Help die armes

2025-12-11
Handelinge 20:35 NLV

Toe die Britse Eerste Minister, William Gladstone, een van die grootste krisisse van sy politieke lewe in die gesig gestaar het, het hy een oggend om twee-uur gaan sit om die toespraak te skryf wat hy gehoop het hom sou help om die volgende dag ‘n politieke oorwinning in die Parlement te behaal. Kort daarna het die moeder van ‘n sterwende kind die lig in sy huis sien brand en aan sy deur geklop. Sy het hom gevra om ‘n boodskap van hoop en bemoediging aan haar seun te bring. Sonder aarseling het Gladstone sy halfvoltooide toespraak op sy lessenaar gelos, die res van die nag saam met die kind deurgebring en hom na Christus gelei voordat hy gesterf het.

Toe die oggendlig begin breek, het hy teruggegaan na sy studeerkamer en sy eie dag met ‘n glimlag van vertroue, vrede en krag aangepak. Hy het later daardie oggend vir ‘n vriend gesê: ‘Ek is vandag die gelukkigste man in die wêreld.’ Toe hy gevra is hoekom, het hy geantwoord dat hy die vorige aand toegelaat is om ‘n kind in die naam van sy Meester te dien.

Later daardie dag het Gladstone die toespraak, wat baie as die grootste toespraak van sy lewe beskou het, gelewer. Gladstone se saak het geseëvier. Was die twee gebeure verwant? Gladstone was oortuig daarvan.

Voor Paulus die leiers van die kerk in Efese vir die laaste keer verlaat het, het hy vir hulle gesê: “In alles het ek vir julle ‘n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.'”

Sielskos: Miga 1-4; Joh 19:17-30; Ps 105:16-22; Spr 30:10-14

Character is what counts

2025-12-10
1 Samuel 16:7 NKJV

Here is a description of Saul, Israel’s first king: “There was not a more handsome person… among the children of Israel” (1 Samuel 9:2 NKJV). But his looks couldn’t compensate for his lack of character, and he died prematurely in shame and defeat. When Samuel the prophet went to the house of Jesse to anoint one of his sons as Israel’s next king, God said, “Man looks at the outward appearance, but the Lord looks at the heart.”

Many years ago a boy was born in Russia who thought himself to be so ugly, he was certain there would be no happiness for him in life. He bemoaned the fact that he had a wide nose, thick lips, small grey eyes, and big hands and feet. He was so distraught about his appearance that he asked God to work a miracle and turn him into a handsome man. He vowed that if God would do this, he would give Him all he possessed.

That boy was Count Tolstoy, who became one of the world’s foremost authors, best known for his epic War and Peace. In his books he admits that through the years, he discovered that the beauty of physical appearance he had once sought was not the only beauty in life – and it was not the best beauty. Instead, Tolstoy came to regard the beauty of a strong character as having the greatest good in God’s sight. Character is not a matter of money or looks, but of doing what is right apart from money and standing up for what’s right apart from appearances.

Soul food: Neh 11-13; John 19:1-16; Ps 105:8-15; Prov 30:5-9

Karakter is wat saak maak


1 Samuel 16:7 NLV

Hier is ‘n beskrywing van Saul, Israel se eerste koning: ‘…Saul was baie aantreklik, meer as enigiemand anders in Israel…’ (1 Samuel 9:2 NLV). Sy voorkoms kon egter nie vir sy gebrek aan karakter vergoed nie en hy het voortydig in skaamte en nederlaag gesterf. Toe Samuel, die profeet, na Isai se huis toe gegaan het om een van sy seuns as Israel se volgende koning te salf, het God gesê: ‘…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.’

Baie jare gelede is ‘n seun in Rusland gebore wat homself so lelik geag het, dat hy seker was dat daar geen geluk vir hom in die lewe sou wees nie. Hy het gekla oor die feit dat hy ‘n wye neus, dik lippe, klein grys oë en groot hande en voete gehad het. Hy was so ontsteld oor sy voorkoms dat hy God gevra het vir ‘n wonderwerk om hom in ‘n aantreklike man te verander. Hy het belowe dat as God dit sou doen, Hy Hom alles sou gee wat hy besit.

