 1) Mense se opinies en oortuigings sal dikwels van joune verskil. Ja, jy moet nooit Bybelse waarhede en jou kernwaardes prysgee nie, maar dit kos niks om taktvol en genadig eerder as krities en bytend te wees nie. Dit is veral waar wanneer konfrontasie en korreksie vereis word. Paulus skryf: ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV).

2) Daar is waarde in ander mense se perspektiewe. Baie van ons het in ‘n huis grootgeword waar reg en verkeerd teen mekaar afgespeel word; waar die persoon wat ‘reg’ is geprys word, terwyl die persoon wat ‘verkeerd’ is, berispe word. Dit is jammer, want oor die algemeen is dit nie ‘n ‘ek-is-reg-en-jy-verkeerd’-kwessie nie maar eerder ‘n ‘ek-sien-dit-so-en-jy-sien-dit-anders’-kwessie. Voordat jy dus oorlog maak, moet jy jouself afvra wat die belangrikste is: die behoefte om hierdie persoon te korrigeer, of om gemeenskaplike grond met hulle te vind.

Sielskos: 1 Sam 1-3; Matt 26:17-29; Ps 34; Spr 21:14-16