Moenie voor God uit beweeg nie

2025-06-05
Psalm 127:1 NLV

Een Bybelonderwyser skryf: ‘Satan gee nie om wanneer ons bou nie, solank as wat hy die hoofkontrakteur is. Hy sal seker maak dat ons God se naam aan ons drome heg en wanneer dit misluk, lyk dit asof Hy misluk het. Romeine 8:14 sê: ‘Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders’ (NLV).

Dis belangrik om God se plan te ken, sowel as die wanneer, waar en deur wie Hy dit wil bereik. Dis maklik om in die bediening besig te raak en voor Hom uit te beweeg. Die sleutel is om in konstante kommunikasie te bly en Hom toe te laat om jou stap vir stap te lei, sodat alles in plek vir ‘n suksesvolle uitkoms is.

Soos in die weermag, mag die troepe dalk oor die sending ingelig word, maar hulle moet vir hul bevelvoerder wag om hulle te beveel hoe en waar hulle hul opdrag moet uitvoer. ‘n Soldaat woon nie een inligtingsessie by en hardloop dan weg en voer die plan alleen uit nie. Hy bly in kontak met sy bevelvoerder, wat die sending koördineer en hom en sy medesoldate na oorwinning lei. Dit is noodsaaklik om in kontak met die hoofkwartier te bly sodat jy die meesterplan ken, op koers bly en oorwinning behaal.’

As jy geneig is om dinge alleen aan te pak, maak die volgende jou gebed: ‘God, dit is dwaas om voor U te probeer uitbeweeg, maar dit gebeur so maklik. Wys my hoe ek meer tyd saam met U kan bestee en meer sensitief vir U stem kan word. Ek wil nie verniet bou nie. Ek wil hê dat my bediening ‘n verlengstuk van U moet wees, sodat U die eer kry.’

Sielskos: 2 Kon 7-9; Mark 12:13-27; Ps 132:1-10; Spr 13:4-6

Don’t get ahead of God


Psalm 127:1 KJV

One Bible teacher writes: “Satan doesn’t mind when we build, as long as he’s the head contractor. He’ll make sure we smear God’s name all over our dreams, then when they fail, it’ll look like He failed. Romans 8:14 says, ‘As many as are led by the Spirit… are… sons of God’ (KJV).

It’s important to know God’s plan, as well as when, where, and through whom He wants it accomplished. It’s easy to get caught up in the busyness of ministry and run ahead of Him. The key is to stay in constant communication and let Him lead you step by step so that everything is in place for a successful outcome.

Like the military, the troops may be informed about the mission, but they must wait for their commander to tell them when and how to accomplish their assignment. A soldier doesn’t attend one briefing and then run off and accomplish the plan alone. He stays in contact with his commanding officer, who coordinates the mission and leads him and his fellow soldiers to victory. It’s vital to stay in touch with headquarters so you know the master plan, stay on course, and achieve victory.”

If you’re inclined to go it alone, make this your prayer: “God, it’s foolish to get ahead of you – but putting that into practice isn’t easy. Show me how I can spend more time with you and become more sensitive to your voice. If I go off on my own, have your Holy Spirit check and correct my spirit. I don’t want to build in vain. I want my ministry to be an extension of you, so you get the glory.”

Soul food: 2 Ki 7-9; Mark 12:13-27; Ps 132:1-10; Prov 13:4-6

Uit met die oue en in met die nuwe!

2025-06-04
Markus 2:22 NLV

As nuwe skepping, word jy nie meer deur jou ou gedrag nie, maar deur jou verhouding met Christus beheer. Jon Walker skryf: “‘n Paar kilometer van my huis af is daar ‘n winkel wat ‘n opknapping ondergaan het. Die werknemers het egter moontlik nie die memo ontvang nie. Die werker agter die toonbank het ‘n nuwe uniform gedra, maar hy het ook dieselfde nors voorkoms gehad wat ek voorheen gesien het. Dit het my laat dink oor hoe ons probeer om nuwe wyn in ou leersakke te gooi. Jesus sê ons sal beslis misluk, want ‘…doen jy dit tog, gaan die wyn die sakke laat skeur en die wyn sowel as die sakke sal daarmee heen wees…’ (vers 22 NLV).

