2025-12-08
Romans 12:10 NIV
No matter how good your marriage is, you can make it better. Author Jon Gordon writes: “My wife and I just celebrated our eighteenth wedding anniversary. We’ve learned and grown a lot… and I want to share some of our relationship lessons:
(1) Choose wisely. One of the most important decisions you’ll ever make is the person you marry. You know you’re with the right person when they give you strength. Looking back… there’s no way I could have done it without my wife. Her love, support, belief and encouragement gave me strength. She believed in me when no one else did.
(2) Be willing to improve and grow. Early in our marriage our relationship wasn’t very good. I was young, selfish and quite negative. One day my wife had enough: ‘I love you but I’m not going to spend my life with someone who makes me miserable. You have to change.’ I looked at myself and realized she was right. So I became willing to change and to become a positive influence on my wife, my children and others.
(3) Communicate. Communicate. Communicate! Most relationships break down because of poor communication. We’ve had disagreements over the years, but we always communicated, and this allowed us to grow stronger together.
(4) Admit when you’re wrong. I’ve been wrong many times and admitted it. I’ve also admitted I was wrong even when I thought I wasn’t. I knew my wife was bothered, and it was more important for her to feel loved than for me to feel right. It takes maturity and a willingness to focus on your spouse more than your ego.”
Soul food: Neh 5-7; John 18:12-24; Ps 150; Prov 29:22-27
Romeine 12:10 NLV
Maak nie saak hoe goed jou huwelik is nie, jy kan dit altyd verbeter. Jon Gordon skryf: ‘Ek en my vrou het so pas ons agtiende huweliksherdenking gevier. Ons het baie geleer en gegroei in hierdie tyd. Ek deel graag ‘n paar van ons verhoudingslesse:
1) Maak wyse besluite. Een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal neem, is met wie jy trou. Wanneer ek terugkyk, is daar geen manier waarop ek die lewe sonder my vrou kon aanpak nie. Haar liefde, ondersteuning, geloof en aanmoediging het my krag gegee. Sy het in my geglo toe niemand anders dit gedoen het nie.
2) Wees bereid om te verbeter en te groei. Vroeg in ons huwelik was ons verhouding nie baie goed nie. Ek was jonk, selfsugtig en nogal negatief. Eendag het my vrou genoeg gehad: ‘Ek is lief vir jou, maar ek gaan nie my lewe saam met iemand wat my ellendig laat voel, deurbring nie.’ Ek het na myself gekyk en besef dat sy reg was. Dus was ek bereid om te verander en ‘n positiewe invloed op my vrou, my kinders en ander te word.
3) Kommunikeer. Kommunikeer. Kommunikeer! Die meeste verhoudings verbrokkel as gevolg van swak kommunikasie. Ons het oor die jare meningsverskille gehad, maar ons het altyd met mekaar gekommunikeer en dit het ons toegelaat om saam sterker te groei.
4) Erken wanneer jy verkeerd is. Ek was al baie keer verkeerd en het dit erken. Ek het ook al erken dat ek verkeerd is, selfs al het ek nie gedink dat ek verkeerd is nie. Ek het geweet dat dit my vrou pla en dit was belangriker om haar geliefd te laat voel as vir my om reg te wees. Dit verg volwassenheid en ‘n bereidwilligheid om meer op jou gade as op jou ego te fokus.’
Sielskos: Neh 5-7; Joh 18:12-24; Ps 150; Spr 29:22-27
2025-12-07
Efesiërs 2:10 NLV
Die woord ‘voorberei’ word van ‘n antieke gebruik om dienaars voor ‘n koning uit te stuur om dinge vir sy aankoms gereed te maak, afgelei. Die Koning van Konings gaan egter voor sy dienaars uit en berei die pad vir ons voor. Ons weet dit nie vooraf nie, daarom moet ons ons vrese oorkom, in geloof uittree en Hom volg. Soos ons op ons pad terugkyk, kan ons sê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe…’ (Psalm 23:6 NLV).
