2025-06-08
2 Korintiërs 5:17 NLV
Mense is veronderstel om die volgende boodskap te kry wanneer hulle na jou kyk: ‘…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk…’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). ‘Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ‘n mens skaam maak…’ (2 Korintiërs 4:2 NLV). ‘Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Met ander woorde, jou brief moet dit duidelik maak dat jy nie die persoon is wat jy eers was nie, want:
1) God het jou geestelik verander. Vroeër het jy nie God se Woord geniet of sy opdragte gehoorsaam nie. Nou hoor, ontvang en gehoorsaam jy sy Woord en verlustig jouself daarin (sien Psalm 119:97-106).
2) Christus het jou moreel verander. Paulus verskaf in 1 Korintiërs 6 ‘n lys van die baie sondes wat eens op ‘n tyd ons lewens gekenmerk het. Hy noem diegene wat onsedelik is, diewe, hebsugtiges, dronkaards, lasteraars, swendelaars, ensovoorts, op. Dan volg hierdie wonderlike vers: ‘Daar was ‘n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense…’ (vers 11 NLV).
3) Christus het jou denkpatrone verander. ‘…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ (Romeine 12:2 NLV). Jy kan nou na jouself, ander mense, jou uitdagings, jou opsies en geleenthede in die lig van God se gedagtes kyk. Jy sien nou moontlikhede waar jy voorheen net probleme gesien het. Jou gedagtes, wat eens deur bekommernis oorheers was, word nou met vertroue en vrede gevul. In wese moet jou brief hierdie boodskap aan die mense wat jy ontmoet, oordra: ‘Christus het my lewe ten goede verander en as jy Hom toelaat, sal Hy joune ook verander!’
Sielskos: Lev 23:15-22; Hand 2:1-18
2025-06-07
2 Corinthians 3:18 NIV
You have probably heard the old saying about doctors and their prescriptions, “They can read writing, but they can’t write reading.” A letter must be easily read and understood. Incomprehensible writing distorts the message and discourages the reader. The purpose of a letter is to convey the writer’s thoughts. When it doesn’t, the reader stops reading or fails to get the message. And since “you are like a letter written by Christ” (v. 3 CEV), here are some common distortions you need to avoid:
(1) Dishonesty on the job. That includes things like inflating your expenses, stealing company time, and taking home items you think won’t be missed.
(2) A bad attitude. For example, resentment when a friend, fellow worker or boss asks you at an inconvenient time to help them and go the extra mile.
(3) Substandard work reflected in shoddy products and services.
(4) Unreliability and inconsistency. Can you be counted on to be where you’re supposed to be and to fulfil your obligations?
(5) Being a killjoy. Christians who lack a sense of humor and act like they are joy impaired hurt the cause of Christ instead of helping it.
(6) Touchiness. How do people “read” you? Do you wear your feelings on your sleeve? Are you easily upset? Do you overreact to unintended offenses?
(7) Temper tantrums. Are you crabby, grumpy, and complaining when things don’t go your way?
(8) Self-righteousness. This can make you speak in supercilious, religious tones that turn people off.
Remember, you’re “known and read by everyone” (v. 2 NIV), so make sure your attitude and conduct reflect well on your faith and your Lord.
Soul food: 2 Ki 13-15; Mark 13:1-11; Ps 143; Prov 13:9-10
2 Korintiërs 3:18 NLV
‘n Brief moet maklik gelees en verstaan word. Onverstaanbare skryfwerk verdraai die boodskap en ontmoedig die leser. Die doel van ‘n brief is om die skrywer se gedagtes oor te dra. Wanneer dit nie gebeur nie, hou die leser op lees of kry nie die boodskap nie. Aangesien jy ‘…’n brief van Christus is…’ (vers 3 NLV), is hier ‘n paar algemene foute wat jy moet vermy:
(1) Oneerlikheid by die werk. Dit sluit dinge soos om jou uitgawes te versin, maatskappytyd te steel en items huis toe te neem wat jy dink nie gemis sal word nie, in.
(2) ‘n Slegte gesindheid. Om byvoorbeeld gegrief te wees wanneer ‘n vriend, medewerker of baas jou op ‘n ongeleë tyd vra om hulle te help en die ekstra myl te loop.
(3) Substandaard werk wat in swak produkte en dienste weerspieël word.
