How to have peace (2)

2024-07-06
John 14:27 NIV

Jesus said His peace is a gift. That means you don’t have to work for it and you cannot earn it. You cannot psych yourself up for it, and you cannot “try really hard” to obtain it. No, it’s a gift you must accept by faith. Jesus also said that His peace is unique from what the world provides. In the last 3,500 years, the world has only been free of war for 286 of them – that’s less than 9 percent. This world’s peace doesn’t last.

Jesus told His disciples, “I give you my own peace and my gift is nothing like the peace of this world. You must not be distressed and you must not be daunted” (vv. 27-28 PHPS). He spoke those words just before He went to the cross. So, God’s peace is not regulated by circumstances – it’s an “inside job.”

Have you ever heard someone say, “I need to get away?” This is sometimes known as a geographical cure. You think if you leave where you are and go somewhere else, you will have peace. But it doesn’t work, for wherever you go, you take yourself with you. Have you ever been so tired that your body collapsed into bed but your mind wouldn’t turn off? Well, you can get away and find peace! How? Jesus gives us the solution: “You may have peace in me. Here on earth you will have many trials and sorrows. But take heart, because I have overcome the world” (John 16:33 NLT). Where can you find peace? Jesus said, “In me!” Today, spend time with Him.

Soul food: 1 Sam 18:1-20:29; Luke 5:1-11; Ps 102:12-17; Prov 17:7-10

Hoe om vrede te hê (2)


Johannes 14:27 NLV

Jesus sê dat sy vrede ‘n geskenk is. Dit beteken dat jy nie daarvoor kan werk nie en jy kan dit nie verdien nie. Nee, dis ‘n geskenk wat jy deur geloof moet aanneem. Jesus sê ook dat sy vrede uniek teenoor dit wat die wêreld gee, is. In die laaste 3,500 jaar was daar net in 286 daarvan nie oorlog in die wêreld nie – dis minder as 9 persent. Hierdie wêreld se vrede hou nie. Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie.’ Hy het hierdie woorde gespreek voor Hy na die kruis gegaan het.

God se vrede word nie deur omstandighede beïnvloed nie. Het jy al ooit iemand hoor sê: ‘Ek moet hier wegkom’? Jy dink as jy weggaan van waar jy is en êrens anders gaan, sal jy vrede hê. Dit werk egter nie, want waar jy ookal gaan, neem jy jouself saam. Was jy al ooit so moeg dat jou liggaam op die bed neergeval het, maar jou gedagtes wou nie afsluit nie?

Jy kan egter wegkom en vrede kry! Hoe? Jesus gee vir ons die oplossing. ‘Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin’ (Johannes 16:33 NLV). Waar kan jy vrede vind? In Jesus! Bestee vandag tyd saam met Hom.

Sielskos: 1 Sam 18:1-20:29; Luk 5:1-11; Ps 102:12-17; Spr 17:7-10

How to have peace (1)

2024-07-05
Romans 5:1 NIV

God will give you three kinds of peace.

(1) Spiritual peace. “Since we have been justified through faith, we have peace with God through our Lord Jesus Christ.” That’s the foundation, the bottom line. You must have peace with God before you can have any other kind of peace. Jesus said, “I am leaving you with a gift – peace of mind and heart. And the peace I give is a gift the world cannot give” (John 14:27 NLT). Why? Because His peace has the hallmark of heaven on it.

(2) Relational peace. Paul writes, “As far as it depends on you, live at peace with everyone” (Romans 12:18 NIV). Relational peace decreases conflict. You know from experience that relationships can be an origin of tension. For the majority of us, our greatest problems are people problems: interacting well with our boss, family, or relatives. We consistently have to deal with competition, conflict, and criticism. And these things can steal our peace.

(3) Emotional peace. “Let the peace of Christ rule in your hearts, since… you were called to peace” (Colossians 3:15 NIV). The Greek word for “rule” means “to umpire.” What is an umpire’s role? He maintains peace. He ensures the game is played in a smooth and disciplined way. And God will provide you with an internal umpire who will keep you at peace when everything around you appears chaotic. Here is a great Bible promise: “You will keep in perfect peace all who trust in you, all whose thoughts are fixed on you!” (Isaiah 26:3 NLT). Do you need peace today? Turn to God; you won’t be disappointed.

