In step with the Spirit

2025-10-03
Galatians 5:25 NIV

The Bible says, “Since we live by the Spirit, let us keep in step with the Spirit.” Problems arise when you try to understand spiritual things with your natural mind. Comparing spiritual things to natural things makes the things of God seem foolish (See 1 Corinthians 2:14 NCV). Paul says, “The Spirit searches all things, even the deep things of God” (v. 10 NIV). And He reveals them to us in different ways.

Author Jon Walker says: “Becoming one with Jesus means developing spiritual discernment and accepting the sometimes seemingly illogical things that come from the Spirit. God speaks to us in various ways. Here are three to watch for:

(1) Stop signs: These are red flags warning you not to go somewhere. A dog I once owned helped me to understand this. He was used to being on a leash, and when I’d take him to a neighbour’s field to run, I’d simply say no when he approached somewhere he shouldn’t go. The dog hadn’t done anything wrong, and my warning wasn’t a rebuke; it was a caution for his own protection.

(2) Nudges: A Spirit-nudge can alert you to impending danger… a Holy Ghost flare to guard your heart. Once, a friend of mine was driving toward a green light when he felt strongly prompted to hit his brakes. So he did – just as a semitrailer ran a red light! If it hadn’t been for his instant obedience, he’d have been killed.

(3) Shushes: When we’re in conversation, God often warns us when we step too close to a sinful topic, an unfair comment, or gossip. And when God ‘shushes’ you – stop talking!”

Soul food: 2 Sam 1:1-3:21; John 1:29-42; Ps 131; Prov 23:1-3

In pas met die Gees


Galasiërs 5:25 AFR20

Die Bybel sê: ‘Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly.’ Probleme ontstaan wanneer jy geestelike dinge met jou vleeslike gedagtes probeer verstaan. Paulus sê: ‘…die Gees deurvors alle dinge, ook God se diepste geheime (1 Korintiërs 2:10 NLV). Die Gees openbaar dit op verskillende maniere aan ons.

Die skrywer Jon Walker sê: “Om een met Jesus te word, beteken om geestelike onderskeidingsvermoë te ontwikkel en die soms oënskynlik onlogiese dinge wat van die Gees kom, te aanvaar. God praat met ons op verskeie maniere. Hier is drie maniere waarop ons bedag moet wees:

1) Stoptekens. Dit is rooi vlae wat jou waarsku om nie iewers heen te gaan nie. ‘n Hond wat ek eens besit het, het my gehelp om dit te verstaan. Hy was gewoond daaraan om aan ‘n leiband te wees, maar as ek hom na ‘n buurman se veld geneem het om sonder die leiband rond te hardloop, het ek eenvoudig nee gesê as hy op pad was na waar hy nie mag gaan nie. Die hond het niks verkeerd gedoen nie en my waarskuwing was nie ‘n teregwysing nie; dit was ‘n waarskuwing vir sy eie beskerming.

2) Aansporing. ‘n Stamp in die ribbe van die Gees af, kan jou op dreigende gevaar attent maak. Eendag het ‘n vriend van my ‘n groen verkeerslig genader toe hy sterk aangespoor voel om te rem. Hy het dit gedoen – net voor ‘n trok oor die rooi lig gejaag het! As dit nie vir sy onmiddellike gehoorsaamheid was nie, sou hy ‘n noodlottige ongeluk gemaak het.

(3) Stilmaak. Wanneer ons met ander gesels, waarsku God ons dikwels wanneer ons te naby aan ‘n sondige onderwerp, ‘n onregverdige opmerking of skinderpraatjies beweeg. Wanneer God jou stilmaak – moet jy ophou praat!”

Sielskos: 2 Sam 1:1-3:21; Joh 1:29-42; Ps 131; Spr 23:1-3

Hou aan beweeg

2025-10-02
Hebreërs 12:2 AFR83

‘n Sondagskoolonderwyser het die verhaal van hoe Jona ongehoorsaam aan God was en deur ‘n groot vis ingesluk is, aan haar klas vertel. Vir drie dae lank het Jona uit die dieptes van die oseaan uitgeroep en na drie dae en drie nagte het God die vis beveel om hom op die strand uit te spoeg. Aan die einde van die les het die onderwyser die kinders gevra wat hul geleer het en ‘n klein seuntjie het uitgeroep: ‘Dit wys jou net; you can’t keep a good man down!’

