2025-08-06
Prediker 3:1 NLV
Waarom verander ‘n gelukkige twaalfjarige wat maklik saamwerk skielik in ‘n nukkerige, depressiewe dertienjarige? Daar is twee sterk kragte wat vir sommige van die tienergedrag wat jou as ouer mal maak, verantwoordelik is. Die eerste word aan sosiale druk, wat algemeen op daardie ouderdom voorkom, gekoppel. Daar is egter ‘n tweede bron van ontwrigting. Dit hou verband met hormonale veranderinge wat nie net die fisiese liggaam transformeer nie, maar ook ‘n omwenteling in hoe kinders dink, veroorsaak.
Sommige (nie alle) tieners ontwikkel ‘n chemiese wanbalans wat vir ‘n paar jaar ‘n toestand van wanbalans, opwinding, uitbarstings en selfs depressie veroorsaak. Hierdie omwenteling kan ‘n seun of meisie motiveer om dinge te doen wat absoluut geen sin vir die volwassenes wat angstig op die kantlyn toekyk, maak nie. Hierdie hormonale vuurstorm kan hul selfkonsep destabiliseer. Ouers ervaar dikwels wanhoop tydens hierdie irrasionele tydperk. Dit lyk asof alles wat hulle vir hul kinders probeer leer het, verdwyn het. Selfdissipline, netheid, respek vir gesag en algemene hoflikheid kan plek vir risiko’s en lighartigheid maak.
As jou kind vandag hom- of haarself daar bevind, is daar goeie nuus – beter dae is op pad! Jou onvoorspelbare tiener kan ‘n toring van krag en goeie oordeel word – mits hulle nie iets vernietigends doen voordat hul hormone weer tot bedaring kom nie.
Wat staan jou as ouer te doen? Eerstens, moenie langtermyn gevolgtrekkings op grond van ‘n korttermyn seisoen maak nie. Tweedens, laat hulle weet dat jy vir hulle lief is, wees geduldig en bid vir gemoedsrus. ‘…Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:7 NLV).
Sielskos: Obadja; 2 Joh; Matt 15:1-14; Ps 119:33-40; Spr 17:16
Ecclesiastes 3:1 NKJV
Why does a happy, cooperative twelve-year-old suddenly turn into a sullen, depressed thirteen-year-old? There are two powerful forces that account for some of the adolescent behaviour that drives you crazy as a parent. The first is linked to social pressures common at that age. But there is a second source of disruption. It’s related to hormonal changes that not only transform the physical body but also revolutionize how kids think.
For some (not all) adolescents, human chemistry is in a state of imbalance for a few years, causing flightiness, agitation, outbursts, and even depression. This upheaval can motivate a boy or girl to do things that make absolutely no sense to the adults who are watching anxiously on the sidelines. This hormonal firestorm can destabilize their self-concept and create a sense of foreboding. Parents often despair during the irrationality of this period. Everything they have tried to teach their children seems to have misfired for a couple of years. Self-discipline, cleanliness, respect for authority, and common courtesy may give way to risk-taking and all-around goofiness.
If that is where your child is today, there is good news – better days are coming! Your unpredictable teen can actually become a tower of strength and good judgment – if they don’t do something destructive before their hormones settle down once more.
What should you do as a parent? First, don’t draw long-term conclusions based on a short-term season. Second, let them know you love them, be patient, and pray for peace of mind. “The peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds” (Philippians 4:7 NKJV).
Soul food: Obadiah; 2 John; Matt 15:1-14; Ps 119:33-40; Pro 17:16
2025-08-05
Romans 12:10 NKJV
One of the real tests of character and maturity is how you react to someone else’s success. That’s particularly so when they succeed in an area where you failed or in which you’re frustrated over not having achieved greater success.
F. B. Meyer, a well-known author and minister in England, once shared the following experience to a few of his friends: “It was easy to pray for the success of G. Campbell Morgan when he was in America. But when he came back to England and took a church near to mine, it was something different. The old Adam in me was inclined to jealousy, but I got my heel upon his head, and whether I felt right toward my friend, I determined to act right. My church gave a reception for him, and I acknowledged that if it was not necessary for me to preach Sunday evenings, I would dearly love to go and hear him myself. Well, that made me feel right toward him. But just see how the dear Lord helped me out of my difficulty. There was Charles Spurgeon preaching wonderfully on one side of me, and G. Campbell Morgan on the other. Both were so popular and drew such crowds that our church caught the overflow, and we had all we could accommodate.”
