Weet wie om te vertrou

2024-12-09
Johannes 2:25 NLV

Ons word in die Skrif beveel om almal lief te hê, nie om almal te vertrou nie. Jesus is ons voorbeeld hierin. ‘…baie mense [het] in Hom begin glo toe hulle die wondertekens sien wat Hy gedoen het. Jesus self het egter nie op hulle staatgemaak nie omdat Hy alle mense ken… Hy het self kennis gedra van wat in ‘n mens aangaan’ (verse 23-25 NLV). Alhoewel Jesus Homself aan hulle gegee het en saam met hulle gelewe het, het Hy geweet dat hulle nie volmaak was nie. Hy het die menslike natuur verstaan en Hy het Homself nie op ‘n ongebalanseerde manier aan hulle toevertrou nie.

Wanneer jy vertroue in mense plaas wat slegs in God geplaas behoort te word, stel jy jouself vir teleurstelling oop. Dis maklik om in die strik te trap om te dink dat sekere mense ons nooit sal seermaak nie, net om teleurgesteld te wees wanneer hulle nie aan daardie standaarde voldoen nie. Daar is basies twee tipes mense. Die eerste groep is die gebruikers. Solank as wat jou belange in lyn met hulle s’n is, is hulle betroubaar. Die tweede groep is die ware vriende. ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV).

As gevolg van menslike swakhede, kan selfs ware vriende jou egter teleurstel. Hier is dus twee goeie reëls om volgens te lewe: 1) Vertrou, maar verifieer wanneer dit by mense kom. 2) Wanneer dit by God kom, ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV).

Sielskos: Gen 40-41; Joh 18:1-18; Ps 147:12-20; Pred 4:9-12

Uncovering Satan’s schemes (3)

2024-12-08
2 Corinthians 4:4 NLT

You can have 20/20 vision in the natural world yet be blind in the spiritual world and fall prey to Satan’s schemes. But when you turn to God in prayer, He can open your eyes and give you a strategy for victory.

Notice what happened when Elisha and his servant woke up in the city of Dothan to discover that they were surrounded by hostile armies. “When the servant of the man of God… went outside, there were troops, horses, and chariots everywhere. ‘Oh, sir, what will we do now?’ the young man cried to Elisha. ‘Don’t be afraid!’ Elisha told him. ‘For there are more on our side than on theirs!’ Then Elisha prayed, ‘O Lord, open his eyes and let him see!’ The Lord opened the young man’s eyes, and when he looked up, he saw that the hillside around Elisha was filled with horses and chariots of fire. As the Aramean army advanced toward him, Elisha prayed, ‘O Lord, please make them blind.’ So the Lord struck them with blindness as Elisha had asked” (2 Kings 6:15-18 NLT).

Are you fearing defeat? Are you confused and don’t know what to do? Do you feel like the odds are stacked against you, and you won’t succeed? The Bible says, “Greater is he that is in you, than he that is in the world” (1 John 4:4 KJV). Get alone with God and pray, “Lord, open my eyes.” And stay there until He does it. When it happens, you will discover that the forces of heaven are on your side, and the resources of heaven are available to you. How do you access them? By faith!

Soul food: Matt 4:21-22; Matt 17:1-9; John 19:25-27; John 21:20-24

Ontbloot Satan se planne (3)


2 Korintiërs 4:4 NLV

Jy kan 20/20 visie in die natuurlike wêreld hê en steeds blind in die geestelike wêreld wees en vir Satan se planne val. As jy egter na God in gebed draai, sal Hy jou oë oopmaak en jou ‘n strategie vir oorwinning gee.

Let op wat gebeur het toe Elisa en sy dienaar in die stad Dotan wakker geword en deur vyandige leërs omsingel was: ‘Toe die dienaar van die man van God die volgende môre vroeg opstaan en buitetoe gaan, sien hy oral net troepe, perde en strydwaens. Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. Toe die Aramese leër nader kom, bid Elisa: ‘Here, slaan hulle tog met blindheid!’ Die Here het gedoen soos Elisa gevra het’ (2 Konings 6:15-18 NLV).