Jy verdrink nie deur in die water te val nie; jy verdrink deur in die water te bly. Dawid het gesê: ‘Die Here bepaal die rigting van die mens… Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV).

Wanneer jou drome en planne in die wiele gery word, bly gefokus en ‘…hardloop met volharding…’ (Hebreërs 12:1 NLV). Wanneer jy op iets fokus, bemagtig jy dit en gee dit momentum; dis hoekom Satan wil hê dat jy op dinge wat nie saak maak nie, moet konsentreer.

Jesus het verder as die kruis gekyk. Hy het op dit wat aan die ander kant van die kruis gelê het, gefokus. Die Bybel sê vir ons om ons oë op ‘…Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof…’ te vestig. Onthou, God betaal nie weekliks nie; Hy betaal aan die einde. Jy sal jou beloning volgens hoe jy geëindig het, nie volgens hoe jy begin het nie, ontvang. Paulus sê: ‘Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan’ (2 Korintiërs 4:17 NLV). Bly dus gefokus en hou aan beweeg!

Sielskos: Ef 4:17-6:24; Joh 1:14-28; Ps 29; Spr 22:26-29

Keep on going


Hebrews 12:2 NIV

A Sunday school teacher was telling the story of how Jonah disobeyed God and ended up being swallowed by a big fish. For three days, he cried out from the depths of the ocean, and after three days and nights, God ordered the fish to spit him up on the beach. At the end of the lesson, the teacher asked the class what they had learned, and a little boy piped up, “It just goes to prove that you can’t keep a good man down.”

You don’t drown by falling into the water; you drown by staying there. David said, “The steps of a good man are ordered by the Lord… Though he fall, he shall not be utterly cast down; for the Lord upholds him” (Psalm 37:23-24 NKJV).

When your dreams and plans get rained out, stay focused and “run with perseverance” (Hebrews 12:1 NIV). Winston Churchill said, “The nose of the bulldog slants backward, so that he can breathe in comfort without letting go.” When you focus on something, you empower and give it momentum; that’s why Satan wants you to concentrate on things that don’t matter.

Jesus looked beyond the cross. He focused on what lay on the other side of it. The Bible tells us to fix “our eyes on Jesus, the pioneer and perfecter of faith.” Remember, God doesn’t pay by the week; He pays at the end. You will be rewarded based on how you finished, not how you started. Paul says, “These troubles and sufferings… won’t last very long. Yet… result in God’s richest blessing upon us forever” (2 Corinthians 4:17 TLB). So, stay focused – and keep on going!

Soul food: Eph 4:17-6:24; John 1:14-28; Ps 29; Prov 22:26-29

Heading Staan op en hou aan! (2)

2025-10-01
Miga 7:8 NLV

Een skrywer sê: ‘Volharding is passie en deursettingsvermoë om jou langtermyndoelwitte te bereik. Volharding laat jou vorentoe beweeg deur die angel van verwerping, die pyn van mislukking en die stryd teen teëspoed. Wanneer die lewe jou planne in die wiele ry, sal jy dalk wil tou opgooi, maar volharding sal jou nie toelaat om dit te doen nie. Ware volharding begin met die wete van dit wat jy werklik wil hê. Wanneer jy weet wat jy wil hê, sal jy hard werk en volhard om dit te bereik. Ware volharding word ook deur helderheid van verstand, doelwitte, passie, optimisme, geloof, liefde, hoop en ‘n mate van hardkoppigheid, gedryf.

Om jou hoekom te verstaan, te weier om op te gee, die kritici te ignoreer, geloof te hê, lief te wees vir wat jy doen en dag in en dag uit op te daag, hou jou op die pad na jou visie. Daar is iets binne elkeen van ons wat waardig wil voel en iemand van waarde wil wees. Die waarheid is dat nie almal jou visie sal deel en in jou projek sal glo nie. Onthou egter altyd dat die omstandighede rondom jou en die opinies van ander mense jou nie definieer nie. Lewe word nooit van buite na binne geskep nie. Jy skep lewe van binne na buite. Die volharding en gees wat jy aan die binnekant besit, sal die lewe wat jy aan die buitekant ervaar, skep. As jy ‘n visie het, hou dit lewendig. Onthou jou doelwit. Daag elke dag op en doen die werk.’

John Quincy Adams het gesê: ‘Geduld en deursettingsvermoë laat probleme soos mis voor die son verdwyn.’ Bly dus op koers en hou aan vorentoe beweeg, en jy sal sukses behaal.

Sielskos: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16