(4) Onbetroubaarheid en inkonsekwentheid. Kan daar op jou gereken word om te wees waar jy veronderstel is om te wees en om jou verpligtinge na te kom?
(5) Deur ‘n suurpruim te wees. Christene wat nie ‘n sin vir humor het nie en optree asof hulle vreugde haat, maak die saak van Christus seer in plaas daarvan om dit te bevorder.
(6) Gevoeligheid. Hoe sien mense jou? Dra jy jou gevoelens op jou mou? Raak jy maklik ontsteld? Oorreageer jy op onbedoelde oortredings?
(7) Woedebuie. Is jy krapperig, knorrig en kla wanneer dinge nie na jou sin verloop nie?
(8) Eiegeregtigheid. Dit kan jou met ‘n vermetele, godsdienstige stemtoon laat praat wat mense afskrik.
Onthou: ‘…bekend aan en gelees deur alle mense…’ (vers 2 NLV), maak dus seker dat jou gesindheid en optrede goed op jou geloof en jou Here reflekteer.
Sielskos: 2 Kon 13-15; Mark 13:1-11; Ps 143; Spr 13:9-10
2025-06-06
2 Corinthians 3:3 CEV
Paul wrote to the Corinthian believers: “You are our letter… for everyone to read and understand… a letter written by Christ and delivered by us. But you are not written with pen and ink or on tablets made of stone. You are written… by the Spirit of the living God” (vv. 2-3 CEV). Usually, when we get mail, we sort it into two piles: important mail and junk mail. How do we make that determination? By answering these two questions:
(1) Who is the letter from? The source determines your interest level. And you are a letter to the world from Christ, and about Christ, “for what we preach is not ourselves, but Jesus… as Lord” (2 Corinthians 4:5 NIV). Religious folks often promote their denomination, but we’re called to promote Christ – and Him alone. Are people really interested? Yes, Jesus promised, “I, when I am lifted up… will draw all people to myself” (John 12:32 NIV). Nothing is more needed today than a living portrait of Jesus reflected in the lives of His redeemed people. So, deliver your love letter to whoever crosses your path.
(2) Who is the letter addressed to? The Bible answers that question: “Whoever believes in Him should not perish but have everlasting life” (John 3:16 NKJV). Dr. David Yonggi Cho built the world’s largest church in Seoul, South Korea: almost a million people. That’s bigger than many towns and cities. But as a young Buddhist, he was led to Christ by a lady he only met once. What if she had decided to remain silent?
Your life is a letter from Christ with the potential to change someone else’s life, so make sure you deliver it.
Soul food: 2 Ki 10-12; Mark 12:28-44; Ps 132:11-18; Prov 13:7-8
2 Korintiërs 3:3 NLV
Paulus het vir die gelowiges in Korinte geskryf: ‘Julle is tog self ons brief… bekend aan en gelees deur alle mense. Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God…’ (verse 2-3 NLV). Gewoonlik wanneer ons pos kry, sorteer ons dit in twee hopies: belangrike pos en gemorspos. Hoe bepaal ons wat is wat? Deur hierdie twee vrae te beantwoord:
1) Wie het die brief gestuur? Die bron bepaal die vlak van jou belangstelling. Jy is ‘n brief van Christus aan die wêreld, ‘n brief oor Christus, want: ‘Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here…’ (2 Korintiërs 4:5 NLV). Stel mense regtig belang? Ja, Jesus het beloof: ‘En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek’ (Johannes 12:32 NLV). Niks is vandag so nodig soos ‘n lewende portret van Jesus wat in die lewens van sy verloste mense weerspieël word nie. Lewer dus jou liefdesbrief aan wie ook al jou pad kruis, af.
2) Aan wie is die brief geadresseer? Die Bybel antwoord hierdie vraag: ‘…sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê’ (Johannes 3:16 NLV). Dr David Yonggi Cho het die wêreld se grootste kerk, wat amper ‘n miljoen mense kan huisves, in Seoul, Suid-Korea, gebou. Dit is groter as baie dorpe en stede. As jong Boeddhis is hy na Christus deur ‘n dame wat hy net een keer ontmoet het, gelei. Wat as sy besluit het om stil te bly?
Jou lewe is ‘n brief van Christus met die potensiaal om iemand anders se lewe te verander, maak dus seker jy lewer dit af.
Sielskos: 2 Kon 10-12; Mark 12:28-44; Ps 132:11-18; Spr 13:7-8