Doen ons egter nie dieselfde as dit by ons Christelike wandel kom nie? Die nuwe wyn van onvoorwaardelike liefde, geskink in die ou leersak van haat vir die gesin wat twee deure van ons af bly. Die nuwe wyn van aanbidding, gegiet in die ou leersak van verafgoding van geld, mag, musiek of die nuutste videospeletjie. Die nuwe wyn van Bybelstudie, gegooi in die ou leersak van besig wees met onbenullighede. Die nuwe wyn van nederigheid, geskink in die ou leersak van verwaandheid. Die nuwe wyn van vergifnis, geskink in die ou leersak van bitterheid. Die nuwe wyn van ander eerste plaas, gegiet in die ou leersak van selfsugtige ambisie. Die nuwe wyn van vreugde, geskink in die ou leersak van jaloesie. Die nuwe wyn van vrede, geskink in die ou leersak van onenigheid.”

As enigiets hiervan bekend klink, is dit tyd om die ou leersak weg te gooi en God toe te laat om jou ‘n kragtige, nuwe, skoon skepping te maak.

Sielskos: 2 Kon 4:18-6:33; Mark 12:1-12; Ps 48; Spr 13:2-3

Out with the old and in with the new!


Mark 2:22 NKJV

As a new creation, you’re no longer controlled by your old behaviour but by your relationship with Christ. Jon Walker writes: “A few miles from my house there’s a convenience store that went through a makeover. However, the employees may have missed the makeover memo. The kid behind the counter wore a new uniform… but he also wore the same sullen look I’d seen before. It made me think about how we try to put new wine into old wineskins. Jesus says we’re bound to fail because ‘the wine will burst the skins, and both… will be ruined’ (NIV).

But don’t we [do the same] when it comes to our Christian walk? The new wine of honesty-at-work, poured into the old wineskin of cutting corners. The new wine of unconditional love, poured into the old wineskin of hatred for the family two doors down. The new wine of worship, poured into the old wineskin of idolizing money, power, music, or the latest video game. The new wine of Bible study, poured into the old wineskin of ‘gotta-go-pop-tart-for-breakfast’ busyness. The new wine of humility, poured into the old wineskin of conceit. The new wine of forgiveness, poured into the old wineskin of bitterness. The new wine of others first, poured into the old wineskin of selfish ambition. The new wine of joy, poured into the old wineskin of jealousy and factions. The new wine of peace, poured into the old wineskin of discord.”

If any of this sounds familiar, it’s time to ditch the old wineskin and let God make you a powerful, new, clean vessel.

Soul food: 2 Ki 4:18-6:33; Mark 12:1-12; Ps 48; Prov 13:2-3

Gebruik vandag jou Godgegewe krag

2025-06-03
Handelinge 1:8 NLV

Jy vra: ‘As Christus in my woon, hoekom dink en tree ek steeds op hierdie manier op?’ ‘n Christelike leier verduidelik: ‘Die antwoord word in ‘n storie oor ‘n dame wat ‘n klein huisie aan die begin van die eeu gehad het, geïllustreer. Sy was redelik ryk, maar ook redelik spaarsamig. Mense was verbaas toe sy besluit het om onder die eerstes te wees wat elektrisiteit by haar huis te laat aanlê. Etlike weke na die installasie het ‘n meterleser by haar deur verskyn. Hy het haar gevra of haar elektrisiteit goed werk en sy het hom verseker dat dit doen. ‘Ek wonder of jy iets vir my kan verduidelik,’ het hy gesê. ‘Jou meter wys skaars enige gebruik. Gebruik jy enigsins die elektrisiteit?’ ‘Natuurlik,’ antwoord sy. ‘Elke aand as die son sak, sit ek my ligte net lank genoeg aan om my kerse aan te steek; dan skakel ek dit weer af.’ Sy het die krag aangeskakel, maar dit nie gebruik nie. Haar huis was aan elektrisiteit gekoppel, maar nie verander nie.

Maak ons nie dieselfde fout nie? Ons vertrou op Christus vir verlossing, maar weerstaan transformasie. Ons speel soms met die skakelaar, maar die meeste van die tyd is ons met skaduwees tevrede. Wat sou gebeur as ons die lig aanlos? Watter veranderinge sou plaasvind wanneer ons besluit om in Christus se glans te woon? God het ambisieuse planne vir ons; daar is geen twyfel daaroor nie. Dieselfde Een wat jou siel gered het, verlang daarna om jou hart te omskep. Sy plan is niks minder as ‘n totale transformasie nie.’ ‘… God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak. Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats…’ (Romeine 8:29 DB). Gebruik vandag jou Godgegewe krag.

Sielskos: 2 Kon 1:1-4:17; Mark 11:27-33; Ps 1; Spr 13:1