2024-12-06
2 Korintiërs 2:11 NLV
Die Bybel noem Satan ‘n bedrieër. Wanneer iemand teen jou planne smee en jy onbewus daarvan is, kan jy nie voorsorgmaatreëls tref nie en gevolglik kry jy daardeur seer. Een van Satan se doeltreffendste planne is om sy invloed op ons lewens te onderspeel. Hy doen dit sodat hy ons kan uitoorlê.
Die Bybel sê egter: ‘…Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ Een dag het ‘n gesprek tussen God en Satan oor die beskerming en seën oor Job se lewe plaasgevind. Satan het vir God gesê: ‘U het hom nog altyd net beskerm. En U het hom voorspoedig gemaak in alles wat hy aanpak… Maar vat nou alles wat hy het. Hy sal U verseker in u gesig vloek!’ (Job 1:10-11 NLV).
God het dit toe gedoen en Satan het Job se finansies, sy kinders en sy gesondheid aangeval. Alhoewel Job se gedagtes met onbeantwoorde vrae gevul was, het sy vertroue in die goedheid van God sterk gestaan en het hy met twee keer soveel as tevore opgeëindig. ‘n Mens kan nie alles wat verkeerd gaan op Satan blameer nie, maar jy maak ‘n ernstige fout om nie bedag te wees wanneer hy in jou lewe aan die werk is nie, omdat hy jou dan kan oorwin. Hoekom? Omdat jy nie weet hoe om terug te veg en die wapens wat God jou gegee het, te gebruik nie.
Jy het God se Woord: ‘…as swaard, die Gees, dit is God se woord’ (Efesiërs 6:17 NLV). As jy nie Satan as die bron van jou probleem identifiseer nie, is dit soos om geblinddoek te veg, met jou swaard wat in alle rigtings swaai in plaas daarvan om Satan te teiken en hom te verslaan.
Sielskos: Gen 35-36; Joh 16:19-33; Ps 2; Pred 3:1-4
2 Corinthians 2:11 NIV
The Bible calls Satan a schemer. Now, when someone schemes against you and you’re unaware of it, you don’t take defensive measures, and you can end up getting hurt. One of Satan’s most effective schemes is to downplay his influence in our lives. And he does that so that he can outwit us.
But the Bible says, “We are not unaware of his schemes.” The Bible speaks of things that take place in the invisible realm whose effects are felt in the visible realm. One day a conversation took place between God and Satan. What about? The hedge of protection and blessing that surrounded Job’s life. Satan told God, “If you remove that hedge, he will not serve you” (See Job 1:10-11).
So, God did, and Satan attacked Job’s finances, his children, and his health. Though Job’s mind was filled with unanswered questions, his trust in the goodness of God remained strong, and he ended up with twice as much. It can be a cop-out to blame everything on Satan, but it’s a grave mistake not to discern when he’s at work in your circumstances. When you feel the effects of his attack but fail to identify the source of it, he can prevail against you. Why? Because you don’t know how to fight back and use the weapons God has given you.
You have God’s Word, “the sword of the Spirit” (Ephesians 6:17). But unless you identify Satan as the source of your problem, it’s like fighting blindfolded, and your sword is flailing in every direction instead of targeting Satan and defeating him.
Soul food: Gen 35-36; John 16:19-33; Ps 2; Ecc 3:1-4
2024-12-05
Exodus 2:3 NKJV
Moses’ mother put him in a basket, placed it in the river Nile, and the tide carried him to Pharaoh’s daughter, who adopted him and made him part of Pharaoh’s family. His next forty years would be spent preparing him for one of the greatest assignments of all time: the exodus. There is a lesson here. The river took him from a place of hopelessness and despair to a place where all things became possible. And God can do that for you too.
(1) The river of His grace can blot out your sins, clothe you in the righteousness of Christ, and bring you into a new relationship with God.
(2) The river of His power can carry you from the place of defeat to the place of victory.
(3) The river of His wisdom can carry you from the place of mistakes and confusion to the place of vision and success.