Let die woorde in Efesiërs 2:10 (NLV) op: ‘die goeie werke wat Hy vir ons bestem het’. Wanneer jy God volg, loop jy op ‘n pad wat vir jou voorberei is. Dis belangrik om dit in gedagte te hou. Wanneer jy jouself in moeilike omstandighede bevind, moet jy weet dat God jou treë rig (sien Psalm 37:23). Jy het hierdie versekering, omdat jy weet dat God elke gebeurlikheid in jou lewe oorweeg het en dat Hy altyd jou beste belange op die hart dra.
Die Psalmdigter Dawid het geskryf: ‘Here, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan. U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, Here, weet U al wat ek gaan sê… U hand van seën is op my. Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!’ (Psalm 139:1-6 NLV).
As Dawid, wat God ‘n man na sy hart genoem het (sien Handelinge 13:22), dit nie kon begryp nie, sal jy ook nie kan nie. God verwag egter nie van jou om Hom uit te pluis nie; Hy vra slegs dat jy Hom moet vertrou.
Sielskos: Josua 1:7-8; 2 Tim 3:14-17; Ps 119:1-16
Ephesians 2:10 NIV
The word “prepared” derives from an ancient custom of sending servants ahead of a king to have things ready for his arrival. But the King of Kings goes in advance of His servants and prepares the road ahead of us. We don’t know this in advance, so we have to overcome our fears, step out in faith, and follow Him. And as we look back, we can say, “Surely goodness and mercy shall follow me all the days of my life” (Psalm 23:6 KJV).
In Ephesians 2:10, notice the words “good works, which God prepared in advance for us to do.” When you follow God, you’re walking a prepared path. It’s important to keep this in mind. When you find yourself in difficult circumstances, you need to know that God is directing your footsteps (See Psalm 37:23). You have assurance because you know that God has considered every contingency in your life and that He always has your best interest at heart.
The psalmist David wrote: “I’m an open book to you; even from a distance, you know what I’m thinking. You know when I leave and when I get back; I’m never out of your sight. You know everything I’m going to say before I start the first sentence. I look behind me and you’re there, then up ahead and you’re there, too – your reassuring presence, coming and going… I can’t take it all in!” (Psalm 139:1-6 MSG).
If David, whom God called “a man after My own heart” (Acts 13:22 NKJV), couldn’t take it all in, you won’t either. But God is not asking you to figure Him out; He is just asking you to trust Him.
Soul food: Josh 1:7-8; 2 Tim 3:14-17; Ps 119:1-16
2025-12-06
Psalm 101:4 DB
As tiener het Megan net betyds van die skool af gekom om ‘n uur se sepies te kyk voordat sy met haar huiswerk moes begin. Sy het die ontsnapping geniet en was nie daarvan bewus dat die programme seksuele nuuskierigheid in haar aangewakker het nie. Na jare se blootstelling aan hierdie sepies het haar perspektief op die lewe ‘n verandering ondergaan. Sy het begin dink: ‘Verhoudings hoef nie suiwer te wees nie. Trouens, die onsuiweres lyk meer opwindend. Getrouheid maak nie saak nie, solank ‘n persoon gelukkig is.’ As universiteitstudent het Megan dit maklik gevind om rond te slaap.
Nadat ‘n kort huwelik rampspoedig as gevolg van haar ontrouheid geëindig het, het sy by ‘n berader aangeklop. Aanvanklik was dit moeilik vir die berader om te verstaan waarom Megan by buite-egtelike verhoudings betrokke raak. Sy was ‘n voorbeeldige tiener in terme van haar openbare gedrag by die huis, kerk en skool. Uiteindelik het die berader die bron van die versoeking wat Megan gedryf het om aan haar sogenaamde verborge lewe deel te neem, ontdek.Wat jy op televisie en die internet kyk, word deel van jou geheuebank. Jy bêre beelde op lêer wat Satan teen jou sal gebruik.
Dawid se verhouding met Batseba het met ‘n verkeerde kyk begin en uiteindelik op ‘n tragedie uitgeloop. Later het Dawid geskryf: ‘Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees. Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie… Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie… Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my…’ (verse 2-4, 6 DB).
Sielskos: Neh 1-4; Joh 18:1-11; Ps 148:7-14; Spr 29:16-21