No matter how well you do something, someone else will come along and do it better. So, here are your options: Compare yourself to them, compete with them, criticize them, compliment, and cooperate with them. The latter is what Paul meant when he wrote, “Be kindly affectionate to one another with brotherly love, in honour giving preference to one another” (v. 10 NKJV).
Soul food: 1 Pet 1-5; Matt 14:22-36; Ps 119:25-32; Pro 17:11-15
Romeine 12:10 NLV
Een van die ware toetse van karakter en volwassenheid is hoe jy op iemand anders se sukses reageer. Dis veral waar wanneer hulle in ‘n area waarin jy misluk het of gefrustreerd is omdat jy nie groter sukses behaal het nie, presteer.
F.B. Meyer, ‘n bekende skrywer en dominee in Engeland, het een keer die volgende ervaring gedeel: ‘Dit was maklik om vir G. Campbell Morgan se sukses te bid terwyl hy in Amerika was. Toe hy egter na Engeland terugkeer en by ‘n kerk naby myne begin preek het, was dit egter ‘n ander storie. Ek het my jaloesie onderdruk en was vasbeslote om reg teenoor my vriend op te tree. My kerk het ‘n onthaal vir hom gereël en ek het erken dat indien dit nie nodig vir my was om die Sondagaand te preek nie, ek graag na hom sou wou gaan luister. My optrede teenoor hom het dus vir my reg gevoel. Die liewe Here het my egter uit my moeilikheid gehelp. Charles Spurgeon het by die kerk aan die een kant van my kerk gepreek, en G. Campbell Morgan het by die kerk aan die ander kant van myne gepreek. Hulle was beide so populêr en het sulke groot skares gelok dat ons kerk die oorloop van mense kon bedien. Ons kerk was propvol.’
Maak nie saak hoe goed jy iets doen nie, daar sal altyd iemand anders opdaag wat dit beter doen. Hier is dus jou opsies: Vergelyk jouself met hulle, kompeteer met hulle, kritiseer hulle of komplimenteer hulle en werk saam met hulle. Dis wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: ‘As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer’ (vers 10 NLV).
Sielskos: 1 Pet 1-5; Matt 14:22-36; Ps 119:25-32; Spr 17:11-15
2025-08-04
Handelinge 26:16 NLV
In bofbal probeer die vanger die kolwer se aandag aftrek. By een geleentheid, toe dit Yogi Berra se beurt was om te vang, het Hank Aaron opgedaag om te kolf. Yogi het begin: ‘Hank, jy hou die kolf verkeerd vas. Die woorde op die kolf moet na jou kant toe kyk.’ Yogi het aangehou: ‘Jy beter seker maak jy hou die kolf reg vas. Jy moet die woorde op die kolf kan lees.’ Hank het nie ‘n woord gesê nie. Hy het net die volgende bal oor die middelveldheining geslaan. Hy het rondom die basisse gehardloop, die tuisbasis bereik en na Yogi Berra gekyk en gesê: ‘Ek het nie hierheen gekom om te lees nie, ek het gekom om te wen.’
Dit is noodsaaklik om te weet hoekom jy hier is. Deesdae sê mense dat hulle hulself probeer vind. So ‘n soektog is nutteloos. Soos een pastoor sê: ‘As jy nie weet wie jy is nie, hoe weet jy waarna om te soek? Hoe sal jy weet wanneer jy dit gekry het, aangesien jy nie weet waarna jy soek nie? Broodroosters vind nie hulself nie. ‘n Broodrooster moet eenvoudig net doen wat die vervaardiger vir hom in gedagte gehad het.’
Paulus het ‘n bonatuurlike ervaring op die Damaskuspad gehad toe Christus vir hom gesê het: ‘…Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel. Jy moet vertel hoedat jy My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien’ (vers 16 NLV). Om jou lewensdoel te vind, moet jy met God as jou verwysingspunt begin. Hy het jou gemaak; Hy het jou verlos; Hy het ‘n plan vir jou lewe – en Hy sal dit aan jou openbaar.
Sielskos: Deut 32:29-34:12; Matt 14:13-21; Ps 119:17-24; Spr 17:7-10