(4) The river of His provision can take you from the place of lack to the place of abundance.
This may mean God will have to disconnect you from those who tear you down because they don’t understand what He has called you to do and connect you with a new circle of friends. Or place you in a church that can build you up spiritually and help equip you to fulfill God’s plan for your life. As a slave, Moses’ mother couldn’t have introduced him to Pharaoh’s daughter. But God could. And He did. And what God did for Moses, He will do for you if you seek Him in prayer and follow His instructions.
Soul food: Gen 32-34; John 16:1-18; Ps 130; Prov 31:28-31
Eksodus 2:3 NLV
Moses se ma het hom in ‘n mandjie gesit, dit in die Nylrivier weggesteek en die gety het hom na die farao se dogter gedra, wat hom aangeneem en hom deel van die farao se familie gemaak het. Die volgende veertig jaar is bestee om hom vir een van die grootste opdragte in die geskiedenis voor te berei: die eksodus. Die rivier het vir Moses van ‘n plek van hopeloosheid en wanhoop geneem na ‘n plek waar alle dinge moontlik geword het. God kan dit vir jou ook doen.
1) Die rivier van sy genade kan jou sondes uitwis, jou in die geregtigheid van Christus klee en jou in ‘n nuwe verhouding met God bring.
2) Die rivier van sy krag kan jou van die plek van mislukking na die plek van oorwinning neem.
3) Die rivier van sy wysheid kan jou van die plek van foute en verwarring na die plek van visie en sukses neem.
4) Die rivier van sy voorsiening kan jou van die plek van gebrek na die plek van oorvloed neem.
Dit kan beteken dat God jou dalk van diegene wat jou afbreek mag verwyder en jou met ‘n nuwe vriendekring verbind, omdat hulle nie verstaan het wat Hy jou geroep het om te doen nie. Of jou in ‘n kerk plaas wat jou geestelik kan opbou en jou kan help toerus om God se plan vir jou lewe te vervul. As slaaf kon Moses se ma hom nie aan farao se dogter voorgestel het nie. God kon egter. En Hy het. Wat God vir Moses gedoen het, sal Hy vir jou doen as jy Hom in gebed soek en sy instruksies volg.
Sielskos: Gen 32-34; Joh 16:1-18; Ps 130; Spr 31:28-31
2024-12-04
2 Konings 3:11 AFR53
Elisa het begin om Elia te dien en het hom daarna in sekere opsigte oortref. In die Bybelse tyd het dienaars die hande en voete van hulle meesters gewas. Elisa het dit gedoen. Hy het met die nederige taak om water op Elia se hande te gooi begin en het uiteindelik Elia se mantel ontvang en dit gebruik om die waters van die Jordaanrivier bonatuurlik te verdeel. Toe Elia hemel toe gegaan het, het Elisa ‘n dubbele deel van sy gees ontvang en uiteindelik twee keer soveel wonderwerke as Elia gedoen.
Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. As jy die bediening van die Here aan die toppunt van die leer wil betree, sal jy misluk. Hoekom? Omdat die enigste bevordering wat saak maak van die Here af kom (sien Psalm 75:6-7). Omdat hy geweet het dat sy tyd op aarde beperk was, het Paulus ‘n opvolgplan vir sy bediening ingestel. As jy wys is, sal jy dieselfde doen. Paulus het die volgende aan Timoteus, sy aangewese opvolger, geskryf: ‘Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees…’ (2 Timoteus 2:24 NLV).
Wanneer jy met ander probeer meeding of omstandighede tot jou voordeel probeer uitbuit om bo uit te kom, moet jy nie verbaas wees as God jou pad versper nie. Toe Petrus in die bediening begin het, was hy soos ‘n resiesperd wat nie ingebreek was nie: hoogs gespanne, impulsief en ambisieus. Later het hy egter geskryf: ‘…Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: ‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV).
Sielskos: Gen 30:25-31:55; Joh 15:18-27; Ps 65; Spr 31:25-27