2026-05-06
Josua 14:12-13 NLV
Toe Moses vir Kaleb gestuur het om die Beloofde Land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom gepla het: die dorp Hebron. Abraham het sy vrou daar begrawe en hy is self daar begrawe. So ook Isak en Jakob. Hebron was ‘n heilige plek. Nou het hulle vyande dit egter bewoon. Dit was meer as wat hy kon verduur, dus het hy Hebron vir Moses gevra. Hy het nie gevra vir Jerusalem, geleë op die berg Moria; of die Eskol-vallei, waar druiwe so groot soos pruime gegroei het; of Jerigo, waar die Jordaanrivier gevloei het nie. Hy wou Hebron hê, wat se grond deur engele besoek is en in wie se aarde die heiligste familie begrawe was. ‘Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.’ Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het volgens ‘n hoër roeping geleef. Miskien is die rede hoekom jou probleme so groot voel, dat jou roeping te klein is.
Max Lucado vertel van ‘n doktervriend wat gereeld mediese reise na afgeleë klinieke onderneem het om die plaaslike minderbevoorregtes te behandel. Hy was ‘n afgetrede chirurg met ‘n ruim inkomste. Hy kon elke dag van sy lewe in gemak en luuksheid deurbring. Hy het egter daarop gefokus om hierdie afgeleë gesondheidsklinieke vir sy eie beswil te ondersteun: ‘Ek het ‘n saak nodig wat groter is as laat slaap, televisie kyk en blokraaie invul,’ het hy gesê. ‘As ek op my eie gemak fokus, kan niks my tevrede stel nie. Wanneer ek egter op God se belange fokus, is ek ‘n gelukkige man.’
Het jy ‘n heilige saak om voor te leef? ‘n Geloof in iets om te koester? ‘n Sendingsreis om voor te leef? Vra God om jou ‘n ‘Hebron’ te gee om tot sy eer op te eis.
Sielskos: Deut 14-17; Matt 8:1-17; Ps 37:32-40; Spr 12:4-6
Joshua 14:12-13 NKJV
When Moses sent Caleb to spy out the Promised Land, Caleb saw something that troubled him: the town of Hebron. Abraham buried his wife there. He was buried there. So were Isaac and Jacob. Hebron was a sacred site. Now it was inhabited by their enemies, and it bothered Caleb. It was more than he could take, so he asked Moses for Hebron. He didn’t ask for Jerusalem, perched on Mount Moriah; or the Valley of Eschol, where grapes grew as large as plums; or Jericho, where the Jordan River flowed. He wanted Hebron, whose soil had known the visitation of angels and whose earth entombed the holiest family. “Joshua blessed him, and gave Hebron to Caleb.” Caleb wanted to do something great for God. He lived with a higher call. Perhaps the reason your problems feel so great is that your call is too small.
Max Lucado tells of a doctor friend who makes regular medical trips to a remote jungle clinic to treat the disadvantaged. He’s a retired surgeon with ample income. He could spend every day of his life in ease and luxury. But he focuses on supporting the health clinic for his own good: “I need a cause that is greater than cable TV and Cadillacs,” he said. “If I focus on my comfort, nothing can satisfy me. But when I focus on the concerns of God, I am a happy man.”
Do you have a holy cause? A faith worth preserving? A mission worth living for? Ask God to give you a “Hebron” to claim for His glory.
Soul food: Deut 14-17; Matt 8:1-17; Ps 37:32-40; Prov 12:4-6
2026-05-05
2 Korintiërs 4:17 AFR83
Maak nie saak watter beproewing jy vandag deurmaak nie, herinner jouself: ‘Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie.’ As die vervulling van die visioen wat God jou gegee het, langer neem as wat jy gedink het, herinner jouself: ‘Dit gaan nog gebeur!’
In sy biografie, God in My Corner, vertel die tweemalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman ‘n verhaal van ‘n bejaarde vrou wat oor haar gunsteling Bybelvers uitgevra is. Sy het geantwoord: ‘Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…’ Sy het verduidelik hoekom: ‘Ek weet dat wanneer ek deur ‘n beproewing gaan, dit nie daar is om te bly nie; dit kom – en dit gaan weer verby.’
