Kwaliteit en kwantiteit

2020-12-10
Psalm 127:3 NLV

Sommige mense sê dat dit nie saak maak hoe min tyd jy saam met jou kinders bestee nie, solank dit kwaliteittyd is. Die logika agter hierdie konsep maak egter nie heeltemal sin nie. Hoekom moet ons tussen kwaliteit en kwantiteit kies? Ons aanvaar nie hierdie geforseerde keuse in ander areas van ons lewens nie, hoekom is dit dus net van toepassing op ons kinders? Ons kan dit as volg illustreer.

Veronderstel jy sien al heeldag uit om by een van die beste restaurante in die stad te eet. Die kelner bring vir jou die spyskaart en jy bestel die duurste biefstuk daarop. Wanneer die maaltyd egter arriveer, sien jy ‘n klein stukkie vleis so groot soos ‘n vierkante sentimeter in die middel van jou bord lê. Wanneer jy oor die grootte van jou biefstuk kla, sê die kelner: ‘Ek weet dat die porsie klein is, maar dis die beste biefstuk wat geld kan koop. Jy sal nêrens anders ‘n beter happie vleis kry nie. In terme van die porsiegrootte, hoop ek jy verstaan dus dat dit nie die kwantiteit is wat tel nie, maar die kwaliteit.’

Jy sal daaroor kapsie maak; en met goeie rede. Hoekom? Omdat beide kwantiteit en kwaliteit in baie areas van ons lewens belangrik is, insluitend hoe ons tyd saam met ons kinders bestee. Hulle het ons tyd nodig, sowel as die beste wat ons daarvan het om aan hulle te gee. Die ‘kwaliteit versus kwantiteit’ argument mag dalk ‘n sleg vermomde rasionalisering wees om ons kinders nie een van die twee te gee nie. Die Bybel sê: ‘Kinders is ‘n gawe van die Here…’ Wanneer jy dus vir hulle tyd en aandag gee, verdien hulle die beste in beide kwantiteit en kwaliteit.

Sielskos: Jos 22-24; Joh 18:12-24; Ps 150; Spr 29:22-27

Wees lief vir en geniet jou kinders

2020-12-09
Psalm 127:5 DB

Dr James Dobson het een keer sy kinders op ‘n ski vakansie geneem. Om twee kinders wat luidkeels oor die koue kla en met mekaar baklei in toom te hou, was besig om op sy laaste senuwee te werk.

Op daardie vakansie het hy egter ‘n les geleer wat hy nooit sou vergeet het nie: ‘Nadat ek die kinders dadelik by die ski oord gaan aflaai het, het ek ons bagasie gaan aflaai en die kar gaan parkeer. Ek het saam met omtrent 15 jong skiërs gewag vir die trok wat ons weer na die bokant van die berg sou neem. Ek het ‘n jong meisie wat in haar twintigs was, in die groep opgemerk. Toe sy vir my kyk, kon ek die onmiskenbare teken van breinskade in haar oë herken. Sy het vreemd opgetree en aanhoudend die frase ‘wie ook al’ herhaal. Die ander jong skiërs het gelag en hulle oë gerol.

Toe het ek ‘n man langs haar opgemerk wat haar pa moes wees. Hy het die reaksies van die ander jong skiërs opgemerk en gesê: ‘Ja, my skat, wie ook al.’ Die deernis in sy stem en sy optrede het gelyk of dit sê: “Ja, dis waar. Haar vaardighede is beperk. Sy sal nie liedjies of boeke skryf nie. Ons het die beste wat ons kon, vir haar gedoen. Maar ek wil hê dat julle iets moet weet – dis my dogter en ek is lief vir haar. Sy is my hele wêreld. Ek is nie skaam om haar pa te wees of om saam met haar gesien te word nie. ‘Ja, my skat, wie ook al!'”

Dobson sê dat hy vir die Here om verskoning gevra het omdat hy oor sy kinders gekla het en uitgesien het om hulle bo-op die berg styf teen hom vas te druk.

Sielskos: Jos 19:24-21:45; Joh 18:1-11; Ps 148:7-14; Spr 29:16-21

Inspire others


2 Corinthians 9:11 NCV

When a friend needs encouragement, we’re in a great place to give it to them. Paul wrote: ‘He will make you rich in every way so that you can always give freely.’ As God inspires us to follow His call and achieve all kinds of things for His kingdom, we should also be willing to pour inspiration on to others who need it. Here’s some advice for times when we’re called to encourage and inspire someone:

1) Assure them of God’s love, and yours. When people are nervous or unsure, it helps to remind them of how much God loves them, and how much you care for them too. Reassure them that it will never be withdrawn because of their appearance, achievements, or actions. Let them know they’re loved for who they are, and that their worth in God’s eyes is never in doubt.

