2025-12-05
Lukas 22:35 NLV
Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie’ (Lukas 12:15 NLV). Ons lewe in ‘n materialistiese samelewing wat behep daarmee is om besittings op te gaar. Hoe meer jy egter het, hoe meer het jy om oor bekommerd te wees. Wat veronderstel jy wou Jesus sy dissipels leer toe Hy hulle sonder ‘n beursie, reissak of sandale uitgestuur het?
Die skrywer Cynthia Ruchti vra: ‘Het Hy vir hulle gewys dat Hy al was wat hulle ooit nodig sou hê? Wou Hy hê hulle moes leer om van Hom afhanklik te wees? Het Hy hulle in nederigheid onderrig om hulp van ander mense – ‘n bed vir die nag, ‘n maaltyd, ‘n geleende jas wanneer die temperature daal – te ontvang? Het Hy gehoop dat hulle sou besef dat hulle met minder besittings kon klaarkom? Dat hulle veiliger teen diewe langs die pad sou wees as hulle niks gehad het wat die moeite werd was om te steel nie? Was dit hulle fokus waaroor Jesus die meeste begaan was? Met niks in hulle hande om hulle aandag af te lei nie, sou die dissipels met meer ywer aan sy woorde en aan die bediening en versorging van mense se fisiese en geestelike behoeftes vasklou?
Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer waarde sien ek in die ‘geen bagasie’-opdrag. Wat as ek my dag binnestap, sonder ‘n mentaliteit wat op my beursie en ekstra sandale gefokus is, maar eerder op Jesus, sy Woorde en sy roeping? Wat as ek sukses nie aan hoeveel ek opgehoop het meet nie, maar aan hoe min ek nodig het om te oorleef as ek naby aan Jesus leef? Wat sou ek kortkom? Niks nie!’
Sielskos: Kol 3-4; Filemon; Joh 17:13-26; Ps 148:1-6
2025-12-04
Jakobus 1:19 NLV
Wanneer jy die tyd neem om na iemand anders te luister, gee jy nie net vir hulle ‘n geskenk nie, maar ook een vir jouself. Dr Juli Slattery merk op: ‘Almal is tot goeie luisteraars aangetrokke. Miskien is die kragtigste manier om die evangelie te deel, jou huwelik te red en vriende te maak, deur werklik te luister. Ons voel geliefd wanneer mense die tyd neem om na ons storie te luister en insiggewende vrae te vra. Hier is drie maniere om ‘n beter luisteraar te word:
1) Wees nuuskierig. Elke persoon wat jy ontmoet, is interessant. Oppervlakkig gesproke praat hulle dalk oor iets waarvoor jy nie omgee nie, maar daar is iewers ‘n interessante storie as jy die tyd neem om daarvoor te delf. Vir my is die eerste stap om aandagtig te luister en iets te vind om oor nuuskierig te wees. Na ‘n huwelik van 20 jaar wil ek steeds nuuskierig oor my man wees. Ek wil weet wat God hom leer, waarna hy uitsien en wat hom vandag laat lag het.
2) Behou oogkontak. Ons kyk na iemand se oë om te bepaal of hulle aandagtig luister. Ons betoon respek aan ons kinders, eggenote, vriende en selfs vreemdelinge wanneer ons met aandag op hulle fokus.
3) Gaan verder as die woorde wat jy hoor. Ons kommunikeer slegs ‘n gedeelte van dit wat ons wil uitdruk deur woorde. Die res word deur lyftaal, stemtoon en selfs stilte uitgedruk.’
‘Dit is net ‘n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ‘n Wyse mens luister graag na ander se raad’ (Spreuke 12:15 DB). Jy mag dalk van die klank van jou eie stem hou, maar jy word wys deur te leer om te luister.