Soul food: 1 Sam 16-17; Luke 4:31-44; Ps 102:1-11; Prov 17:4-6

Hoe om vrede te hê (1)


Romeine 5:1 NLV

God sal vir jou drie soorte vrede gee.

1) Geestelike vrede. ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het.’ Jy moet vrede met God hê voor jy enige ander soort vrede kan hê. Jesus het gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na: my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie…’ (Johannes 14:27 NLV). Hoekom nie? Omdat sy vrede deur die hemel gekenmerk word.

2) Vrede in verhoudings. Paulus skryf: ‘Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense’ (Romeine 12:18 NLV). Vrede in verhoudings verminder konflik. Jy weet uit ervaring dat verhoudings die bron van spanning kan wees. Vir die meerderheid van ons, is ons grootste probleem met mense: om goeie interaksies met ons baas, gesin of familie te hê. Ons moet aanhoudend kompetisie, konflik en kritiek hanteer. Hierdie dinge kan ons vrede steel.

3) Emosionele vrede. ‘Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees. As lede van een liggaam is julle tot vrede geroep…’ (Kolossense 3:15 NLV). Wat is ‘n skeidsregter se rol? Hy behou vrede. Hy verseker dat die spel op ‘n gladde en gedissiplineerde manier gespeel word. God sal jou van ‘n interne skeidsregter voorsien wat jou vrede sal gee terwyl alles rondom jou chaoties lyk. Hier is ‘n wonderlike Bybelse belofte: ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is’ (Jesaja 26:3 NLV).

Het jy vandag vrede nodig? Draai na God; jy sal nie teleurgestel word nie.

Sielskos: 1 Sam 16-17; Luk 4:31-44; Ps 102:1-11; Spr 17:4-6

Hou aan om jou denkpatrone te vernuwe

2024-07-04
Romeine 12:2 NLV

Hoe vernuwe ons ons denkpatrone? Een pastoor skryf: ‘Die manier hoe om jou denkpatrone op te gradeer, is om die Skrif af te laai. Dokters van die Nasionale Instituut van Geestelike Gesondheid het ‘n fassinerende studie gedoen deur mense te vra om ‘n eenvoudige motoriese taak – ‘n vinger-tik oefening – uit te voer. Soos die deelnemers hul vingers getik het, het die dokters ‘n MRI gedoen om die deel van die brein wat geaktiveer word, te identifiseer. Die deelnemers het toe die vinger-tik oefening daagliks vir vier weke lank geoefen. Aan die einde van die vier weke is die breinskandering herhaal. In elke geval het dit gewys dat die area van die brein wat by die oefening betrokke was, uitgebrei het. Daardie eenvoudige taak – ‘n vinger-tik oefening – het letterlik nuwe senuweeselle gewerf en senuverbindings herbedraad. Wanneer ons die Skrif lees, werf ons nuwe senuweeselle en herbedraad ons ons senuverbindings. In ‘n sekere sin laai ons ‘n nuwe bedryfstelsel af wat ons gedagtes herkonfigureer. Ons hou op om menslike gedagtes te dink en begin Goddelike gedagtes dink.’

‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Hoe vervul ons hierdie opdrag? Paulus sê vir ons hoe: ‘Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met daardie wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God’ (Kolossense 3:16 NLV).

Hetsy deur prediking, onderrig, lees of sang, word ons brein in ooreenstemming met God se Woord herbedraad en ons ontwikkel die gesindheid van Christus. Ons dink sy gedagtes. Gevolglik doen ons sy wil in plaas daarvan om deur ons eie wil gelei te word. Hou dus aan om jou denkpatrone met God se Woord te vernuwe.

Sielskos: 1 Sam 14-15; Luk 4:14-30; Ps 98; Spr 17:1-3