2024-07-11
Romans 16:2 NLT
Charles Plumb was a pilot in Vietnam, and after seventy-five combat missions, his plane was demolished by a surface-to-air missile. Plumb ejected, parachuted into enemy hands, and spent the next six years in a Communist prison. He survived the ordeal and now lectures on what he learned from his experience.
One day when he and his wife were sitting in a restaurant, a man from another table walked over and said, “You’re Plumb! You flew jet fighters in Vietnam from the aircraft carrier Kitty Hawk. You were shot down!” Plumb said, “How in the world did you know that?” The man replied, “I packed your parachute.” Then the man grabbed his hand and said, “I guess it worked!” Plumb assured him it had: “If your chute hadn’t worked, I wouldn’t be here today.”
That night he couldn’t sleep, wondering about the man. What had he looked like in a Navy uniform? How many times had Plumb seen him without even asking, “How are you?” – or anything else – because Plumb was a fighter pilot and the other man was only a sailor. He pondered the many hours that sailor had spent in the bowels of the ship, meticulously weaving the shrouds and folding the silks of each chute, holding in his hands the destiny of a stranger.
As a result, Plumb routinely asks his audience an important question: “Who’s packing your parachute?” All of us have someone who provides what we need to make it through the day. Paul said Phoebe “has been helpful to many, and especially to me.” Who helps you? Today show them your appreciation.
Soul food: Eph 1:1-4:16; Luke 6:17-26; Ps 137; Prov 17:22-23
Romeine 16:2 NLV
Charles Plumb was ‘n vlieënier in Viëtnam en na vyf-en-sewentig gevegsmissies is sy vliegtuig deur ‘n missiel afgeskiet. Plumb het met sy valskerm uit die vliegtuig gespring, in vyandelike hande geland en die volgende ses jaar in ‘n Kommunistiese tronk deurgebring. Hy het die beproewing oorleef en gee nou lesings oor wat hy uit sy ervaring geleer het.
Eendag toe hy en sy vrou in ‘n restaurant gesit het, het ‘n man vanaf ‘n ander tafel nadergestap en gesê: ‘Jy is Plumb! Jy het vliegtuie in Viëtnam gevlieg en is neergeskiet!’ Plumb het vir hom gevra: ‘Hoe in die wêreld het jy dit geweet?’ Die man het geantwoord: ‘Ek het jou valskerm gepak.’ Toe gryp die man sy hand en sê: ‘Ek dink dit het gewerk!’ Plumb het hom verseker dat dit gewerk het: ‘As jou valskerm nie gewerk het nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie.’
Daardie nag kon Plumb nie slaap soos hy oor die man gewonder het nie. Hoe het hy gelyk in ‘n vlootuniform? Hoeveel keer het Plumb hom gesien sonder om eers: ‘Hoe gaan dit?’ of enigiets anders te vra, omdat hy ‘n vegvlieënier en die ander man net ‘n matroos was. Hy het nagedink oor die baie ure wat die matroos in die ingewande van die skip deurgebring het om noukeurig die valskerms op te vou en te pak, terwyl hy die lot van ‘n vreemdeling in sy hand gehou het. Gevolglik vra Plumb gereeld ‘n belangrike vraag aan sy gehoor: ‘Wie pak jou valskerm?’
Almal van ons het iemand wat dit wat ons nodig het om deur die dag te kom, voorsien. Paulus het van Febe gesê: ‘…Sy is ‘n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.’ Wie ondersteun jou? Bewys vandag jou waardering teenoor hulle.
Sielskos: Ef 1:1-4:16; Luk 6:17-26; Ps 137; Spr 17:22-23
2024-07-10
Matteus 5:30 NLV
Desperate situasies verg soms desperate maatreëls. Jesus stel dit so: ‘En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig. Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig’ (verse 29-30 NLV). Jesus bepleit morele en geestelike chirurgie. Daar is geen manier om met sonde te redeneer of te onderhandel nie. Wat ook al jou persoonlike stryd is – dobbel, alkohol, dwelms, verkeerde verhoudings of internetpornografie – die doel daarvan is om jou te vernietig en dit moet uitgeroei word.