2) Help them to discover their potential. ‘We have different gifts, according to the grace given us’ (Romans 12:6 NIV). Find out what they love to do, and help them discover their gifts and skills. Encourage them to take a step out of their comfort zone so they can stretch and grow their skills.

3) Don’t try to make them something they’re not. God gives each person their own unique personality and calling. Celebrate what makes them individual, and support the person they are, not the person you think they ought to be.

4) Help them build godly values. Encourage them to get into God’s Word every day. ‘All Scripture is God-breathed and is useful for teaching, rebuking, correcting and training in righteousness, so that the servant of God may be thoroughly equipped for every good work’ (2 Timothy 3:17 NIV). Let’s come alongside others and inspire them to do ‘every good work’.

Jos 19:24-21:45; John 18:1-11; Ps 148:7-14; Prov 29:16-21

Love and enjoy your children


Psalm 127:5 TM

Dr. James Dobson once took his young children on a skiing vacation to California. Coping with two kids who were complaining loudly about the cold, and fighting over their gloves and scarves, was getting on his nerves. But on that trip he learned a lesson he would never forget: “After getting the kids located at the lodge, I parked the car and waited for a flatbed truck to take me back to the top of the mountain. About fifteen young skiers waited with me. I noticed a girl in her early twenties standing with the others. When she looked at me, I recognized that unmistakable appearance of mental retardation in her eyes. She was behaving strangely and repeating the word ‘whomever,’ without meaning. The other young skiers smiled and rolled their eyes.

Then I noticed that the man standing near her must be her father. He had seen the reactions of scorn on the faces of the other skiers. So he put his arms around her, looked down lovingly, and said, ‘Yeah babe, whomever.’ The compassion in his voice and his manner seemed to be saying, ‘Yes, it’s true. She is very limited in ability. She won’t write songs. She won’t write books. In fact, she’s already out of school. We’ve done the best we could for her. But I want you all to know something – this is my girl, and I love her. She’s the whole world to me. I’m not ashamed to be her father or to be identified with her. ‘Yeah babe, whomever!'”

Dobson says he apologized to the Lord for complaining about his kids, and looked forward to hugging them at the top of the mountain.

Soul food: Jos 19:24-21:45; John 18:1-11; Ps 148:7-14; Prov 29:16-21

Wat jy NIE gestuur is om te doen nie!

2020-12-08
Johannes 20:21 NLV

Jesus het gesê: ‘…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.’ Dit gaan daaroor hoe God wil hê ons die evangelie moet deel, nie oor die reëls, regulasies en voorskrifte van die verskillende denominasies nie. Verstaan die volgende:

1) Ons is gestuur om te dien, nie om gedien te word nie. ‘Selfs Ek, die Seun van die Mens, het nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ‘n losprys vir baie mense’ (Matteus 20:28 NLV). In God se koninkryk lê die mag aan die onderkant en dis van daar af wat Christus heers en oorwin. Tensy ons bereid is om die voorskoot van nederigheid aan te trek en ons broer se voete te was, selfs wanneer sy naam Judas is, verteenwoordig ons nie Jesus nie.

2) Ons is gestuur om God se wil, nie ons eie nie, te doen. Jesus het gesê: ‘Ek het van die hemel af gekom, nie om mý wil uit te voer nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het’ (Johannes 6:38 NLV). Wanneer ons klein is, sê ons dat ons eendag ‘n dokter of ‘n onderwyser of ‘n verpleegster wil word. Ons moet egter eerder ‘as dit God se wil is’ byvoeg, omdat jy op jou eie is as dit nie in Sy wil is nie. As jy die verkeerde beroep kies, sal jy in die verkeerde plek met die verkeerde mense wees en gevolglik sal alles in jou lewe verkeerd wees. Johannes het gesê: ‘Die wêreld én sy begeertes is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd’ (1 Johannes 2:17 NLV). Wanneer jy God se wil mis – mis jy die doel waarvoor jy gebore is. Moenie toelaat dat dit met jou gebeur nie.

Sielskos: Jos 16:1-19:23; Joh 17:13-26; Ps 148:1-6; Spr 29:11-15