Vrede wat die verstand te bowe gaan

2025-12-03
Filippense 4:7 NLV

Maak nie saak waarmee jy sukkel nie, dis goed om te onthou: ‘Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.’

Lorie Newman skryf: ‘Ek het daardie vrede ontvang toe my man sy werk verloor het. Ons moes nou met net een inkomste ons sewe kinders grootmaak en ons verband en rekeninge betaal. Sal ons ons huis verloor? Hoe kan ons ons groot gesin voed? Hierdie vrae het my gedagtes soos verstikkende rook vertroebel. Te midde van hierdie emosies het God egter lewe in my bekommerde hart gespreek. Werkloosheid was vir byna twee jaar ons werklikheid.

Die waarheid van God se Woord het egter dag vir dag, stap vir stap, die wanhoop begin oorskadu en ek het ongelooflike vrede gehad! God se Woord het soos nog nooit tevore lewendig geword nie, terwyl ek deur die onstuimige waters van daardie rowwe seisoen van die lewe gevaar het. Ek het voorheen gelees dat God my voorsiener is, maar ek het Hom as my voorsiener begin ken en ervaar! Wat ‘n tyd van verskriklike stres moes gewees het, het ‘n plek van vrede geword.’

Wanneer probleme opduik, is ons natuurlike neiging om paniekerig te raak. Wanneer ons dit doen, maak ons die deur vir die Vyand oop om ons van die pad af te stoot en ons te vikitimiseer. Neem hierdie woorde van Jesus ter harte: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie’ (Johannes 14:27 NLV).

Sielskos: Josua 22-24; Joh 16:19-33; Ps 147:1-11; Spr 29:1-5

Jou emosies maak vir God saak (2)

2025-12-02
Efesiërs 4:31 NLV

Net soos Jesus, is ons na die beeld van ‘n God wat emosies het, geskape. Nie die Vader of die Seun was bang of verleë om diep te voel nie en ons moet ook nie wees nie. In die Skrif lees ons dat God se hart oor sy eiesinnige kinders gebreek het (sien Hosea 11:8-9). Jesus het openlik by die graf van sy dierbare vriend, Lasarus, gehuil (sien Johannes 11:35). Hy was woedend oor die smouse wat die aanbidders by die tempel verkul het (sien Lukas 19:45-46).

God wil hê dat ons ons emosies moet erken, hulle boodskap moet verstaan en Hom moet raadpleeg om hulle tot sy eer en tot die voordeel van ander te gebruik. Die Psalmdigter het dikwels sy emosies voor God gebring. In Psalm 22:2 (NLV) het hy uitgeroep: ‘My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver as ek roep om hulp, so ver om my versugtinge te hoor?’

Dink hoe hy moes gevoel het om hierdie woorde te sê: intense vrees, paniek, verwarring, teleurstelling en verraad. Let egter op wat hy met sy emosies gedoen het. Hy het hulle na God toe geneem, Hom persoonlik aangespreek en vir sy hulp gevra: ‘Moenie ver van my af bly nie, want ellendes kom en daar is geen helper nie’ (vers 12 NLV). Dawid se benadering was dapper en hy het die hulp wat hy nodig gehad het, ontvang: ‘Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp’ (vers 25 NLV).

Wanneer jy jou emosies na God toe bring, sal jy die volgende vind: ‘…Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd’ (vers 27 NLV).

Sielskos: Josua 19:24-21:45; Joh 16:12-18; Ps 2; Spr 28:25-28

Your emotions matter to God (2)


Ephesians 4:31 NKJV

Like Jesus, we have been created in the image of a God who expresses emotions. Neither the Father nor the Son was afraid or embarrassed to feel deeply, and we shouldn’t be either. In Scripture God’s heart broke for His wayward children (See Hosea 11:8-9). Jesus wept openly at the grave of His dear friend Lazarus (See John 11:35). He expressed righteous anger over moneylenders defrauding worshipers in the temple (See Luke 19:45-46). And when it comes to our own feelings, we are neither powerless pawns nor fearful fugitives.