Vrees jy nederlaag? Is jy verward en weet nie wat om te doen nie? Voel jy dat die skanse teen jou opgestapel is en jy nie sal slaag nie? Die Bybel sê: ‘…die Gees wat in julle woon, [is] magtiger as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). Raak alleen stil voor God en bid: ‘Here, maak my oë oop.’ Bly daar totdat Hy dit doen. Wanneer dit gebeur, sal jy ontdek dat die magte van die hemel aan jou kant is en dat jy die hemelse hulpbronne tot jou beskikking het. Hoe sal jy toegang daartoe verkry? Deur geloof!

Sielskos: Matt 4:21-22; Matt 17:1-9; Joh 19:25-27; Joh 21:20-24

Ontbloot Satan se planne (2)

2024-12-07
Efesiërs 6:11 NLV

Die Bybel sê: ‘…Vind krag in julle verhouding met die Here… Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV). Let op die woorde: ‘teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen.’

Toe Daniël gebid het, het hy hierdie magtige geeste teëgekom: ‘…Daniël, jy moenie bang wees nie. Van die eerste oomblik af dat jy begin bid het om hierdie dinge te probeer verstaan en in nederigheid voor God gestaan het, is jou gebede al verhoor. Ek is juis hier in antwoord op jou gebed. Die beskermengel van die Persiese Ryk het my 21 dae lank gekeer om na jou toe te kom. Toe het Migael, een van die belangrikste leiers van die engele, my kom help…’ (Daniël 10:12-13 DB).

Wanneer jy toegewyd daaraan is om ‘n pad met God te stap en sy wil te doen, sal Satan jou op elke hoek en draai probeer keer. As hy jou nie daarvan kan weerhou om tyd in gebed te bestee nie, sal hy probeer om jou gebede te blokkeer. Vir een-en-twintig dae lank het Daniël gewonder: ‘Here, U het vantevore my gebede beantwoord; hoekom antwoord U hulle nie nou nie?’ Daniël se antwoord was egter op pad. Joune is ook. Jy moet vasstaan op die Woord van God, in die almagtige en allesoorheersende naam van Jesus bid, weier om ongeduldig te word, weier om op te hou en weet dat God ons gebede hoor en beantwoord.

Sielskos: Gen 37-39; Joh 17:1-26; Ps 147:1-11; Pred 3:5-8

Uncovering Satan’s schemes (2)


Ephesians 6:11 NLT

The Bible says: “Be strong in the Lord and in his mighty power. Put on all of God’s armor so that you will be able to stand firm against all strategies of the devil. For we are not fighting against flesh-and-blood enemies, but against evil rulers and authorities of the unseen world, against mighty powers in this dark world, and against evil spirits in the heavenly places” (vv. 10-12 NLT). Note the words “against mighty powers in this dark world.”

When Daniel prayed, he encountered those mighty powers. “Don’t be afraid, Daniel. Since the first day you began to pray for understanding and to humble yourself before your God, your request has been heard in heaven. I have come in answer to your prayer. But for twenty-one days the spirit prince of the kingdom of Persia blocked my way. Then Michael, one of the archangels, came to help me” (Daniel 10:12-13 NLT). Note the words “blocked my way.”

When you are committed to walking with God and doing His will, Satan will try to block you at every turn. If he cannot keep you from spending time in prayer, he will try to block your prayers. For twenty-one days, Daniel wondered, “Lord, you have answered my prayers before; how come you’re not answering them now?” But Daniel’s answer was on the way. And yours is too. Christians used to speak about “praying through.” It means standing firmly on the Word of God, praying in the all-powerful and all-prevailing name of Jesus, refusing to become impatient, refusing to quit, knowing God hears and answers our prayers.

Soul food: Gen 37-39; John 17:1-26; Ps 147:1-11; Ecc 3:5-8