Daardie seun was Leo Tolstoy, wat een van die wêreld se voorste skrywers geword het. Hy is veral vir sy epiese boek, War and Peace, bekend. In sy boeke erken hy dat hy deur die jare ontdek het dat die skoonheid en fisiese voorkoms wat hy eens begeer het, nie die enigste skoonheid in die lewe is nie – en dat dit nie die beste soort skoonheid is nie. In plaas daarvan het Tolstoy besef dat die skoonheid van ‘n sterk karakter die beste in God se oë is. Karakter is nie ‘n kwessie van geld of voorkoms nie, maar om te doen wat reg is en op te staan vir dit wat reg is, ongeag geld of voorkoms.

Sielskos: Neh 11-13; Joh 19:1-16; Ps 105:8-15; Spr 30:5-9

Versterk jou huwelik (2)

2025-12-09
Romeine 12:10 NLV

Hier is nog vyf verhoudingslesse deur Jon Gordon:

1) Hoe liewer ek my vrou het, hoe liewer is ek vir die lewe. Dit gaan nie oor wat sy vir my doen nie. Dit gaan daaroor om die besluit te neem om onselfsugtig te wees, haar lief te hê, haar te dien en daar vir haar te wees. Wanneer ek dit doen, word ons albei beter.

2) Moedig aan in plaas van meeding. Baie paartjies raak jaloers wanneer hul eggenoot sukses geniet, eerder as om hulle aan te moedig. Wanneer julle mekaar ondersteun en aanmoedig, groei julle individueel en versterk julle jul span.

3) Moenie opgee nie. Soms is die huwelik wonderlik; soms nie. Te veel mense gee op en dink die gras is elders groener. Dit is nie. Plant jouself, koester julle verhouding, belê tyd en energie in jou eggenoot en julle sal groei tot wie julle bedoel is om te wees. Die huwelik is waar julle leer om te gee, te neem en kompromieë aan te gaan, waar julle aan julle individuele probleme werk en saam genesing vind.

4) Deel ‘n missie. Ek en my vrou het gevoel dat ons missie is om kampioene groot te maak wat ‘n verskil in die wêreld sal maak. Ons is nie perfekte ouers nie, ons het foute gemaak, maar ons missie het ons geïnspireer om ons beste te gee – veral die afgelope jaar met twee tieners in die huis.

5) Nooi God in jou huwelik in. Jare gelede, toe ons ‘n moeilike tyd beleef het, het iemand vir my vertel hoe hy en sy vrou elke aand saam bid. Ek het God gevra wat ons gebed moet wees. Sedertdien het ons dit elke aand gebid. Dit het ‘n verskil gemaak wat tot vergifnis, genesing en groei lei.

Sielskos: Neh 8-10; Joh 18:25-40; Ps 105:1-7; Spr 30:1-4

Strengthening your marriage (2)


Romans 12:10 NKJV

Here are five more relationship lessons by Jon Gordon:

(1) The more I love my wife, the more I love my life. It’s not about what she does for me. It’s not about keeping score. It’s about deciding to be selfless, love her, serve her, and be there for her. When I do, we both get better.

(2) Encourage instead of competing. A lot of couples get jealous if their spouse is enjoying success, rather than encouraging them. When you support and advocate for each other, you grow individually and strengthen your team.

(3) Don’t quit. Sometimes marriage is great and sometimes it isn’t. Too many people give up, thinking the grass is greener elsewhere. It isn’t. Plant yourself, nurture your relationship, invest time and energy in your spouse, and you will grow into who you’re meant to be. Marriage is where you learn to give and take and compromise, where you work on your individual issues and heal together.

(4) Have a shared mission. My wife and I knew we weren’t together just for ourselves. We felt our mission was to raise champions who will make a difference in the world. We aren’t perfect parents, we have made mistakes, but our mission inspired us to give our very best – especially this past year with two teenagers and a challenging year.

(5) Invite God into your marriage. Years ago when we hit a tough patch, a guy told me how he and his wife pray together every night. So, I asked God what our prayer should be. It came to me a few days later, and we have said it every night since. It has made a difference that leads to forgiveness, healing, and growth.

Soul food: Neh 8-10; John 18:25-40; Ps 105:1-7; Prov 30:1-4