Die ander kant van hierdie muntstuk is as volg: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). Met ander woorde, Hy sal die slegte tye laat verbygaan en dit in vreugde laat eindig! God voltooi altyd wat Hy begin. ‘Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…’ (Habakuk 2:3 NLV).
Terwyl hy teen ‘n lewensgevaarlike siekte gestry het en sy vyande sy troon wou oorneem, het Dawid hom tot die Here vir hulp gewend. God het hom nie teleurgestel nie. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en staan daarop: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde’ (Psalm 30:6 NLV). ‘U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd’ (Psalm 30:12-13 NLV).
Sielskos: Deut 11-13; Matt 7:15-29; Ps 37:25-31; Spr 12:1-3
Genesis 4:3 NKJV
There is a little phrase repeated 436 times in the Bible: “It came to pass.” Whatever trial you are going through today, remind yourself, “It came to pass – not stay.” If the fulfillment of the vision God gave you seems to be taking longer than you thought, remind yourself “it will come to pass!”
In his biography, God in My Corner, the two-time world heavyweight champion George Foreman tells a story about an elderly woman who was asked her favourite Scripture verse. She replied: “And it came to pass.” She explained why: “I know that whenever a trial comes, it doesn’t come to stay; it comes – to pass.”
And the Scripture on the flipside of this coin reads: “Being confident of this, that he who began a good work in you will carry it on to completion” (Philippians 1:6 NIV). In other words, He will bring it to pass! Either way, God always finishes what He starts. “The vision is yet for an appointed time… Though it tarries, wait for it; because it will surely come [to pass]” (Habakkuk 2:3 NKJV).
Battling an illness that threatened his life, and enemies who wanted to take his throne, David turned to the Lord for help. And God didn’t disappoint him. Read these two Scriptures and stand on them: “Weeping may last through the night, but joy comes with the morning” (Psalm 30:5 NLT). “You have turned my mourning into joyful dancing. You have taken away my clothes of mourning and clothed me with joy, that I might sing praises to you and not be silent. O Lord my God, I will give you thanks forever!” (Psalm 30:11-12 NLT).
Soul food: Deut 11-13; Matt 7:15-29; Ps 37:25-31; Prov 12:1-3
2026-05-04
1 Konings 3:9 NLV
Byna alle sleutelverhoudings in jou lewe kan in drie kategorieë verdeel word: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade. Kom ons kyk na elkeen.
1) Vertrouelinge. Dit is die mense wie se verhoudings met jou lewenslank duur. Hulle is onvoorwaardelik lief vir jou, staan by jou en staan agter jou, in goeie en slegte tye. Jou beste belang is hul nommer een prioriteit. Hulle probeer nooit om wat hulle van jou weet vir hul eie gewin te gebruik, of jou geheime in jou gesig terug te gooi nie. Paulus het aangaande Timoteus gesê: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV).
2) Ondersteuners. Hierdie mense deel dieselfde doelwitte, waardes en beginsels as jy, maar hulle is nie altyd daar vir jou nie. Dis egter belangrik om ondersteuners in jou lewe te hê. Hulle dra energie, passie en entoesiasme by. Jy kan saam met hulle werk om gemeenskaplike doelwitte te bereik en brûe te bou. Maak net seker dat jy nie verwag dat ondersteuners dieselfde lojaliteit as vertrouelinge sal hê nie. Hulle is vir ‘n rede en ‘n seisoen by jou betrokke en dan beweeg hulle aan.
3) Kamerade. Dit is die mense wat as gevolg van ‘n gemeenskaplike saak tot jou aangetrokke is. Hulle leer jou dalk nie ken nie, of hou dalk nie van jou nie, maar op die slagveld sluit hulle by jou aan om ‘n gemeenskaplike vyand te verslaan. Sodra die geveg verby is, eindig die verhouding of dit koel ten minste af. Jou enigste band is jou gemeenskaplike vyand.
Leer dus die mense wat in jou lewe is ken: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade.
Sielskos: Deut 8-10; Matt 7:1-14; Ps 37:16-24; Spr 11:30-31