2025-08-09
1 Tessalonisense 2:19 AFR83
Die tweede kroon wat in die Skrif genoem word is die kroon van blydskap. Dit word aan diegene wat daarna streef om ander mense na Christus te lei, gegee. Die agtergrond van bogenoemde Skrifgedeelte word in Handelinge 17 beskryf, wat die verhaal van Paulus wat in Tessalonika aankom, vertel.
Hy het na die sinagoge toe gegaan en “…op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,’ het hy gesê, ‘Hý is die Messias'” (verse 2-3 NLV). Sommige van sy toehoorders het hulle bekeer, insluitend ‘n groot menigte vroom Grieke en ‘n aantal vooraanstaande vroue. Gevolglik is ‘n kerk daar gestig. Toe Paulus later aan hulle skryf, het hy gesê dat hulle sy kroon sou wees wanneer Christus terugkeer.
Ons moet almal Bill Bright se voorbeeld volg; hy was in die twintigste eeu een van die grootste werwers van siele vir Christus. Hy het sy geheim gedeel: ‘Alhoewel ek deur die jare persoonlik Christus met baie duisende mense gedeel het, is ek ‘n taamlik teruggetrokke persoon en vind ek dit nie altyd maklik om te getuig nie. Ek het egter die volgende gedoen en ek moedig jou aan om dieselfde te doen: Aanvaar dat wanneer jy vir meer as ‘n paar oomblikke alleen saam met ‘n ander persoon is, jy daar op goddelike afspraak is om die liefde en vergifnis wat hy [of sy] deur geloof in Jesus Christus kan ken te verduidelik.’
Wanneer laas het jy die evangelie met iemand gedeel? Wanneer jy dit doen, berei God vir jou ‘n kroon van blydskap voor.
Sielskos: Rig 4-6; Matt 16:1-12; Ps 119:57-64; Spr 17:22
2025-08-08
1 Korintiërs 9:25 AFR83
Wanneer die Bybel ons hemelse beloning beskryf, word daar van krone gepraat. Kom ons kyk na elkeen en wat ons daaruit kan leer.
Die eerste is die oorwinnaarskroon. ‘Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie’ (verse 25-27 AFR 83). Paulus noem dat atlete wat wil wen, aktief daarvoor moet oefen. Net so moet ons selfbeheersing oor dinge wat, alhoewel dit nie inherent boos is nie, maar ons toewyding aan God kan verswak, uitoefen.
‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Soms moet ons die televisie afskakel sodat ons Bybelstudie kan doen. Ons moet vroeër in die oggend opstaan om ons dagstukkie te lees. Ons moet selfbeheersing oor dit waarmee ons ons gedagtes vul, uitoefen. Ons kan baie van vandag se televisieprogramme en rolprente – en nog te meer die materiaal wat op ons fone en rekenaars beskikbaar is – nie kyk sonder om Bybelse standaarde van persoonlike heiligheid te oortree nie. Ons kan nie ons liggame aan dwelm- of alkoholmisbruik onderwerp of toelaat dat onsedelikheid in ons verhoudings insluip nie. Ons moet ons humeure en tonge onder die beheer van die Heilige Gees hou. Ons moet op God staatmaak om ons in ons besluite om ‘n gedissiplineerde lewe te lei, te versterk.’
Die Bybel sê: ‘Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike.’ Werk om die oorwinnaarskroon te ontvang.
Sielskos: Rig 1-3; Matt 15:29-39; Ps 119:49-56; Spr 17:18-21
1 Corinthians 9:25 NKJV
In describing our heavenly rewards, the Bible speaks of crowns. Let’s look at each and see what we can learn.
The first is the victor’s crown. “Everyone who competes for the prize is temperate in all things. Now they do it to obtain a perishable crown, but we for an imperishable crown. Therefore I run thus: not with uncertainty. Thus I fight: not as one who beats the air. But I discipline my body and bring it into subjection, lest, when I have preached to others, I myself should become disqualified” (vv. 25-27 NKJV). Paul points out that athletes who expect to win must actively train. And we, likewise, must retain self-control even in things that, although not inherently evil, can weaken our devotion to God.