Die apostel Paulus was bekend met die Ou Testamentiese Skrif. Hy het geweet dat Simson geval en Josef sterk gestaan het toe hulle voor soortgelyke versoeking te staan gekom het. Daarom het hy aan sy geestelike seun, Timoteus, geskryf en hom gewaarsku oor die sonde wat hom kan diskwalifiseer en hom daarvan kan weerhou om die wedloop te wen: ‘Vlug vir enigiets wat jeugdige drange aanwakker…’ (2 Timoteus 2:22 NLV).
Daar is in vandag se lewe orals verleiding, wat beteken dat ons nie altyd die bron daarvan kan uitskakel nie. Dus sê Paulus vir Timoteus: wanneer jy nie die invloed kan verwyder nie, verwyder jouself! Hardloop, moenie loop nie. Jy mag dalk vry wees, maar jou vlees sal jou net ‘n paar sekondes gee voordat dit namens jou besluit of jy gaan toegee aan die sonde. Moet dus nie huiwer nie, moenie afwyk nie en moenie uitstel nie. Doen wat gedoen moet word – en doen dit vinnig.
Sielskos: 1 Sam 27-31; Luk 6:1-16; Ps 122; Spr 17:18-21
Matthew 5:29 NIV
Desperate situations sometimes call for desperate measures, and severing your supply line to your flesh means getting radical. Jesus puts it like this: “If your right eye leads you astray pluck it out and throw it away… better… to lose one of your members than that your whole body should be thrown on to the rubbish-heap. Yes, if your right hand leads you astray cut it off and throw it away… better… to lose one of your members than that your whole body should go to the rubbish-heap” (vv. 29-30 PHPS). Jesus is advocating moral and spiritual surgery – and that’s radical! There is no way to argue, reason, or negotiate with sin. Whatever your personal battle – gambling, alcohol, drugs, wrong relationships, or internet porn – its purpose is to destroy you and it needs to be eradicated.
The apostle Paul was familiar with Old Testament Scripture. He knew that when faced with similar temptation, Samson fell while Joseph stood strong. That’s why he wrote to his spiritual son, Timothy, warning him about the sin that could disqualify him and keep him from winning the race: “Run from temptations that capture young people” (2 Timothy 2:22 CEV). Life in today’s environment is saturated with seductive influences, which means we can’t always eliminate the source. So Paul tells Timothy – when you can’t remove the influence, remove yourself! And furthermore, run, don’t walk. You can be free, but your carnal mind will only give you a few seconds before it decides for you. So don’t hesitate, don’t deviate, and don’t procrastinate. Do what needs to be done – and do it quickly.
Soul food: 1 Sam 27-31; Luke 6:1-16; Ps 122; Prov 17:18-21
2024-07-09
Spreuke 3:5 NLV
Die Bybel sê: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (verse 5-6 NLV). God wil hê dat jy Hom moet vertrou. Solank as wat jy sukkel om dinge op jou eie uit te pluis, vertrou jy nie vir God nie en sal jy nie vrede hê nie. Jy moet Hom met jou gesondheid, jou geld, jou verhoudings en jou toekoms vertrou. Met alles! God maak nooit ‘n fout nie. Hy pas alles foutloos in sy plan vir jou in (sien Romeine 8:28). Al wat Hy van jou verwag is dat jy erken dat Hy in beheer is. Wanneer jy dit doen, beloof Hy om ‘…die regte pad vir jou [te] wys’ (Spreuke 3:6 NLV).
Wanneer ons poog om ons eie lewens te rig, volg ons arbitrêre paaie wat met besluiteloosheid gevul is: ‘Moet ek dit of dat doen? Moet ek hier of daar gaan?’ Dit veroorsaak stres! Wanneer jy egter op die Here vertrou, rig Hy jou paaie en maak jou suksesvol, nie stresvol nie. ‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:6-7 NLV). Let die volgorde op – eers gebed, dan vrede. Wanneer druk dus begin ophoop, in plaas van paniekerig raak, begin bid! Gebed is ‘n merkwaardige stresverligter.
Sielskos: 1 Sam 24-26; Luk 5:27-39; Ps 110; Spr 17:15-17