Sielskos: Kol 1-2; Joh 17:1-12; Ps 147:12-20; Spr 29:6-10
Johannes 13:35 NLV
Ontwerpersklere soos dié van Tommy Hilfiger en Ralph Lauren word aan hul ontwerpe en handelsmerke geken. Hierdie handelsmerke maak hulle sigbaar en identifiseerbaar. Soms word werkers in sekere industrieë deur hul kleredrag geïdentifiseer, soos ‘n chirurg wat teaterklere dra, of ‘n polisieman wat ‘n uniform dra, of ‘n regter wat ‘n toga dra.
Jesus het vir ons iets as onweerlegbare bewys dat ons naby aan God leef, gegee – ‘n toets waardeur jy jou eie geestelike groei kan evalueer. Trouens, hierdie handelsmerk is so wonderlik dat Hy gesê het dat dit die belangrikste verklaring van jou geloof sal wees. Jesus het dit as volg gestel: ‘Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (verse 34-35 NLV).
Wanneer ‘n vrou swanger is, kom daar ‘n tyd wat haar swangerskap begin wys. Die lewe wat binne haar groei word aan die buitekant gesien. Net so moet die liefde binne-in ons aan die buitekant gesien en geïdentifiseer word. Die Bybel sê: ‘…Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV).
Johannes skryf: ‘Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê’ (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde is die grootste toets van jou dissipelskap.
Sielskos: Gen 11:1-9; Fil 2:1-11
James 1:19 TLB
When you take time to listen to another person, you don’t just give them a gift, you give yourself one. Dr. Juli Slattery observes: “Everyone is attracted to a good listener. How ironic that you can major in communications and never take a class on one of the most fundamental aspects of communicating – listening… Perhaps the most powerful mode of sharing the gospel, saving your marriage, and making friends is to truly listen. We feel loved by those who take the time to hear our story and ask insightful questions… Here are three ways to become a better listener:
(1) Become curious. Every person you meet is interesting… On the surface they may drone on about something you don’t care about, but underneath is an interesting story if you take time to dig for it. For me, the first step to listening is finding something to be curious about… After 20 years of marriage, I still want to be curious about my husband… to know what God is teaching him… what he’s looking forward to, and what made him laugh today.
(2) Maintain eye contact. Because we can’t gauge listening by looking at someone’s ears, we look at their eyes… We show our children, spouses, friends, and even strangers respect when we give them focused attention.
(3) Go beyond the words you hear. We only communicate a portion of what we want to express through words. The rest comes through body language, tone, and even silence.”
Proverbs 12:15: “A fool thinks he needs no advice, but a wise man listens to others” (TLB). As much as you may like the sound of your own voice – you become wise by learning to listen.
Soul food: Col 1-2; John 17:1-12; Ps 147:12-20; Prov 29:6-10
2025-12-03
Philippians 4:7 NIV
No matter what problems you’re grappling with, it’s good to know that the peace of God “which transcends all understanding, will guard your hearts and… minds in Christ Jesus.”
Author Lorie Newman said: “For me, that peace came when my husband lost his job… We were a one-income family with seven children, a mortgage, [and] bills. Would we lose our house? How could we feed our large family? These questions fogged my mind like suffocating smoke. But, in the midst of it, God tenderly spoke life into my worried heart… Unemployment remained. In fact, it remained for nearly two years.
But day-by-day, step-by-step, the truth of God’s Word began to eclipse the despair and I had incredible peace! God’s Word came alive as never before as I navigated the turbulent waters of that rough season of life. I had read that God was my provider, but I began to know and experience him as my provider! What should have been a time of horrific stress… became a place of peace.”
When problems arise, our natural inclination is to panic. When we do that, we open the door for the Enemy to come in, get us off track, and make us feel victimized. Take these words of Jesus to heart: “My [own] peace I now give… you. Not as the world gives do I give to you. Do not let your hearts be troubled, neither let them be afraid. [Stop allowing yourselves to be agitated and disturbed… do not permit yourselves to be fearful and… unsettled.]” (John 14:27 AMPC).
Soul food: Josh 22-24; John 16:19-33; Ps 147:1-11; Prov 29:1-5