A pastor explains: “Sometimes we have to turn off the television so we can study our Bibles. We have to get up earlier in the mornings to have our daily devotions. We have to exercise self-control in what comes into our minds. We can’t watch many of today’s television programs or movies – much less the streaming material accessible on our phones and computers – without violating biblical standards of personal holiness. We can’t subject our bodies to drug or alcohol abuse or allow immorality to creep into our relationships. We’ve got to keep our tempers [and tongues] under the control of the Holy Spirit… and we have to depend on God to strengthen us in our resolutions to live disciplined lives.”
The Bible says, “Now they do it to obtain a perishable crown, but we for an imperishable crown” – the victor’s crown.
Soul food: Judg 1-3; Matt 15:29-39; Ps 119:49-56; Pro 17:18-21
2025-08-07
1 Corinthians 6:20 MSG
Columnist Ann Landers wrote: “Girls need to prove their love through illicit sexual relations like a moose needs a hat rack. Why not prove your love by sticking your head in the oven and turning on the gas or by playing leapfrog in the traffic? It’s about as safe. Clear the cobwebs out of your head! Any fellow who asks you to prove your love is trying to take you for the biggest, most gullible fool who ever walked. That proving it bit is one of the… rottenest lines ever invented… Someone who loves you wants whatever is best for you. But now figure it out. He wants you to commit an immoral act, surrender your virtue, throw away your self-respect, risk the loss of your precious reputation, and risk getting [pregnant, getting diseased, or] into trouble. [Wise up!] He wants… what is best for him; he wants a thrill he can brag about at your expense.
Love? Who’s kidding whom? A guy who loves a girl would sooner cut off his right arm than hurt her. [In truth], this self-serving [individual] has proved that he doesn’t love you [at all]. The predictable aftermath… always finds Don Juan tiring of his sport. That’s when he drops you, picks up his line, and goes casting elsewhere for… equally silly fish. If he loves you, let him prove his love… [at] the altar.”
If you want some sound scriptural advice about 5ex, here it is: “Your body is… sacred… The physical part of you is not some piece of property belonging to the spiritual part of you. God owns the whole works. So let people see God in and through your body” (vv. 19-20 MSG).
Soul food: Ruth 1-4; Matt 15:15-28; Ps 119:41-48; Pro 17:17
1 Korintiërs 6:20 NLV
Ann Landers skryf: ‘Geen meisie behoort haar liefde te moet bewys deur ongeoorloofde seksuele verhoudings aan te knoop nie. Enige ou wat jou vra om jou liefde te bewys, probeer jou vir die grootste, maklikste dwaas wat ooit bestaan, uitvang. Daardie ‘bewys jy is lief vir my’ gesegde is een van die vuilste truuks wat al ooit uitgedink is. Iemand wat jou werklik liefhet, wil die beste vir jou hê. Dink mooi hieroor. Hy wil hê jy moet ‘n ongeoorloofde daad pleeg, jou deug prysgee, jou selfrespek weggooi, jou kosbare reputasie vernietig, die risiko loop om swanger te raak of ‘n siekte op te doen of in groot moeilikheid beland. Word wakker! Hy wil hê wat die beste is vir hom; hy soek opwinding waaroor hy ten koste van jou kan spog.
Liefde? Wie probeer vir wie flous? ‘n Ou wat ‘n meisie werklik liefhet, sal eerder sy regterarm afkap as om haar skade aan te doen. In werklikheid bewys hierdie selfsugtige individu dat hy jou glad nie liefhet nie. Wat is die voorspelbare nagevolge? Don Juan raak gou moeg vir sy speletjies. Dan los hy jou, tel sy visstok weer op en gaan vang elders ‘n ander ewe niksvermoedende vis. As hy jou liefhet, laat hom sy liefde by die altaar bewys.’
Hier is Skriftuurlike raad oor seks: ‘Het julle dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is?.. Dit beteken dat julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan doen wat julle wil nie. Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam – daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra’ (verse 19-20 DB).
Sielskos: Rut 1-4; Matt 15:15-28; Ps 119:41-48; Spr 17:17