God wants us to own them, understand their message, and seek His counsel in engaging them for His glory and the benefit of others. The psalmist often voiced his emotions before God. In Psalm 22:1, he cried out, “My God… why have you abandoned me? Why are you so far away when I groan for help?” (NLT).

Think how he must have felt to make him say those words: intense fear, panic, confusion, disappointment, and betrayal. But note what he did with his emotions. He took them to God, addressed Him personally, and called on His help: “Do not stay so far from me, for trouble is near, and no one else can help me” (v. 11 NLT). David’s approach was bold, and he found the help he needed: “For he has not ignored or belittled the suffering of the needy. He has not turned his back on them, but has listened to their cries for help” (v. 24 NLT).

When you bring your feelings to God, you will find that “all who seek the Lord will praise him. Their hearts will rejoice with everlasting joy” (v. 26 NLT).

Soul food: Josh 19:24-21:45; John 16:12-18; Ps 2; Prov 28:25-28

Jou emosies maak vir God saak (1)

2025-12-01
Hebreërs 4:15 NLV

Ons almal het emosies. Sommige daarvan geniet ons, ander verduur ons. Hoe sê God egter moet ons hulle hanteer? ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees’ (Jakobus 1:2 NLV). ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek’ (Efesiërs 4:31 NLV). ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig’ (1 Petrus 3:8 NLV). God het vir ons aangewese tye om te huil, te lag, te treur, lief te hê – en selfs te haat – vasgestel (sien Prediker 3:1-8).

Vereis Hy van ons dat ons al ons emosies onmiddellik en volledig moet beheer? Nee. Hy maak Homself beskikbaar om ons harte en karakter te transformeer, sodat ons ons emosies op maniere wat Hom verheerlik, kan bestuur. Eerder as om ‘n handleiding oor emosionele selfbestuur te verskaf, troos, bemoedig, oortuig en heroriënteer Hy ons deur ons geduldig uit te nooi om die volgende te doen: ‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om’ (1 Petrus 5:7 NLV).

Selfs pynlike emosies kan geleenthede om ‘n dieper verhouding met ons hemelse Vader te ontwikkel, skep. Dit help ook om te onthou dat ons na die beeld van ‘n emosionele God geskape is. Sy Woord dui aan dat Hy ons emosies as fundamenteel goed beskou. Selfs woede, ‘n emosie wat algemeen as neerhalend beskou word, kan Hom verheerlik wanneer dit op onselfsugtige maniere hanteer word. Dit gaan nie oor wat ons voel nie, maar oor hoe ons daardie gevoelens hanteer. God kan ons die genade gee om enige emosie in ‘n eienskap wat Hom verheerlik, te verander.

Sielskos: Josua 16:1-19:23; Joh 16:1-11; Ps 130; Spr 28:21-24

Your emotions matter to God (1)


Hebrews 4:15 MSG

Emotions – we all have them. Some we enjoy, some we endure. The question is, what does God say about how we should handle them? “Count it all joy when you fall into various trials” (James 1:2 NKJV). “Let all bitterness, wrath, anger… be put away from you, with all malice” (Ephesians 4:31 NKJV). “Be… full of sympathy toward each other” (1 Peter 3:8 TLB). God has appointed designated seasons for us to weep, laugh, mourn, love – and even hate (See Ecclesiastes 3:1-8).

Does He demand that we instantly and completely control all our emotions? No. Instead He makes Himself available to transform our hearts and character, so we can manage our emotions in ways that exalt Him. Rather than providing a manual on emotional self-management, He comforts, encourages, convicts, and reorients us by patiently inviting us to do this: “Let him have all your worries and cares, for he is always thinking about you and watching everything that concerns you” (1 Peter 5:7 TLB).

Even painful feelings can provide opportunities to develop a deeper relationship with our heavenly Father. It also helps to remember that we’re created in the image of an emotional God, and His Word indicates that He sees our feelings as fundamentally good. Even anger, an emotion commonly deemed pejorative, can glorify Him when we handle it in unselfish ways. It’s not about what we feel, it’s how we handle those feelings. And God can give us the grace to turn any emotion into an attribute that glorifies Him.

Soul food: Josh 16:1-19:23; John 16:1-11; Ps 130; Prov 28:21-24